Beach House Restaurant Skorpios Security Property Pointer Delfinos.Passion for food-Passion for life Oyster World Wolwedans Game Farm Ponto Grille and Carvery Top Up Service Station Reflexions Professional Hair

 

MosselbayonTheline | First With The News


Ontstelde hengelaars het heftig reageer op drie foto's van afgekapte haaikoppe wat op Kanon-strand uitgespoel het wat Willie du Toit Saterdag op die Facebook-groep Hengel in Mosselbaai geplaas het.


haaikoppe

Daar is veral kommer oor die langlynbote wat toenemend tot teenaan die kuslyn kom en die seelewe stelselmatig uitroei. Die boot is geïdentifiseer as Mary Ann en is skynbaar een van vier wat permitte het om haaie langs die Suid-Kaapse kuslyn te vang.

Vrae ontstaan of die departement van landbou, bosbou en visserye dié permitte oordeelkundig toeken en aan wie? Is dit nie maar weer 'n omkopery deur die Chinese vir die maak van haaivinsop en kastige seksopkikkers waarvoor ons marienelewe so geplunder word nie?, is gevra.

Willie Du Toit
June 2 at 12:38pm
"My hart het gebreek toe ek, my vrou en kinders vanoggend bietjie die pad strand toe vat op Kanon. Hierdie haaitjies is net 'n paar wat ek bymekaar gemaak het, terwyl daar nog honderde die strand bedek.

"Ek het gisteroggend ongeveer 4 uur gaan visvang en gesien hoe een van die vissersbote tot omtrent 300 meter van die strand af hul lyne ingooi.

"Daar is nou 3 bote in die baai wat ons vis uitroei. So hartseer om te sien en te weet daar is niks wat ons daaraan kan doen nie," het Willie by die foto's van die haaie geskryf.


haaikoppe1

 Sy plasing het emosionele kommentaar uitgelok van hengelaars wat lankal bekommerd is oor die langtermyn-uitwerking van die klomp haai-langlynbote wat gereeld hier aandoen.


(Ons het onlangs 'n video geplaas van 'n reuse-sleepwa tot boordens toe vol gelaai met die karkasse van sowat 2 000 kg se blouhaaie by die hawe op Algoabaai. Dié karkasse was glo die byvangs van tuna-langlynbote wat ook wettige permitte het.) http://www.mosselbayontheline.co.za/…/84-blouhaaie-gestroop…


blouhaaie


Die meer as vyftig haaikoppe van verskillende groottes wat die naweek op Kanon-strand naby Vleesbaai uitgespoel het, is vermoedelik ook byvangs. Dit is onder die aandag van die Fransmanshoek-bewarea gebring.

Die Mary Anne-haai-langlynboot langs Mosselbaai se kus


Volgens 'n berig in Die Burger het Kei Heyns, senior veldwagter van die bewarea, gesê die haaikoppe is bymekaargemaak en foto’s is daarvan geneem.


Die afgelope drie weke was kommersiële haai-langlynbote in die gebied. Die bote beskik oor wettige permitte van die departement van landbou, bosbou en visserye om daar te kan visvang. Daar is geen beperking op die afstand wat die bote aan die strand mag kom nie vanweë die hengelmetodes wat hulle gebruik.
Volgens hom is mense van die gebied egter bekommerd oor die vonds. “Dit is ontstellend om dit te sien
omdat die see daar is vir almal se gebruik,” sê hy.

haaikoppe2

Related Articles:

Related Articles:

Comments  

0 #1 ikaxurihi 2020-09-13 19:11
Buy [censored]: http://mewkid.net/when-is-xuxlya/ [censored] 500mg Capsules jnn.zjgh.mosselbayontheline.co.za.nzq.xr http://mewkid.net/when-is-xuxlya/
Quote