Oyster World Beach House Restaurant Skorpios Security Delfinos.Passion for food-Passion for life Ponto Grille and Carvery Wolwedans Game Farm Reflexions Professional Hair Top Up Service Station Property Pointer

 

MosselbayonTheline | First With The News

Die vyf aanvallers wat verlede Sondagaand in ‘n plaasaanval buite Stilbaai op Heila Kilian (63) van Springs, haar suster, swaer en ‘n vriend losgebrand het, is steeds soek en dit lyk nie of daar enige vordering met die saak gemaak word nie. (‘n Moontlike deurbraak is vanaand deur die Polisie bekend gemaak deurdat vyf motordiewe dalk met die aanval verbind word – sien ons FB-blad). 

 

heila plaastoneel 320x240

Vroeëre navrae aan die polisie of die ander slagoffers erg aangerand en beseer is, is nooit beantwoord nie. Mosselbaai se SAPD-woordvoerder, kaptein Malcolm Pojie, het Vrydag gesê sover sy kennis strek, was al die slagoffers erg getraumatiseer, maar hy weet nie of iemand gehospitaliseer is vir lewensbedreigende beserings nie. Hy het egter erken hy het nooit self die slagoffers gesien nie en sou probeer vasstel hoe ernstig hul aangerand of beseer is.

Dit blyk nou die groepie mense is so erg aangerand en met die dood gedreig dat Heila se swaer selfs sy bewussyn verloor het. Haar suster, Brenda, is deur die aanvallers agternagesit toe sy probeer wegkom het, erg geslaan en gewurg.

Heila se dogter, Marike, het in ‘n onderhoud met Maroela Media gesê hulle vind troos daarin dat Heila oombliklik dood is deur die koeël wat haar hart en longe deurboor het.  “Sy het in harmonie met haar familie gesit en kuier en die volgende oomblik was sy in die hemel.”

Heila en dogter

‘n Roudiens vir Heila word Woensdag om 10:00 uit die AGS Kerk Lofoord in Springsweg, Strubenvale, in Springs gehou.

Dié plaasaanval in die “vreedsame Suid-Kaap” het ‘n kruitvat van opgehoopte woede, frustrasie en magteloosheid onder landsburgers laat ontplof oor die Regering en SAPD se onvermoë en onwilligheid om misdaad en plaasaanvalle hok te slaan. Dié aanval was die sesde landwye plaasaanval in ses dae die afgelope week. Die wreedheid van die aanvalle word dikwels verswyg . . . en ‘n mens wonder onwillekeurig hoekom?

Só het Maroela Media berig:

Stilbaai-plaasmoord:  ‘Sy wás liefde’

heila koppie tee 320x365

Met haar vlamrooi hare en fyn gelaatstrekke loer Heila Kilian byna geheimsinnig oor die teekoppie. Op dié foto, in die ouderdom van 63, is sy steeds opvallend mooi.
Dit is die laaste foto wat ooit van Heila geneem is. Ure later is sy koelbloedig tydens ʼn plaasaanval doodgeskiet.
 
Heila en haar man, Hein, woon saam in Springs aan die Oos-Rand. Maar Maandagaand was Heila, wat onder haar familie en vriende beter bekend was as Lovey, by haar suster, Brenda, en Brenda se man, David, op hul plaas buite Stilbaai in die Wes-Kaap. Dit was die tweede dag van haar kuier op die plaas wat veronderstel was om ʼn rustige week saam met familie te wees.



Daardie aand het Heila, Brenda, David en Sean, wat ook op die plaas bly, rustig buite die huis om die braaivleisvuur gekuier. Hulle het Christelike musiek geluister en saam gesing in die koel aandlug om die knetterende braaivleisvuur. En dit is toe dat die skoot skielik uit die donker klap.

stilbaai foto van sussies Brenda en Isabel

‘n Foto van Heila (regs) by haar susters Brenda en Isobel. (Facebook). 

 “My tannie [Brenda] het gesê dié skoot het my ma getref,” vertel Marika van der Linde (43), Heila se dogter, aan Maroela Media. “Die koeël is deur haar hart en long en sy was onmiddellik dood. Voor sy nog geweet het dat iets gebeur. Sy het in harmonie met haar familie gesit en kuier en die volgende oomblik was sy in die hemel.”

Vyf gewapende aanvallers het binne oomblikke uit die donker verskyn en het die groep oorval. Beide mans en Brenda is erg aangerand, tot só ʼn mate dat David sy bewussyn verloor het.

heila plaastoneel 320x240

 
“My tannie vertel hulle het haar voete en hande vasgemaak en ʼn tou om haar nek gesit. Hulle het gesê hulle gaan haar doodmaak.”

In ʼn stadium kon Brenda daarin slaag om los te kom, terwyl die aanvallers saam met Sean in die huis was om die kluis te plunder. Sy het in die donker ingehardloop en van ʼn 70 m hoogte in die ruie bosse ingespring om weg te kom.

 

Terwyl sy deur die bosse van die aanvallers probeer vlug het, het sy gehoor hoe drie van hulle agter haar aankom. “Hulle het haar gevang en haar vreeslik geslaan en gewurg. Sy het een van die aanvallers net in sy oë gekyk en vir hom gesê, ‘Ek vrees jou nie. Ek vrees slegs my God.’ Dit is toe dat sy greep om haar nek verslap het,” vertel Marika.

Foto: David se bakkie waarin die aanvallers met verskeie wapens en ander besittings gevlug het, is Maandagaand laas by ‘n vulstasie in Heidelberg, Wes-Kaap, gesien. Hulle is steeds op vrye voet.

stilbaai bakkie 1

 
 Heila en dogter
Heila Kilian en haar dogter, Marika van der Linde. Foto: Verskaf
 
 
Brenda kon daarin slaag om by die steilte af te gly en onder die digte plantegroei te skuil waar die aanvallers haar nie kon sien nie. Uiteindelik het hulle moed opgegee en teruggekeer na die huis toe voordat hulle met kontant, vuurwapens en ʼn bakkie van die toneel gevlug het.

 

Maar hulle het ʼn getraumatiseerde en verpletterde familie agtergelaat. “Toe hulle my bel om te sê my ma is dood, was dit verskriklik erg. Meer as wat woorde kan beskryf,” sê Marika.

 
 
 
“Wat egter vir my vrede gee, is die wete dat sy eintlik sag gegaan het. Ek het self met die patoloog gepraat wat die nadoodse ondersoek gedoen het, wat dit vir my kon verduidelik. My ma het nie eens geweet daar is iemand nie. Sy het hulle nie eens gesien nie – sy is net weg.”
 
Volgens Marika vat Hein, Marika se pa en Heila se eggenoot van byna 40 jaar, sy vrou se dood baie swaar. “Hy is verpletter. My broer ook. Dit is baie moeilik. Ons is almal gebroke.”
 
Marika sê Heila het altyd na haar verwys as haar steunpilaar, iemand wat ander staande hou wanneer hulle dit die nodigste het. “Ek was altyd haar steunpilaar en ek wil dit nou ook vir haar wees.”

Marika sê dat sy dankbaar is vir die skatkis vol pragtige herinneringe van haar ma wat sy altyd saam met haar sal dra. Herinneringe van haar ma se sagte hart, haar liefde vir mense en haar manier om harmonie en geluk in enige situasie te vind.

stilbaai Hein en Heila

 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 “My pa was jare lank die bevelvoerder van die polisie se onluste-eenheid. ʼn Sterk, rowwe diamant. Almal het altyd gesê hulle weet nie hoe die kolonel so ʼn sagte vrou kon kry nie. Sy het hom sagter gemaak, hom méns gemaak. Sy was soos ʼn ma vir sy eenheid.”
 
Hein en Heila was albei afgetree en het hulle die afgelope paar jare veral toegespits om baie tyd met hul kinders en kleinkinders deur te bring. Behalwe vir Marika, het hulle ook drie seuns, naamlik Eugene (45), Anton (44) en Zane (37). En dan is hulle natuurlik ook die trotse oupa en ouma van sewe kleinkinders tussen die ouderdomme van 21 en vyf jaar oud.
“My ma was versot op haar kleinkinders. Familie was nog altyd vir haar baie belangrik. Ons het regtig alles saamgedoen. Dit is geen raaisel hoekom almal haar as Lovey geken het nie – sy wás liefde. Net ʼn ongelooflike mens met ʼn ongeloofike hart.”
 
ʼn Roudiens vir Heila word Woensdag om 10:00 uit die AGS Kerk Lofoord in Springsweg, Strubenvale, in Springs gehou.
 
Tipies aan die georganiseerde mens wat Heila was, het sy reeds in 2006 ʼn koevert in die kluis gebêre met die woorde wat sy graag “eendag” as deel van haar begrafnis wou hê. ʼn Gedeelte uit dié teks lui: “Almal wat my lief het, ek weet dat julle my lief het. Ek het julle ook lief. Julle mag my miskien nie meer sien nie,maar ek lewe nog in julle harte, in julle gedagtes en in julle laggies. So moet asseblief nie ophou saam met my lag nie.”

https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/wonderwerk-na-wonderwerk-red-sendelingboer-se-lewe-in-plaasaanval/

Related Articles:

Comments  

0 #1 azexuquhu 2020-07-30 22:16
[censored]: http://mewkid.net/when-is-xuxlya/ [censored] 500 Mg iir.idhc.mosselbayontheline.co.za.dqj.sm http://mewkid.net/when-is-xuxlya/
Quote