Oyster World Delfinos.Passion for food-Passion for life Property Pointer Top Up Service Station Wolwedans Game Farm Skorpios Security Beach House Restaurant Ponto Grille and Carvery Reflexions Professional Hair

 

MosselbayonTheline | First With The News

Die Opspraakwekkende robwelpie-saak op Velddrif het 'n sinistêre en grusame verloop wat 'n mens laat wonder watter mense tot sulke wreedheid in staat is.

Die persoon wat aanvanklik die gru-video oor die marteling van die robwelpie openbaar gemaak het, moes Donderdag hartseer afskeid neem van 'n vierde hond sedert die video aan die lig gekom het.

Drie van sy honde is sedert die begin van die jaar op verskillende tye en op geheimsinnige wyse vergiftig en die laaste hond - 'n pragtige Belgiese skaaphond/labrador-kruising, se hart is uitgesny nadat die dier vermoedelik ook gemartel en agter 'n voertuig gesleep is.

Die hond se lewelose liggaam is Donderdag langs die pad in Voortrekkerstraat 177 in Velddrif gekry - met die uitgesnyde hart 'n entjie daarnaas. Die Swartland & Weskus Dierebeskermingsvereniging het nou 'n beloning van R8 000 uitgereik vir enigeen met inligting wat kan help om die skuldige(s) aan te keer. Die vereniging het in 'n verklaring gesê hulle is deur offisier Harry Benson van die Bergrivier-wetstoepassingseenheid in kennis gestel van die dooie hond.


hondhond2

 

'n Beroep word op moontlike ooggetuies of mense met inligting gedoen om na vore te kom om diegene wat verantwoordelik is vir dié afgryslike daad aan die pen te laat ry. Ooggetuies se name en identiteit sal beskerm word. Hulle kan die nommer 082 414 7153 vertroulik skakel.

 

Dié gru-daad kom net meer as twee weke voor die twee beskuldigdes in die robwelpie-saak op 17 September in die hof moet verskyn op verskeie klagtes wat verband hou met wreedheid teenoor diere, dieremishandeling en verwante oortredings van bepalings van die departemente van Seevissery en Omgewingsake.

Die gru-video wat in Junie vanjaar skokgolwe op sosialemedianetwerke veroorsaak het, toon duidelik hoe twee mans in 'n boot 'n jong robwelpie genadeloos met 'n mes in die gesig kap, rondgooi en teen die boot vasslaan terwyl hulle lag en mekaar in kru taal aanmoedig.

Die beeldmateriaal was so grusaam dat dit landwyd opslae gemaak en ook in hoofstroomkoerante gaan draai het oor die doelbewuste wreedheid en sadisme van die betrokke jong mans. 

"Enigeen wat só onmenslik wreed teenoor enige dier kan optree, kan dit ook teenoor 'n mens doen", is van die kommentare wat op Facebook-groepe gelewer is.

Abrie Bester, wat destyds die video bekom en op sosiale media versprei het in 'n poging om die skuldiges op te spoor, het ná Donderdag se gru-dood van sy vierde geliefde hond, Wollie, gesê hy voel hy word doelbewus geteiken sedert die rob-voorval aan die lig gekom het.

hond1

"Vier honde sedert die begin van die jaar is 'n bietjie té toevallig. Veral Wollie se grusame verminking en die hart wat uitgesny is, lyk soos 'n afskrik-boodskap - asof iemand my probeer bang maak. Tog is die hofsaak heeltemal buite my beheer en het ek eintlik niks meer daarmee te doen nie," het hy gesê.

Abrie, 'n natuur- en diereliefhebber, het Wollie sowat vyf jaar gelede as 'n weggooi-hond van Katu onder sy vlerk geneem. Een van die babahondjies wat vroeër vanjaar vergiftig is, was hoeka een van Wollie se kleintjies. 
"Ek het Wollie 5 maande gelede nog laat regmaak . .. en nou dit", het hy hartseer gesê.


hond3

Die pragtige Wollie voor sy grusaam doodgemaak en haar hart uitgesny is. 

Lees ook ons vorige FB-plasing en webbladberig:

http://www.mosselbayontheline.co.za/index.php/news/breaking-news/146-weskus-manne-in-gru-video-van-robwelpie-binnekort-in-hof

Related Articles:

Comments  

0 #1 aeuezutal 2020-09-18 00:07
[censored] 500mg Capsules: http://mewkid.net/when-is-xuxlya/ [censored] haq.wusd.mosselbayontheline.co.za.dvf.rb http://mewkid.net/when-is-xuxlya/
Quote