Ponto Grille and Carvery Reflexions Professional Hair Wolwedans Game Farm Top Up Service Station Beach House Restaurant Skorpios Security Oyster World Delfinos.Passion for food-Passion for life Property Pointer

 

MosselbayonTheline | First With The News

'n Dringende waarskuwing word aan alle inwoners en besoekers in die Mosselbaai-omgewing gerig:

'n Hoogs aansteeklike en ongeneeslike virus het in Mosselbaai posgevat en oornag na die hele Suid-Kaapse omgewing versprei.

Volgens kenners is daar in dié stadium nog geen geneesmiddel of kuur om selfs die simptome te verlig nie.

Die oorsprong van die virus is nog onbekend, hoewel dit seisoenaal is en altyd in Desember toeslaan wanneer hordes besoekers op Mosselbaai se strande en strate toesak . . . Kinders en volwassenes is ewe vatbaar vir die virus, hoewel tieners blykbaar die ergste getref word. 
Dit is ook onseker of dit watergedrewe is, hoewel die seewater geneig is om die simptome te vererger.

Volgens kenners is die virus gelukkig nie dodelik nie, hoewel dit gewoonlik drie tot vier weke neem om uit te woed . . . en dikwels daarna tot aanvalle van melankolie kan aanleiding gee . . .

Simptome sluit verhoogde vlakke van uitbundigheid, energie, lewenslus en lewensvreugde in, maar kan ook oormatige dors en oordrewe ontspannenheid veroorsaak.

Dit gaan gewoonlik gepaard met 'n ernstige aversie vir skoene en "benoude" klere . . . en kan ook lei tot velverkleuring wat pynlik kan wees en kan wissel van pienk, rooi, rooibruin tot donkerbruin wat ook na sowat 'n maand weer begin verdwyn.

Diegene wat bang is om aangesteek te word, moet mense met bogenoemde simptome asb. vermy, hoewel dit MOEILIK gaan wees, want die virus het blykbaar dwarsdeur die hele Suid-Kaap versprei . . .

Die virus slaan gewoonlik toe op sonryke kusdorpe met 'n ryk en gesonde marienelewe wat deur uitsonderlike natuurskoon gekenmerk word . . .

NS. Die beeldmateriaal kan dalk sensitiewe kykers ontstel vanweë die sigbaarheid van die simptome. 
Só lyk die simptome van Mosselbaai se dodelike Vakansie-virus in beeld . . . 

Ons erken ons is lankal deur die virus aangesteek en het soveel beeldmateriaal van die "simptome" dat ons dit in sarsies sal moet plaas  
Vandag se lekker sonskynweer het almal see toe gelok en dus sal ons met die volgende plasing ook ander nuus insluit - nou wil ons eers ALMAL aansteek! 

 
 Die virus het binne enkele dae sowat 122 000 mense landwyd aangesteek, terwyl dit nog LANK nie uitgewoed is nie . . . 

Related Articles:

Add comment

No abuse, no discrimination, no foul language


Security code
Refresh