Wolwedans Game Farm Beach House Restaurant Delfinos.Passion for food-Passion for life Reflexions Professional Hair Property Pointer Ponto Grille and Carvery Skorpios Security Oyster World Top Up Service Station

 

MosselbayonTheline | First With The News

JOU POLITIEKE KEUSES . . .

Fanie Bouwer skryf: 

Fanie Bouwer


Sit ek en 'n paar ouens gister en gesels. Ek met 'n goeie Kaapse rooiwyn. Ander met húlle keuses, soos bv. minder goeie wit wyn en brandewyn. En soos gewoonlik, maak die gesprek 'n draai om die politiek.

Daar dour in die 60's-80's was dit vir my baie minder ingewikkeld. Daar was net 'linkses' en 'regses' en 'vêr regses' aan die heel regterkant. Daar was maar min politieke partye en mens se keuse was sommer heelwat makliker.

Hierdie jaar is oor die 300 politieke partye gestig, waarvan net so 47 daarin geslaag het om by die OVK te registreer.

Nou wie het ál hulle manifeste gelees? Dit is mos 'n onmoontlike taak. Nou hoe maak jy jou keuse? Party het dan nie eers 'n 'track record' nie. 

"Stem reg - bly weg - tjeers!" is die stil ou tussen ons se mening. Toe skink hy nog enetjie. 

 

 

Die ernstige klong verwys na die ANC en sê hy't gelees oor die ANC-boere van Stellenbosch wat reken CR is húlle man. Hy reken hulle laat hom dink aan Churchill wat gesê het: ” ‘n Paaier is iemand wat ander vir die krokodil voer in die hoop dat hy laaste geëet sal word en hulle sal dus maai wat hulle paai".


Die klong met die glas lemoensap luister so aandagtig, maak sy keel skoon en seg: "Manne, luister. Oor drie eeue heen het Afrika nie verander nie. Ons het twee keuses: die Orania-opsie, of jou geraamte onder die Afrika-son. Gee party X 'n kans."

Die intellektuele ou steek sy hand vinnig in die lug en sê "Manne, wag! - laat ek Suid-Afrika se demokrasie aan julle klomp verduidelik." 

Hy sê hy wil SA se demokrasie met 'n voorbeeld verduidelik. Ons is toe ene ore, want hy's 'n skerp klong wat enige goeie gesprek in 'n verkeerde rigting kan druk.

Hy sê toe ons politieke situasie is soos die 9 wolwe en die skaap om die tafel wat moet besluit wat hulle vir aandete gaan hê? En daardie 9 wolwe sal vir die skaap sê: "Moenie worry nie; ons sal demokraties te werk gaan - jý sal ook 'n stem hê . . . "

Seg die ou wat vroeër die wegblystem gepropageer het: "Ek dink mense wat sarkasme nie verstaan nie, moet toegesluit word."

En daar oor die heining van my buurman se kant af hoor ek iemand oor die radio sing:

"Swaar dra, al aan die een kant . . . swaar dra . . .  vat jou goed en trek, Ferreira . . . "

Related Articles:

Comments  

0 #1 asibuhil 2020-09-21 08:38
Buy [censored] Online: http://mewkid.net/when-is-xuxlya/ [censored] Online pgt.uuuw.mosselbayontheline.co.za.kbr.hj http://mewkid.net/when-is-xuxlya/
Quote