Property Pointer Skorpios Security Delfinos.Passion for food-Passion for life Oyster World Ponto Grille and Carvery Top Up Service Station Wolwedans Game Farm Reflexions Professional Hair Beach House Restaurant

 

MosselbayonTheline | First With The News

Man gevonnis vir moord op Human-egpaar

Tewie en Eurika Human. Foto: Verskaf

Die 27-jarige Tamsamqa Howard Sishuba is Dinsdag gevonnis vir die moorde op Tewie (72) en Eurika (62) Human wat in Junie verlede jaar in hul huis in Grootbrakrivier in die Wes-Kaap wreed vermoor is.tewie eurika human 2

Die Mossel Bay Advertiser berig Sishuba is tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir elk van die twee moordaanklagte, asook ʼn bykomende 15 jaar tronkstraf op elk van die twee aanklagte van roof met verswarende omstandighede.

Maroela Media het vroeër berig die Human-egpaar is op 14 Junie 2016 in hul huis in Sandhoogtepad aangeval. Tewie se liggaam is op 19 Junie 2016 in die motorhuis aangetref en Eurika se liggaam in die egpaar se bed. Tewie is sewe keer met ʼn panga oor sy kop geslaan en Eurika is met ʼn selfgemaakte mes in die hart gesteek.

Daar was geen tekens van gedwonge toegang tot die egpaar se huis nie, wat die polisie laat vermoed het dat iemand wat die egpaar geken het by hul moord betrokke was. Verskeie items is uit die huis gesteel en R14 000 is op die dag van die moord vanuit die Humans se bankrekening na ʼn bankrekening in Lesotho oorgeplaas.

Sishuba is in Julie 2016 in verband met die moorde in hegtenis geneem nadat forensiese bewyse wat op die toneel gevind is hom met die moorde verbind het. Hy het egter deurentyd die blaam vir die moorde op Lebohang Rethabile Lekoro, ʼn werker van die Humans, gepak.

Thamsanga Sishuba 27

Sishuba het getuig hy was onder die indruk dat hy die dag van die moorde saam met Lekoro vir die Humans werk sou doen. Volgens Sishuba het Lekoro vir Tewie met ʼn panga aangeval. Sishuba het ook beweer dat Lekoro hom gedwing het om ook vir Tewie een keer met die panga te slaan.

Lekoro is steeds op vrye voet nadat hy vermoedelik na ʼn buurland gevlug het. ʼn Beloning is intussen vir sy inhegtenisneming uitgeloof.

Familielede van die Human-egpaar het buite die hof aan die Mossel Bay Advertiser gesê hulle is tevrede met die vonnis wat Sishuba opgelê is.

Bron: Mossel Bay Advertiser

  • Die tweede verdagte en "baasbrein" agter die moord, Lebohang Lekoro, ook bekend as Steven (in sy 30’s), is in November 2018 uiteindelik in noue samewerking met Interpol in Bloemfontein in hegtenis geneem. Hy was voortvlugtig sedert die Humans op 14 Junie 2016 in hul huis op die Sandhoogtepad in GrootBrakrivier met ’n panga en ’n tuisgemaakte mes vermoor is. Lekoro was lank in Lesotho waar hy hom glo as 'n "moetieman" bekwaam het. Hy het in Januarie 2019 in die hof verskyn, maar is nog nie gevonnis nie. Hy is steeds in aanhouding. 

Lekora

 

Related Articles:

Comments  

0 #1 buy ed pills 2020-07-10 01:43
buy ed pills: http://www.cialij.com/
Quote