Oyster World Reflexions Professional Hair Property Pointer Top Up Service Station Beach House Restaurant Delfinos.Passion for food-Passion for life Wolwedans Game Farm Skorpios Security Ponto Grille and Carvery

 

MosselbayonTheline | First With The News

Twee onafhanklike senior SAPD-lede van Pretoria en Bloemfontein onderskeidelik is nou betrek in die ondersoek na die sluipmoord op die Wes-Kaapse speurhoof, lt.kol. Charl Kinnear op Vrydag 18 September 2020.

Kilian skieter3

Tot dusver is géén deurbraak blykbaar nog gemaak in die opsporing van die jong skieter wat die Wes-Kaapse bobaas-speurder helder oordag koelbloedig voor sy huis doodgeskiet het nie, of die persoon/persone wat die opdrag gegee het nie.

Ook die ondersoek na wie verantwoordelik is daarvoor dat die polisiebeskerming vir Kinnear en sy gesin afgelas is en nie dringender prioriteit geniet het nie ondanks al die bewyse dat Kinnear geteiken is, het nog niks opgelewer nie.

Kinnear gesin met foto van Pa

Wyle lt.kol. Charl Kinnear se vrou, Nicolette Kinnear, en hul twee seuns  Casleigh (links) en Carlisle by 'n foto van hul geliefde Pa. Nicolette het reeds in Januarie vanjaar vertel hoe die gesin in vrees lewe sedert polisiebeskerming aan hulle onttrek is.  www.iol.co.za/capeargus/news/top-cops-family-disappointed-and-betrayed-after-police-withdraw-their-protection-41064000?

Dié nuwe wending om onafhanklike polisielede van buite die Wes-Kaapse bendegebied by die hoëprofiel-ondersoek te betrek, bring dalk lig in die tonnel vir die 39-jarige Zane Kilian van Springs wat al sedert 21 September 2020 in aanhouding is.

Publieke kommer neem sterk toe dat Kilian gerieflikheidshalwe die "sondebok" gemaak word om die aandag af te lei van die Polisie se gebrek aan vordering om die ware moordenaar op te spoor en dié wat daaragter sit.

"Terwyl Kilian in die media as die hoofverdagte uitgemaak word, kry die ware skuldiges kans om hul spore dood te vee. Hy hou ook geen bedreiging vir hulle in nie, want hulle weet hy weet niks van die moord nie en kan hulle dus nie verklap nie," het 'n ontstoke familievriend laat hoor.

Zane Kilian borgfoto

Mense wil ook weet of die ooggetuies wat die skieter duidelik in die straat sien loop het onderweg na Kinnear se huis, al ondervra is.

"Hoe is dit moontlik dat niemand die jongman ken of herken het nie en dat hy ná die skietery spoorloos van die aardbol kon verdwyn?", is gevra.

Kilian skieter

Die enigste "klag" teen Kilian is blykbaar dat hy vanuit sy huis in Springs basiese selfoonmonitering vir kliënte landwyd gedoen het as deel van sy skuldinvorderingsbedryf en dat Kinnear se selfoonnommer een van dié is wat hy namens kliënte gemonitor het.

Intussen het dit aan die lig gekom dat die selfoonmonitering wat Kilian doen, basiese tegnologie behels wat maklik na hom teruggevoer kan word, terwyl die gesofistikeerde "GRABBER"-tegnologie deur enigeen in die Polisie of Regering gedoen kan word en nie nagespoor kan word nie. Verskeie mense kon dus Kinnear se selfoon gemonitor het sonder dat dit na hulle terugverwys kan word.

Kilian se tweede hofverskyning om aansoek te doen vir borgtog is vanoggend wéér uitgestel tot Woensdag 14 Oktober nadat 'n brigadier en kolonel van buite nou by die saak betrek is. Kilian bly in aanhouding tot dan om te hoor in watter hof sy borgaansoek aangehoor sal word.

Sy verskyning in die landdroshof in Bishop Lavis is weer gekenmerk deur 'n sterk polisie-teenwoordigheid en 'n ontstoke skare mense wat hom luidkeels toesnou. Dit is duidelik dat mense wraak soek vir die moord op Kinnear en Kilian is tot dusver die enigste beskuldigde op wie hulle hul woede en frustrasie kan fokus.

Outside Bishop Lavis Magistrate's Court

Foto: Jenni Evans, News24

Kilian se regsverteenwoordiger, adv. Eckhard Röseman, het aangedring om dokumente ter stawing van sy kliënt se onskuld in te dien. Hy het onomwonde verklaar Kilian het NIE moord gepleeg nie; hy het NIE saamgesweer om moord te pleeg nie en het ook nie die wet op telekommunikasie oortree nie, aangesien hy wettig geregistreer is by die betrokke beheerliggaam wat hom in staat stel om opsporing en selfoonmonitering te doen.  

Uit betroubare bron is verneem as geen verdere bewyse teen Kilian gevind kan word en hy nie lig op die sluipmoord op Kinnear kan werp nie, sy borgaansoek nie teengestaan sal word nie.

Intussen is 'n aanlyn-petisie geloods teen Kilian se langdurige en "ongrondwetlike" aanhouding sonder borg en die kans om sy saak in 'n hof te stel.

'n Paarlse gebedsgroep is ook vir hom gestig en lede het gister heeldag gevas en vir sy veiligheid in aanhouding gebid.

http://chng.it/SWxB4qwL

* Kilian is 'n enkelouer-pa wie se sewejarige seuntjie met spesiale behoeftes, Zayden, grootliks van hom afhanklik is. Zayden word intussen deur Kilian se pa, oud.kol. Hein Kilian (68) versorg en verstaan nie wat aangaan dat sy Pa hom nie eens kan bel nie.

Lees ook: https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2848242345407014?

https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2844909662406949?_

Related Articles:

Comments  

0 #1 amegivoraowej 2020-10-20 17:15
Amoxil Dose For 55 Pounds: http://mewkid.net/when-is-xuxlya2/ [censored] mrd.hsfv.mosselbayontheline.co.za.kxb.tq http://mewkid.net/when-is-xuxlya2/
Quote