Reflexions Professional Hair Top Up Service Station Delfinos.Passion for food-Passion for life Property Pointer Beach House Restaurant Skorpios Security Ponto Grille and Carvery Wolwedans Game Farm Oyster World

 

MosselbayonTheline | First With The News

Ná so 'n lang vakansie wat gekenmerk is deur uiterste droogte, wisselvallige weerstoestande, top-vermaak en 'n allemintige geskatte miljoen mense wat Mosselbaai se strande besoek het, is daar skaars tyd om tot verhaal te kom voor die volgende fees - die 2020 Diasfees - van 31 Januarie tot 2 Februarie by Santosstrand gehou word.
Image may contain: one or more people, ocean, sky, mountain, outdoor, nature and water
Hier is die amptelike indrukke van Mosselbaai Toerisme en die ATKV-strandoord oor die afgelope vakansieseisoen:

Aneli Gerber, operasionele bestuurshoof van Mosselbaai Toerisme:

Image may contain: 1 person, smiling, indoor

"Mosselbaai Toerisme het `n opname onder ons lede gedoen en die gevoel is dat die seisoen dieselfde indien nie beter is as dieselfde tyd verlede jaar nie.

Die langer skoolvakansie het vir seker meer voete van ons omliggende provinsies gebring, maar Gautengers, Vrystaters en dies meer het nog steeds net vanaf die 20ste Desember tot die 5de Januarie gebly. Dit blyk dat sekere restaurante gewilder was as ander. Sommige toon groei in inkomste oor die vakansietyd en ander berig dat hulle wel hulle begrote inkomste behaal het, maar dat dit nie `n rekord-seisoen was nie.

Ons is dankbaar vir, oor die algemeen, positiewe terugvoer wanneer in ag geneem word dat gesinne toenemend onder finansiële druk is, die petrolprys nog beduidend hoog is en dat voedselpryse sterk toegeneem het. Dit sit groot druk op daardie extras soos aktiwiteite en uiteet. Vanaf sosiale media is die terugvoer `n plesier. Dit blyk dat almal ons dorp geniet en waardering het vir die netheid van die dorp en die veilige omgewing wat geskep word vir vakansiegangers. Daar was `n rekord getal feeste, byeenkomste en geleenthede en ek glo elke vakansieganger kon kies en keur tussen al die vermaaklikheidsopsies.

Ongeveer `n miljoen mense het ons strande besoek tussen 15 Desember en 5 Januarie en ons is trots om te berig dat die insidente min en onbeduidend was in ag genome die hoeveelheid vakansiegangers wat daagliks op ons strande vertoef het. Ons is danbaar vir al die rolspelers wat onverpoos gewerk het om veiligheid en orde te handhaaf. Talle individue het onverpoos gewerk saam met die Munisipaliteit en die SAPS om misdaad hok te slaan en gesteelde eiendom terug te besorg aan hulle eienaars. Die suksesstories is daagliks gedeel in vergaderings van die seisoenmoniteringskomitee, maar die algemene publiek is nie altyd bewus van die oorwinnings nie.

Mosselbaai gaan van krag tot krag en dit is duidelik hoekom ons een van Suid Afrika se gunsteling-dorpe bly."

Mornay Beukes, oordbestuurder van die ATKV-Hartenbos Strandoord skryf:

Image may contain: 1 person, smiling, beard and closeup

2019/20 SEISOEN:

"Net soos wat 2018 se seisoen onthou sal word vir die perfekte weer, so sal 2019/20 se seisoen onthou word vir die droogte en die wind!

Die oord het vir elke gas wat inbespreek daarop gewys dat ons waterbeperkings het en ons het in al ons eenhede en ablusieblokke kennisgewings geplaas oor hoe om te help om water te bespaar. Dit egter gesê, het ons nog steeds mense gekry wat vir ons kom sê het daar is mense wat vir 15 minute of langer stort of water mors. Van die skuldiges kon ons gaan aanpraat, maar van hulle het weer soos mis voor die son verdwyn.

Vanaf begin Desember was daar seker ook net 4 of 5 dae gewees wat die wind nie gewaai het nie en met waai bedoel ek soos in stormsterk waai met tye. Ek kan onthou dat ons sekuriteit op een dag by 6 kampeerplekke besig was om mense se tente vas te hou sodat dit nie wegwaai of skeur nie, terwyl ons wag dat die mense terugkom. 'n Mens sou dink dat met die baie wind, mense dan in die winkels gaan rondloop en koop, maar dit het ook nie gebeur nie. Die mense het geloop, maar die koopkrag is definitief nie meer wat dit 'n paar jaar gelede was nie.

"Dit was ‘n lang seisoen wat al vanaf 4 Desember gesorg het dat hier mense is. Hier was beslis meer voertuie, maar die getal mense is vir ons maar dieselfde as die vorige jaar. Die oord was soos gewoonlik vol bespreek vanaf 20 Desember 2019 tot 03 Januarie 2020.

Die weer het ook definitief ‘n rol gespeel by ons ontspanningsfasiliteite. Die verhitte swembad het baie beter gedoen as begroot, terwyl die pretpark weer swakker gedoen het as gevolg van die weer. Ons Koswerf Restaurant het ook beter gedoen en ons skryf dit grotendeels toe aan ons nuwe spyskaart. Ons Na-Donker-kuierplek vir die bo 18’s het ook goed gedoen in die aande en het dit weereens gelyk of die ekonomie geen invloed op die kuiergewoontes van die jongmense het nie!

Ons het weer eens die vakansie baie vermaak aangebied en het tydens die Studentejôl aan die begin van Desember vir Spoegwolf, Snotkop en Biggy hier gehad wat goed ondersteun is. By die oord is ook verskeie teater-optredes aangebied met Marion Holm, Wynand van Vollenstee, Radio Raps en Frank Opperman. Kleiner konserte is ook in die Pretpark en Skoffelskuur gehou met Deon Groot, Adam, Fatman en Danny Smoke. InAfrikaans het ook 4 konserte in die Amfiteater aangebied en alhoewel daar ooreenstemmende konserte deur Afrikaans is Groot gereël is in Mosselbaai op 28 en 31 Desember, was die opkoms nog steeds baie goed by hierdie konserte in die Amfiteater.

In geheel gesien was hierdie ‘n lekker lang vakansieperiode met regtig min klagtes. Wanneer daar klagtes was, het dit meestal gehandel oor geraas. Daar was weer eens geen voorvalle van ernstige misdaad nie en geen ernstige besering of noodgevalle by die oord nie. Ons dank ons Hemelse Vader vir ‘n wonderlike seisoen!"

https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2613022662262318?

 
Hier is nog hoogtepunte van die Desembervakansie in beeld:
 

HAPPY 2020! Mosselbaai, jou lekker ding!
The New Year dawned with astounding beauty & bliss over the Bay . . . after an eventful year with its share of joys, sorrows, losses and gains.

We could write a lengthy report about all the ups & downs of 2019, but NOT on New Year's DAY and NOT while we are on holiday too . . . !  

...See More
 
 

Die hele Mosselbaai en omgewing se mense is blykbaar van nou af stuk-stuk op pad na die Van Riebeeck-stadion vir die Afrikaans is GROOT Somerfees . . . en laatslapers kan STEEDS kaartjies aanlyn by Computicket koop.
Hieronder is al die inligting oor die fees der feeste:

 
Afrikaans is Groot
Die Afrikaans is Groot Somerfees skop oor nét ’n paar dae af en ons kan nie wag om julle almal by dié heel eerste Mosselbaai-feestelikheid te verwelkom nie. Nie net kan jy uitsien na van die land se grootste kunstenaars by die groot konsert die aand nie, maar ook na ’n propvol program van aktiwiteite en vermaak wat jy voor die konsert kan geniet.
 Image may contain: one or more people, crowd and outdoor
 
Nog pragfoto's:
 
 
Related Articles:

Add comment

No abuse, no discrimination, no foul language


Security code
Refresh