Property Pointer Beach House Restaurant Top Up Service Station Skorpios Security Ponto Grille and Carvery Oyster World Reflexions Professional Hair Wolwedans Game Farm Delfinos.Passion for food-Passion for life

 

MosselbayonTheline | First With The News

Daar gebeur elke dag soveel dinge op die nuusfront dat g'n mens kan byhou of alles onthou nie. Omdat Mosselbayontheline meesal die belangrikste nuus saam met talle mooi foto's van die omgewing op ons Facebook-blad publiseer, gaan baie van dié nuus/foto's mettertyd verlore.

Derhalwe publiseer ons voortaan elke maand se nuushoogtepunte en foto's onder een sambreel met die skakel na die betrokke FB-plasing om dit makliker toeganklik te maak vir dié wat dit op ons FB-blad misgeloop het. 

Meimaand was verkiesingsmaand, maar ook een van die mees gewelddadige maande in die land . . . desondanks stroom toeriste/nuwe intrekkers daagliks na Mosselbaai en ons foto's onder al die berigte wys hoekom. Voorbladfoto: Kolie Visser

 

1 Mei /May 2019: WERKERSDAG EN VOORLOOP TOT VERKIESING IN BEELD: 

voting station

Werkersdag in Mosselbaai is vandag so uiteenlopend gevier soos die politieke verkiesingspraatjies wat hoogty vier op alle mediaplatforms.

Die rekordgetal van 48 politieke partye wat volgende Woensdag meeding om stemme in al nege provinsies is 'n goeie aanduiding van die verdeeldheid onder landsburgers en die soeke na goeie leierskap om die land uit die Zuma/Gupta-sinkgate van korrupsie en staatskaping te lig. 
As al dié partye se verkiesingsbeloftes net naastenby kon realiseer, sou ons oornag 'n Utopia hê . . 

https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2390920104472576?

 

7 Mei /May 2019: Verkiesingskoors en grappies; Geblikte leeubedryf opnuut onder soeklig.

 "Ons eet, kuier en drink maar nou voluit, want ons weet nie of ons ná Woensdag nog sal kan nie . . ." 

Op die vooraand van die belangrikste nasionale verkiesing sedert 1994 is dit asof die hele land in 'n staat van afwagting is . . . 
Eiendomsagente kla die mark is DOOD, want almal wag om te kyk wat ná Woensdag gaan gebeur om te weet of hulle moet koop, verkoop of vlug . . . en intussen duik die verkiesingsgrappies as teenvoeter vir die onsekerheid oral op . . . 

voting1No photo description available.

https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2394306794133907?

 

9 Mei / May 2019: Ná die verkiesing - Gekonkel met ink en weggooi-stembriewe en "dooies" mag glo nie meer stem nie

Dankie tog, die verkiesing is verby . . . Die mees ironiese geval was egter dat terwyl party mense blykbaar twee stembeurte bewimpel het, 'n Wes-Kaapse pensioenaris glad nie kon stem nie omdat hy volgens alle amptelike aanduidings reeds in Maart dood en begrawe is . . . 
Die "oorledene" en sy seun wil nou weet hoekom hulle nie eens van sy sterfte ingelig en na sy begrafnis genooi is nie . . . en wie het nogal betaal? 

piet van Zyl dooie wil stem

https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2395733163991270?

 

10 Mei /May 2019: Verkiesing rustig sonder groot skokke - kenners som op

Terwyl die laaste uitslae van die belangrikste verkiesing sedert 1994 getel word, slaak almal 'n effense sug van verligting dat ook dié verkiesing relatief rustig en geweldsvrye verloop het . . .

Die mense het gepráát en aan die hoë wegbly-syfer is dit duidelik dat die landsburgers redelik keelvol is vir die huidige stand van sake en positiewe verandering en sterk leiers wat nie blote lippetaal besig nie, dringend soek . . .

Cyril Ramaphosa1

https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2396550167242903?

 

11 Mei / May 2019 : Moedersdag, Mosselbaai se mooi in MEI en ontleders maak sin van verkiesingsuitslae: 

Image may contain: one or more people, people standing, sky, ocean, mountain, cloud, outdoor, nature and water

https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2397592750471978?

 

13 Mei / May 2019: Mosselbayontheline GROEI daagliks en bedank AL ons getroue lesers/ondersteuners - help ons so om ondersoekende joernalistiek te laat herleef:

Image may contain: screen

https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2398942023670384?

 

16 Mei / May 2019 : Misdaad/moord in Wes-Kaap ruk handuit - Misdaadkenner waarsku:

Sedert die begin van die jaar was daar reeds twaalf plaasaanvalle in die Wes-Kaap, waarin drie mense vermoor is. In die jongste plaasaanval is Tool Wessels (55) van die plaas Kapteinsdrif buite Bonnievale Maandag wreed gemartel en vermoor, terwyl sy vrou, Liezel (55) met 'n skerp voorwerp in die bors gesteek en met kookwater in haar gesig en lyf gegooi is.

Image may contain: 4 people, people smiling, people standing, mountain, outdoor and nature

https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2400660950165158? 

 

17 Mei / May 2019: Geliefde ou munisipale grasdak-gebou by De Bakke in puin gelê deur brand. 

Net 'n swartgebrande murasie met smeulende puin wat nog plek-plek rook, het oorgebly van Mosselbaai se nuwe jazz-kuierplek La-Belea Sport- en jazzkroeg wat in November verlede jaar sy deure op die De Bakke-parkeerterrein langs die see geopen het.

https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2402049830026270?

Image may contain: sky and outdoorImage may contain: 2 people, people smiling, outdoor

 

20 Mei / May 2019

Volmaan in kleur oor die Baai - en welkome nuwe inisiatief om die Suid-Kaap se riviere te herstel.

Goeie nuus is dat die belangrikheid om sensitiewe rivierstelsels in die Suid-Kaap te bewaar en van indringerplante en ander obstruksies te bevry, dalk uiteindelik nou nuwe momentum gaan kry danksy 'n nuwe program van die Suid-Kaap grondeienaarsinisiatief (SCLI).

Riaan Hammond sept2

https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2403456516552268?

22 Mei / May 2019: Ramaphosa en nuwe parlementêre leiers amptelik ingelyf terwyl moorde/plaasmoorde die land ruk. Moord op aktivis Annette Kennealy breek damwal oop. 

https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2405077236390196?

Image may contain: one or more people and cat Image may contain: 1 person, sitting

 

24 Mei / May 2019: Vrae/vrese oor peperduur  "Beyersstraat-opgradering" voortgaan ondanks beter opsies

Sal die mens ooit ophou om blindweg in die natuur te gaan krap waar dit nie jeuk nie . . . en dit vooruitgang noem?
Inwoners langs die ongerepte riviermond in Klein-Brakrivier weet die afgelope paar maande nie wát hulle getref het nie.

https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2406499676247952?

Image may contain: sky and outdoor

26 Mei / May 2019 : Land van kontras en uiterstes . . .

Terwyl dit plek-plek WOES gaan in die land met die nuutverkose president Cyril Ramaphosa wat orde uit die chaos en politieke binnegevegte moet probeer skep, en inwoners al hoe meer besef dat hulle sélf sal moet inspring om hul omgewing te beveilig en leefbaar te hou, lyk dit soms of Mosselbaai op 'n ander planeet sit . . . 

https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2408643522700234?

 

29 Mei / May 2019: SA kry drie nuwe beskerme Marienegebiede en Mosselbaai neem afskeid van geliefde Pieter Viljoen. 

 

 

 

Related Articles:

Add comment

No abuse, no discrimination, no foul language


Security code
Refresh