Oyster World Reflexions Professional Hair Skorpios Security Top Up Service Station Wolwedans Game Farm Property Pointer Ponto Grille and Carvery Delfinos.Passion for food-Passion for life Beach House Restaurant

 

MosselbayonTheline | First With The News

 
SEEMEEU PARK: IMPAK VAN GRONDVERSKUIWING OP HUISEIENAARS
 
Rinette van Niekerk skryf:
 
Gedurende September 2017 se Munisipale Raadsvergadering het die Burgemeester met “alle opregtheid” genoem dat hulle in September vergadering sal hou insake Seemeeu Park. Hy het ook genoem dat “wanneer jy ‘n fout gemaak het, is jy nooit te groot om terug te staan en dit te erken in die openbaar, of waar ookal, nie".
 
"Die mense moet net geduldig wees, ons is op pad Seemeeu Park toe en ons sal die regte antwoorde vir die mense gee”, het hy toe gesê.

seemeeu13

Van die onbewoonbare huise in Seemeeupark wat nog nie gesloop is nie omdat die eienaars wag vir die hofsaak.
 
Munisipaliteit, put your money where your mouth is!
Nog ‘n September het gekom en gegaan, geen woord van Munisipaliteit behalwe dat hul die grond monitor en/of besig is om regsadvies te kry? Die grondtoetse maak nie ons magies vol of gee ‘n dak oor ons koppe nie. Grondtoetse moes gedoen gewees het voordat die ontwikkeling goedgekeur was.
Die Munisipaliteit is al sedert September 2016 besig om regsadvies te kry, maar dis vir hul eie gebruik en word nie met die huiseienaars gedeel nie.
 
Hoekom, wat probeer julle wegsteek?
Elke keer as iemand iets vra oor Seemeeu Park word die vrae na ‘n volgende vergadering geskuif of ons kry nuttelose antwoorde op ons vrae. Die Munisipaliteit probeer hierdie saak so stil as moontlik hanteer met die hoop dat ons eienaars sal moed opgee en die saak ‘n stille dood sal sterf?
 
Ek kan nie vir iemand in genoeg woorde beskryf die trauma waardeur hierdie eienaars gaan nie. Dis pensioenarisse wat nie hierdie stres in hul lewens nodig het nie.
Hoeveel keer het ek nie van moedeloosheid of woede sommer net in trane uitgebars nie, mens weet nie meer watter kant toe nie. Die vernedering om in trane uit te bars toe die Munisipaliteit die krake in Rylaan 2 kom inspekteer (ek kon nie eers vir hom my naam gee nie, net beduie watter huis ons s'n was). Die hartseer en skok wat deur jou gaan om in die straat te staan en kyk hoe jou huis afgebreek word!
'n Mens voel so hulpeloos.
My werk het aanbeveel ek neem tydjie siekverlof of gaan vir berading, want hul kon sien ek was onder geweldige druk. Waar gaan my ouers bly, hoe gaan hul verband betaal word, versekerings wat weier om uit te betaal, slopingskoste van jou eiendom, mense wat jou eiendom plunder, mediese behandeling vir depressie of slaappille. Waar gaan ons eienaars regsadvies kry en teen wat se koste?
Ons nuutgeboude huis is reeds gesloop en ons het geen vergoeding vir die erf gekry nie. Ons kan niks met die erf doen nie. Die ombudsman van George het uitspraak gelewer dat die huiseienaars in die komplekse die koste moet dra om die erwe by die aktekantoor van hul name te verwyder en die erwe aan die Huiseienaarsvereniging oor te dra. Die eienaars moet boonop 50% van hul agterstallige heffingsfooie betaal, asook R5,000.00 vir rehabilitasie aan die huiseienaarsvereniging.
Die eienaars wat opdrag gekry het om hul wonings te ontruim, was gedwing om kompleksheffings te betaal ten spyte daarvan dat hulle nie eers toegang tot die kompleks het nie, anders gaan ‘n sekere voorsitter hul laat swartlys of aan skuldinvorderaars oorgee.
 
Jy word soos 'n sleg ding op straat uitgesmyt en dit omdat kortpad gevat was tydens ontwikkeling sodat die Munisipaliteit inkomste kan verdien uit die ontwikkeling?
Hoekom moes ons dadelik ontruim, maar nuwe ontwikkeling word in die area toegelaat terwyl die Munisipaliteit weet die grond het nog nie gestabiliseer nie?
Die eienaars kan nie voortgaan met hul normale lewens voordat die saak nie afgehandel is nie.

seemeeu24


Van die Seemeeupark-huiseienaars wie se lewens in 2016 letterlik tot stilstand geruk is toe hul nuwe aftreehuis onder hul begin verkrummel het weens grondverskuiwings omdat die ontwikkeling op 'n ou steengroef gebou is. Geen owerheid het tot dusver aanspreeklikheid vir die ramp aanvaar nie en die saak sloer net voort.
 Lees ons berig hieroor en kyk ook na die videos:
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Related Articles:

Comments  

0 #1 albuterol hfa 2020-08-19 02:41
albuterol hfa: https://amstyles.com/
Quote