Oyster World Beach House Restaurant Ponto Grille and Carvery Property Pointer Reflexions Professional Hair Wolwedans Game Farm Skorpios Security Top Up Service Station Delfinos.Passion for food-Passion for life

 

MosselbayonTheline | First With The News

 
SEEMEEU PARK: IMPAK VAN GRONDVERSKUIWING OP HUISEIENAARS
 
Rinette van Niekerk skryf:
 
Gedurende September 2017 se Munisipale Raadsvergadering het die Burgemeester met “alle opregtheid” genoem dat hulle in September vergadering sal hou insake Seemeeu Park. Hy het ook genoem dat “wanneer jy ‘n fout gemaak het, is jy nooit te groot om terug te staan en dit te erken in die openbaar, of waar ookal, nie".
 
"Die mense moet net geduldig wees, ons is op pad Seemeeu Park toe en ons sal die regte antwoorde vir die mense gee”, het hy toe gesê.

seemeeu13

Van die onbewoonbare huise in Seemeeupark wat nog nie gesloop is nie omdat die eienaars wag vir die hofsaak.
 
Munisipaliteit, put your money where your mouth is!
Nog ‘n September het gekom en gegaan, geen woord van Munisipaliteit behalwe dat hul die grond monitor en/of besig is om regsadvies te kry? Die grondtoetse maak nie ons magies vol of gee ‘n dak oor ons koppe nie. Grondtoetse moes gedoen gewees het voordat die ontwikkeling goedgekeur was.
Die Munisipaliteit is al sedert September 2016 besig om regsadvies te kry, maar dis vir hul eie gebruik en word nie met die huiseienaars gedeel nie.
 
Hoekom, wat probeer julle wegsteek?
Elke keer as iemand iets vra oor Seemeeu Park word die vrae na ‘n volgende vergadering geskuif of ons kry nuttelose antwoorde op ons vrae. Die Munisipaliteit probeer hierdie saak so stil as moontlik hanteer met die hoop dat ons eienaars sal moed opgee en die saak ‘n stille dood sal sterf?
 
Ek kan nie vir iemand in genoeg woorde beskryf die trauma waardeur hierdie eienaars gaan nie. Dis pensioenarisse wat nie hierdie stres in hul lewens nodig het nie.
Hoeveel keer het ek nie van moedeloosheid of woede sommer net in trane uitgebars nie, mens weet nie meer watter kant toe nie. Die vernedering om in trane uit te bars toe die Munisipaliteit die krake in Rylaan 2 kom inspekteer (ek kon nie eers vir hom my naam gee nie, net beduie watter huis ons s'n was). Die hartseer en skok wat deur jou gaan om in die straat te staan en kyk hoe jou huis afgebreek word!
'n Mens voel so hulpeloos.
My werk het aanbeveel ek neem tydjie siekverlof of gaan vir berading, want hul kon sien ek was onder geweldige druk. Waar gaan my ouers bly, hoe gaan hul verband betaal word, versekerings wat weier om uit te betaal, slopingskoste van jou eiendom, mense wat jou eiendom plunder, mediese behandeling vir depressie of slaappille. Waar gaan ons eienaars regsadvies kry en teen wat se koste?
Ons nuutgeboude huis is reeds gesloop en ons het geen vergoeding vir die erf gekry nie. Ons kan niks met die erf doen nie. Die ombudsman van George het uitspraak gelewer dat die huiseienaars in die komplekse die koste moet dra om die erwe by die aktekantoor van hul name te verwyder en die erwe aan die Huiseienaarsvereniging oor te dra. Die eienaars moet boonop 50% van hul agterstallige heffingsfooie betaal, asook R5,000.00 vir rehabilitasie aan die huiseienaarsvereniging.
Die eienaars wat opdrag gekry het om hul wonings te ontruim, was gedwing om kompleksheffings te betaal ten spyte daarvan dat hulle nie eers toegang tot die kompleks het nie, anders gaan ‘n sekere voorsitter hul laat swartlys of aan skuldinvorderaars oorgee.
 
Jy word soos 'n sleg ding op straat uitgesmyt en dit omdat kortpad gevat was tydens ontwikkeling sodat die Munisipaliteit inkomste kan verdien uit die ontwikkeling?
Hoekom moes ons dadelik ontruim, maar nuwe ontwikkeling word in die area toegelaat terwyl die Munisipaliteit weet die grond het nog nie gestabiliseer nie?
Die eienaars kan nie voortgaan met hul normale lewens voordat die saak nie afgehandel is nie.

seemeeu24


Van die Seemeeupark-huiseienaars wie se lewens in 2016 letterlik tot stilstand geruk is toe hul nuwe aftreehuis onder hul begin verkrummel het weens grondverskuiwings omdat die ontwikkeling op 'n ou steengroef gebou is. Geen owerheid het tot dusver aanspreeklikheid vir die ramp aanvaar nie en die saak sloer net voort.
 Lees ons berig hieroor en kyk ook na die videos:
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Related Articles:
Die Mosselbaai Munisipaliteit doen net wat hulle wil
 
Cedric Jansen skryf: 
 
Powertown-leiers het 'n vergadering op die 16de Januarie 2019 aangevra vir die 28ste Januarie 2019. Die MBM se terugvoering op ons brief was dat die burgemeester uitstedig was en sou 'n latere datum vasgestel het vir ons vergadering oor dienslewering binne Powertown.
 
Op 1 Februarie 2019 word 'n berig geplaas in die Advertiser deur die Raad oor dienslewering en Powertown se verskuiwing na Sonskyn Vallei.

power17
 
Dit . . . sonder om 'n vergadering met Powertown-leiers te belê. I.p.v. dat die MBM reageer op ons brief oor dienslewering, praat hulle van VERSKUIWING terwyl die MBM weet die agtergeblewe inwoners van Powertown HAAT die woord VERSKUIWING. 
 
Die persone met wie MBM voorheen geonderhandel het, was nooit verkose leiers vir die gemeenskap nie. Al die vroeëre prosesse van onderhandeling was ondemokraties gedoen.
 
Ons kom agter dat die vloedlyn net vir die inwoners van Powertown geld en nie vir Riverside en Beyersstraat se inwoners nie.
 
Is dit omdat ons "bruin" is, of wat?!! In 'n voorleggingsvergadering in Sonskyn Vallei waar die MBM 'n voorlegging moes gedoen het aan die Provinsiale Raad het ek, Cedric Jansen, gevra: "Wat gaan die MBM doen met die oorblywende 92 huisgesinne wat nie wil verskuif na Sonskyn Vallei nie?"
Ons wag nou nog vir die reaksie op daardie vraag, maar die MBM gaan nog steeds voort met hul beplanning om ons te verskuif na Sonskyn Vallei.
 
Die Poppe gaan dans. . . Ons is nie goed wat rondgeskuif word nie, rommel word rondgeskuif; nog minder wil ons soos rommel behandel word. Dit is wat tans met ons aan die gebeur is.
 
Die MBM het ook 'n wanindruk van 'n vleiland. 'n Vleiland is gedurig deur omring met water en daar is elke dag pelikane en ander voëlspesies in so 'n gebied.
 
In Powertown is geen pelikane sigbaar nie. Dit kom al hoe meer voor dat die vloedlyn net 'n rookskerm is om ons inwoners van Powertown wat al 24 jaar hier woonagtig is, op 'n slinkse manier hier weg te kry.
 
power18
Related Articles:

PA du Plessis se brief hieronder verwys na die uiters omstrede chemiese aanleg van R1 miljard wat langs PetroSA beplan word - op dieselfde erf waar die nuwe streekafvalstortingsterrein gebou moes word . . . en waaroor ons al sedert die "aankondiging" daarvan in Oktober 2018 waarsku . . . 

Drie maande ná die onverwagse "aankondiging en sooispitseremonie" om dié chemiese aanleg van R1 miljard in te wy om "Mosselbaai op die wêreldkaart van in- en uitvoere te vestig", kom dit aan die lig dat geen hersoneringsaansoek vir dié aanleg ooit ingedien is nie. Boonop verklaar Mosselbaai Munisipaliteit nou 'n dispuut teen die Tuinroete Distriksmunisipaliteit oor die beplande streeksafvalbestuursterrein wat op dieselfde erf ontwikkel moet word . . . 

Só het die storie ontvou . . .   

sooisoit

Tydens die seremoniële sooispit-seremonie (in Oktober 2018) vir 'n R1 miljard chemiese aanleg wat glo volgende jaar al langs PetroSA gebou gaan word. Van links is Lee Norman, voorsitter van Ikusasa Process Engineering Consultants, André Theunissen, ’n direkteur van Ikusasa, Memory Booysen, burgemeester van die Garden Route-distriksmunisipaliteit, Harry Levendal, Mosselbaai se uitvoerende burgemeester en Shadrack Tshikalange, bestuurder van die Transnet-Mosselbaai-hawe.

      Watter chemiese stowwe gaan vervaardig word en wat is die implikasies?

Die aanleg sal na verwagting teen die einde van 2019 in bedryf wees, sê die distriksmunisipaliteit in ’n verklaring.

Memory Booysen, burgemeester van die Tuinroete-distrik, het op die sooispit-geleentheid gesê die proses sal bespoedig word omdat die distriksmunisipaliteit met die Mosselbaaise munisipaliteit saamwerk.

“Ons het ander ekonomiese ontwikkelings in Kouga, Richardsbaai en Saldanha gesien – nou is dit tyd vir ontwikkeling hier.”
Volgens Booysen sal ’n nuwe stortingsterrein vir die streek op dieselfde grond tot stand gebring word.
Die ligging van die eiendom langs PetroSA hou baie voordele in, sê hy. Daar sal ’n noue samewerking met PetroSA wees en spesifieke produkte sal ook aan PetroSA verskaf word. In- en uitvoer sal deur die Mosselbaaise hawe geskied en dit sal ook die plaaslike ekonomie ’n hupstoot gee. Die hawe is minder as 10 km ver.
Volgens Nicholas Ramkumar, ’n direkteur van Ikusasa, is die langtermynplan om die chemiese aanleg in ’n wêreldklas-produksiemaatskappy te omskep. Daar is groot potensiaal om Mosselbaai in ’n mekka vir in- en uitvoer te verander.

Harry Levendal, Mosselbaai se burgemeester, het ook die ontwikkeling verwelkom. Hy sê hy is baie dankbaar teenoor die distriksmunisipaliteit vir sy pogings om beleggings na die streek te lok.

 

chemiese aanleg brief

Inwoners moes voor 7 Desember 2018 skriftelike kommentaar/besware lewer oor die langtermyn-verhuring van die perseel langs PetroSA aan IKUSASA Processing Engineering Consultant vir die bou van 'n veeldoelige chemiese aanleg van R1 miljard - sonder dat enige inligting daaroor bekend gemaak is en terwyl dit op dieselfde perseel is wat geoormerk is vir die streeksafvalbestuursaanleg.

munisipale kennisgewing oor chemiese aanleg

 

Terwyl almal nog wonder watter kommentaar hulle moet lewer oor só 'n groot chemiese aanleg reg langs 'n olieraffinadery waaroor géén verdere inligting bekend is nie en waaroor Mosselbaai se burgemeester Harry Levendal ewe ingenome was, verklaar die Mosselbaai Munisipaliteit 'n interregeringsdispuut teen die Tuinroete Distriksmunisipaliteit oor die einste streeksafvalbestuursterrein op dieselfde dag (7 Desember 2018) wat die Tuinroete Distriksmunisipaliteit in 'n kennisgewing vennote soek vir die ontwikkeling van die streekafvalbestuursterrein. 

 

munisipale dispuut

 

FORMAL DISPUTE DECLARED

Formal intergovernmental dispute declared against Garden Route District Municipality
Friday, 07 December 2018, 11:30
Formal dispute declared 

GARDEN ROUTE NEWS - In order to resolve the dispute regarding the application of the District Waste Management By-Law, promulgated by the Garden Route District Municipality, council approved the recommendation that the Mossel Bay Municipality declares a formal intergovernmental dispute against the Garden Route District Municipality regarding the application of the District Waste Management By-Law to Mossel Bay Municipality.

The Mossel Bay Municipality will request assistance in the settlement of the dispute from the MEC of local government, Minister Anton Bredell.

Also, the George Municipality will be informed that the Mossel Bay Municipality has declared the dispute.

The executive deputy mayor, councillor Dirk Kotzé said the declaration was the start of a formal process to safeguard and benefit Mossel Bay ratepayers.

 

Nou wat nou? 

En waar laat dit Mosselbaai se 130 000 inwoners wat kommentaar hieroor moet lewer as nie eens die munisipaliteit blykbaar meer weet wat aangaan nie? Al wat die Mosselbaai Munsipaliteit tot dusver hieroor gesê het, is dat hulle nog geen aansoek ontvang het vir die hersonering van die betrokke erf om dit geskik te maak vir 'n chemiese aanleg nie . . . 

Tog het burgemeester Harry Levendal dit geweet toe hy die aanleg in Oktober 2018 tydens die sooispitseremonie verwelkom het? Hoekom 'n openbare aankondiging maak as daar nog geen hersoneringsaansoek, omgewingsimpakstudies of openbare deelnameprosesse was nie? 

Gevaarligte flikker lankal 

En wat presies het Memory Booysen, die Tuinroete Distriksmunisipaliteit se burgemeester, bedoel met dié woorde tydens die voortydige "sooispitseremonie"? 

"Ons is egter hier om te sê as die Garden Route distriksmunisipaliteit, in vennootskap met die Mosselbaai-munisipaliteit, gaan ons nie langer die wette gebruik om ontwikkelingsvoorstelle te belemmer nie. Ons gaan die wette gebruik om dinge te maak gebeur en om hierdie soort ontwikkelings te ontsluit.

"Dié is net die begin. In samewerking met die hawe op Mosselbaai, sal ons verseker dat dit die volgende spesiale ekonomiese sone word. Ons sien dinge gebeur op Saldanna, Richardsbaai, Kouga... Dit is tyd vir Mosselbaai om te volg."

Booysen het bygevoeg dat wetgewing deurgehaas sal word ter wille van die aanleg . . . 
* Gevaarlike woorde wat die gevaarligte moet laat flikker?

Ons waarsku al lankal teen dié ongerymdhede wat toenemend plaasvind - dalk is dit tyd dat meer mense vrae begin vra en optree voor dit te laat is . . . dis immers inwoners se geld, dorp en lewensgehalte wat in gedrang is? 

http://www.mosselbayontheline.co.za/index.php/news/breaking-news/165-moselbaai-se-mooi-vir-hoe-lank-nog-as-politici-doen-net-wat-hulle-wil

http://www.mosselbayontheline.co.za/index.php/news/breaking-news/167-gevaarligte-flikker-as-wette-gebruik-word-om-dinge-te-laat-gebeur

http://www.mosselbayontheline.co.za/index.php/news/breaking-news/174-mosselbaai-munisipaliteit-al-lank-onder-beleg

 

 

Related Articles:

Hannes Marx skryf:

Dankie vir julle overskrokke beriggewing oor die tragiese toestand van die Hartenbosrivier wat in 'n riooldam ontaard het -  soortgelyk aan die Vaalrivier.

Hartenbos rivier gesluit

Dit is tyd dat die Stadsraad uit hul gemaksone geskud word en ophou om leuens aan die publiek voor te hou met allerhande verskonings en wetgewings oor wie nou eintlik verantwoordelik is vir die rioolstorting, want dit is waar die hele probleem lê.

Om die mond oop te grou, is om 'n pleister op die seer te plak. Om 'n waarskuwingsbord op te sit tydens die feesseisoen, is soos 'n padteken teen "potholes" . . . hulle erken skuld, maar stel nie die fout reg nie.

Nee, daar sal eerder oorsee gereis word vir vriendskapsbande met vreemdelinge as om na die inwoners en onmiddelike natuur se welsyn om te sien.

hartenbos rivier1

Blouvlagstrande . . . als lippetaal.

Tyd dat hulle wakker geskud word uit hul gemaksone. 

Verwante Berigte:

Hartenbos riviermond oop

Die ertjiegroen kleur van die Hartenbosrivier by die mond nadat die mond meganies oopgemaak is . . . 

hartenbos river waterworks

Die blou water (heelbo) voordat dit deur die Watersuiweringswerke (links op foto) "gesuiwer" word en die groen ertjiesopkleur van die Hartenbos-rivier . . .  

 

Related Articles:

Pieter Meyer van Mosselbaai skryf:

Pieter Meyer De Oude Winkel



Dana Snyman se lekkerlees-storie “Verlange na die vergete ooms van die verlede” (08.09) het wyd aanklank gevind.

Dana vertel van Oom Leon Eksteen se sub-stasie op Beaufort Wes, van die Trens Erasmus-brug in Klerksdorp en van die Wietz Marais-sportterein op Springfontein, ens.,ens. En hy wonder wie was die ooms en waar is hulle vandag?

Ek wil graag vertel van oom Jannie Meyer van De Rust. Toe die oom op die 31ste Mei 1961 op die dorp aangekom, was daar geen lopende water, elektrisiteit of ‘n rioolstelsel op die dorp nie.

 

Trouens die dorp kon nie eens ‘n munisipale bestuurder bekostig nie. 
Met die oom se kennis van boekhouding en bestuur het die oom die rekenkundige werk saans na ure gratis gedoen en bedags in sy kruidenierswinkel op die dorp gewerk.

 

Spoedig het die oom met ‘n plaaslike boer onderhandel vir water vanaf die Swartberge se Huisrivier, ‘n resevoir gebou en die hele dorp omgedolwe, waterpype aangebring en spoedig was elke inwoner in die dorp van water voorsien, natuurlik danksy ‘n lening van die Provisiale Administrasie in Kaapstad. (Dankie, dr. Lapa Munnik!). Vandag kry die dorp nog steeds sy water van dieselfde bron. Ekself het die oom Saterdagmiddae en saans na-ure gehelp om die watermeters te lees, natuurlik ook gratis.

Toe ek nog so een Saterdagmiddag, in die bloedige Karoo-son, saam met die oom deur die dorp loop en meters lees, vertel die oom my ons gaan eersdaags elektrisiteit kry van Eskom. Dan gaan daar nog meters bykom. Dit alles terwyl die oom die
plaaslike dorpsraad se sekretaris/bestuurder was.

Daarna het ‘n pragtige biblioteek en kliniek op die dorp gevolg. 
Toe was dit tyd vir die oom se grootste projek, naamlik die bou van ‘n nuwe woonbuurt te Blomnek vir die bruin gemeenskap van die dorp. Weg was die bouvallige modderhuisies en spoedig het stewige siersteen-wonings met teerpaaie,
lopende water, straatligte en skole gevolg.

Tydens die nuwe sending-kerk se opening daar, het die dominee die oom vorentoe geroep en ‘n nuwe Bybel aan hom oorhandig as ‘n blyk van waardering vir sy ywer en toewyding.

Dana, daar is nooit ‘n monument opgerig of ‘n straat na hom vernoem nie.

Die oom het die dorp se gemeenskap (die kerkraad en skool) met trots en onderskeiding gedien en op 65 afgetree met ‘n klein munisipale pensioentjie. 
Jy meld dat “die ooms in die sweet van hul aangesig hulle brood eerlik verdien het”.

Dana Snyman ek bring graag hulde aan die oom vandag (09 September 2018), op sy verjaardag. As hy nog met ons was, sou hy 93 jaar oud gewees het.

Dana, hy was my pa, Jannie Meyer van De Rust in die Klein Karoo!

Dankie pa!

Related Articles: