Skorpios Security Beach House Restaurant Property Pointer Top Up Service Station Ponto Grille and Carvery Wolwedans Game Farm Reflexions Professional Hair Oyster World Delfinos.Passion for food-Passion for life

 

MosselbayonTheline | First With The News

GENOEG is GENOEG! George neem leiding met reuse-veldtog teen korrupsie in Suid-Kaapse regeringsektore 

Deur Jackie Kruger 01 September 2018 07:17

’n Leefstyloudit moet gedoen word van amptenare wat oënskynlik bo hul vermoëns leef.

Só het genl.maj. Oswald Reddy, gebiedshoof van die polisie in die Tuinroete, Vrydag gesê toe ’n veldtog teen korrupsie in alle regeringsfere in George in die Suid-Kaap afgeskop het.

Die veldtog is ’n inisiatief van die regering se kommunikasie- en inligtingstelsel (GCIS) in die Suid-Kaap.

Ten tyde van die bekendstelling van die veldtog by Eenheidspark aan die bopunt van Yorkstraat, het talle polisiebeamptes, personeel van die departement van korrektiewe dienste (DKD) en ander staatsdepartemente plakkate teen korrupsie en
gesinsgeweld geswaai.

Stadsraadslede en munisipale amptenare ook gewaarsku dat hulle vir die res van hul lewe die etiket daarvan sal moet saamdra as hul skuldig bevind word aan korrupsie.


Reddy het onder meer gesê korrupsie is ’n plaag wat die gemeenskap bedreig, die armes ontneem van wat hulle
toekom en die rykes verryk.

Volgens hom bevat die polisiediens se teenkorrupsieplan vier hoekstene, naamlik voorkoming, opsporing, ondersoekwerk en streng optrede teen polisiebeamptes wat hul aan korrupsie skuldig maak.


“Korrupsie word geensins geduld nie,” het hy bygevoeg.

Volgens hom kan die geveg teen korrupsie gewen word deur onder meer fluitjieblasers te beskerm, leefstyloudits te doen van beamptes of amptenare wat skynbaar bo hul vermoëns leef en deur korrupsie by die tolvrye nommer 0800 701 701 aan te meld.

Hy het ook verwys na onlangse kindermoorde in Kaapstad en gesê die siklus van geweld moet gebreek word.

“Mense moet uitpraat oor die misbruik van vroue en kinders en gesinsgeweld.”


Charlotte Clarke, George se onderburgemeester, het in haar toespraak onder meer gesê die gevaar bestaan dat korrupsie genormaliseer kan word.


Sy het ’n beroep op ouers en veral ma’s gedoen om standpunt teen korrupsie in te neem en hul kinders te leer om verantwoordelik op te tree.

“Onthou, ons kinders is die ouers en leiers van die toekoms. Ons moet hulle leer om verantwoordelike burgers te word.”

Sy het stadsraadslede en munisipale amptenare ook gewaarsku dat hulle vir die res van hul lewe die etiket daarvan sal moet saamdra as hul skuldig bevind word aan korrupsie.


George

Foto: Polisiebeamptes en ander staatsamptenare swaai plakkate teen korrupsie in George.  Foto: Jackie Kruger

Lees ook: 

Related Articles:

Die uiters vreemde stilswye oor die moontlikheid van 'n samesmelting tussen Mosselbaai en George-munisipaliteite duur voort . . . veral in die lig daarvan dat Mosselbaaise inwoners baie bekommerd is oor die impak wat dit kan hê.

Mosselbaai 2
 
Mosselbayontheline het op Maandag 20 Augustus 2018 die volgende vrae aan Mosselbaai se munisipale bestuurder, adv. Thys Giliomee; strategiese bestuurder en munisipale woordvoerder, mnr Colin Puren en mediawoordvoerder Rowena Hendricks ge-epos. Tot op hede is geen terugvoering of erkenning van ontvangs van enigeen gekry nie . . . 

Beste adv. Giliomee, mnr. Puren en me. Hendricks 
August 20, 2018 4:52 PM

Die gewelddadige betogings in Mosselbaai en veral George, asook die swak prestasies van verskeie Wes-Kaapse munisipaliteite, waaronder George en Eden Distriksmunisipaliteit, laat noodwendig vrae en vrese by inwoners ontstaan - veral ten opsigte van planne om moontlik met George Munisipaliteit saam te smelt om 'n metropool te vorm. 

Inwoners beweer hulle kry nie antwoorde op hul vrae nie en is bekommerd oor die implikasies wat so 'n samesmelting kan teweegbring. Daar was tot op hede ook geen terugvoering op 'n versoek van die ACDP om die planne in die lig van bg. te laat vaar nie; of op 'n ope brief van 'n leser om meer duidelikheid rondom die implikasies van 'n metropool op spesifiek Mosselbaai se inwoners te kry nie. 

Die volgende vrae is deur verskillende lesers aan ons gestuur na aanleiding van 'n raadsbesluit in Februarie 2018 dat 'n konsultant aangestel word om die moontlikheid van 'n metropool te ondersoek en dat adv. Giliomee die magtiging het om gesprekvoering met George Munisipaliteit hieroor te voer. 

1. Is daar al 'n konsultant aangestel? Indien wel, waar is die verslag? 
2. Wat behels adv. Giliomee se magtiging hieroor en het enige sodanige gesprekvoering met George Munisipaliteit al plaasgevind? 
3. Hoekom is daar ná vier maande steeds geen terugvoering hieroor aan die publiek gegee d.m.v. 'n persverklaring om hul op hoogte te hou nie? 
4. Hoe sal die struktuur in so 'n geval werk en watter finansiële impak sal dit veral op Mosselbaaise belastingbetalers hê? 

Baie van die lesers se vrae is oorvleuelend en die vrae in dié ope brief hieronder vat die res van die vrae saam: 


Proposed metro for Mossel Bay, George 


Mossel Bay Advertiser · 8 Jun 2018 · 

Chris Disney, a property owner in both George and Mossel Bay municipalities, writes : 


I am responding to ex-DA councillor Flip du Plessis' letter of Friday, 11 May. 


I commend the DA-led Mossel Bay Municipality on a job well done, however, I find it disappointing that one of their ex-councillors went as far as to criticise not only the ACDP councillor Jeanette Gouws but as well, to belittle the leader of the ACDP, Pastor Kenneth Meshoe, by saying the party should have been dissolved after the 1994 elections. 

Whether he likes it or not they are still around and are still doing a sterling work in Parliament, be it only with three representatives. 


Ex-councillor Du Plessis needs to understand exactly what proportional representation means. 
It does not mean that the controlling party can make decisions without there being any input from the minority parties. 


I believe the public is entitled to know of any misgivings and Councillor Gouws had not only the right to bring to attention any misgivings she might have but at the same time she had a responsibility to her voters to advise of any moves, be they right or wrong. 

At this stage, I believe it is important to advise the public of the mooted merger of the municipalities and of any probable problem areas that might be experienced. 

I believe most people are aware Mossel Bay Municipality is well-run and in good financial standing, however, many would not be aware of the standing of George Municipality especially 
as there would seem to have been some misgivings, with raids on the municipal offices by the Hawks. 

Furthermore, my understanding is that by upgrading the two municipalities to a metro there would be some adjustment to salary structure which would cause additional expenditure and at the same time I would assume that certain duplication of positions would be done away with. 

Questions:
 
1. Which leadership would take up responsibility of leading the metro, or would the two municipalities still continue to operate independently? 
2. How is this likely to affect the proportional representation of the smaller parties, especially with the elections in the next year. 
3. I would also like to know if there are any further proposals to merge, say Oudtshoorn, Knysna and so on in the near future. 

I sincerely hope that this merger is not in order to bolster the George Municipality at the expense of Mossel Bay Municipality as was the case when the well-run Centurion Municipality was merged with Pretoria to from the Tshwane Metro.
 
Bostaande vrae en vrese  is billik en regverdig en ons glo nie die Mosselbaai Munisipaliteit sal 'n probleem hê om dit amptelik te beantwoord om die publiek ingelig te hou nie? 
 
By voorbaat dank.
 
 
We tackle issues, not individuals to help find solutions

Adv. Giliomee het wel op 'n FB-plasing daarop reageer en was glo ontsteld omdat die spesifieke vrae op ons webblad gevra is, maar het steeds die vrae omseil . . . nadat daar sedert Februarie geen terugvoering gegee is op 'n besluit wat op 'n raadsvergadering geneem is nie? 
 
 
Ons het reeds in Maart 'n blits-opname op FB gedoen om lesers se gevoel oor 'n moontlike samesmelting met George te toets, en die reaksie was oorweldigend negatief en mense het nie gehuiwer om hul teenstand daarteen op verskillende FB-groepe uit te spreek nie. Sedertdien is daar egter geen amptelike terugvoering hieroor van munisipale kant gegee nie, hoewel die ACDP dit in die raadsaal teengestaan het en briefskrywers se vrae nooit beantwoord is nie.  

https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2105306759700580?
 
 
 
 
Related Articles:

Altesame 21 informele nedersettings in Mosselbaai gaan formele dienste ontvang en meer as 4 000 gedienste persele sal aan kwalifiserende begunstigdes oorgedra word.

Deur Jackie Kruger 29 Augustus 2018 06:17

Dit is van die inligting wat aan die lig gekom het op ’n vergadering van die Mosselbaaise munisipaliteit op

7 Augustus met inwoners van Aslapark en omliggende gebiede waar protesoptrede in Julie voorgekom het.

In die eerste fase in die 2018-’19-boekjaar sal ’n tydelike gebied vir hervestiging geskep word met 250 gedienste persele en nuwe strukture. Die fase sal in 2019 voltooi word. 

Die eienaar van die eiendom sal verantwoordelik wees vir die koste van die herinstallering.

Gedurende fase 2 in die daaropvolgende boekjaar sal die informele nedersettings Emfuleni/Marikana, Transand-kamp, Asla E en Asla C geformaliseer word, en in die 2020-’21-boekjaar die nedersettings Sinethemba, 7de Laan, Asla A, Asla D, Gwentswana, PA Camp en Wolwedans as deel van fase 3.

Volgens die munisipaliteit sal die opknapping van informele nedersettings so naby as moontlik aan die huidige ligging van die nedersettings gedoen word om die minste ontwrigting te veroorsaak en die koste van grootmaat-dienste-infrastruktuur te beperk.


onluste

Foto: Oproerige inwoners word deur polisielede in toom gehou tydens die gewelddadige protesoptredes in Julie vanjaar in Aslapark.

Hoewel die nasionale en provinsiale regering verantwoordelik is om grond vir behuising te vind, het die munisipaliteit begin met ’n proses om ekstra grond te koop vir die projek.

Die munisipaliteit het verder onderneem om ondersoek in te stel of 70 elektrisiteitsmeters wat in die 2017-’18-boekjaar verwyder is weens vandalisme of peutery, weer hergebruik kan word. Die eienaar van die eiendom sal verantwoordelik wees vir die koste van die herinstallering.


Verder is die munisipaliteit besig om vraghouers op te knap vir ekonomiese infrastruktuur.

Formele strukture vir kleinsakeondernemings sal in Mayixhalestraat ontwikkel word as deel van die Violence Prevention Through Urban Upgrading-projek.

Ná konsultasie met belanghebbendes sal die munisipaliteit ook ondersoek instel na die moontlike afbakening en formalisering van meer stalletjies vir informele handelaars.


Nog ’n vergadering sal voor 30 September gehou word.

https://www.netwerk24.com/nuus/munisipaliteite


Lees ook: 

Related Articles: