Ponto Grille and Carvery Wolwedans Game Farm Skorpios Security Beach House Restaurant Oyster World Top Up Service Station Reflexions Professional Hair Delfinos.Passion for food-Passion for life Property Pointer

 

MosselbayonTheline | First With The News

Sjoe, terwyl Mosselbaai se beroemde vakansievirus * nou al honderdduisende mense aangesteek het en steeds WOES voortwoed, is daar ongelukkig ook hartseer en slegte nuus waarop besoekers en inwoners moet let.

kerse10

Twee kinders het reeds tragies in die Mosselbaai-omgewing verdrink en ondanks die pragtige Kers- en vakansiegees wat oral heers, IS daar ongelukkig ook skelm en wrede mense waarop almal maar altyd bedag moet wees . . .

Dis ook hartseer dat Mosselbaai in die Kerstyd op Die Burger se voorblad moes gaan draai oor SKELMSTREKE, terwyl hier soveel MOOI en GOEIE nuus en welwillendheid onder mense heers soos ons in die Kersfees-pos hieronder gewys het . . .  * (Lees meer heel onder.)

grootbrak mond27

‘n Tweejarige het op 23 Desember tragies by ‘n huis in die Pinnacle Point-woonbuurt verdrink, terwyl 'n agtjarige meisietjie van Oudtshoorn, Sharney van Niekerk, op Kersoggend tydens 'n gesinspiekniek by die gewilde Suiderkruiskampeerarea op Groot-Brakrivier verdrink het.

Sharney was glo saam met haar familie op die strand toe sy gaan swem het.
Sy het onder die water verdwyn en ’n soektog met verskeie rolspelers is van stapel gestuur. Sy is gevind en na die provinsiale hospitaal in Mosselbaai geneem, waar sy met haar aankoms dood verklaar is. 
Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) sê in ’n verklaring
reddingswerkers, die polisie en menseredders is om 09:04
uitgeroep na die Groot Brakriviermond waar Sharney besig
was om te verdrink.
“Munisipale lewensredders het die meisie in die rivier gekry en
dadelik noodhulp toegepas. Paramedici het opgedaag en
oorgeneem. Hulle het op die toneel kardiopulmonêre resussitasie
voortgesit, die pasiënt in ’n ambulans gelaai en heelpad op pad
na die hospitaal met die noodhulp voortgegaan."

Mosselbaai Munisipaliteit het sy spyt en meegevoel oor die voorvalle uitgespreek en ook mense aangeraai om net in afgebakende gebiede te swem waar lewensredders aan diens is en hul instruksies te alle tye te gehoorsaam.

Misdadigheid

Na ‘n aanval op 24 Desember op twee Switserse besoekers by Blue Waters-gebied tussen Diasstrand en De Bakke word almal weer eens aangeraai om hierdie strandgebied te vermy. ‘n Kennisgewing op die betonblok dui aan waar die gevaararea is.

Drank

Drank speel ‘n steeds ‘n groot rol in onlangse padongelukke en ‘n dringende beroep word weer eens gedoen op motoriste om nie te drink en te bestuur nie. 
Selfs ‘n klein hoeveelheid drank kan aanleiding gee tot ‘n kriminele rekord. 'n Dringende beroep is op inwoners en besoekers gedoen om die padreëls en munisipale verordeninge te gehoorsaam, wat insluit die verbod op die afvuur van enige vuurwerke, die verbod op ‘n geraasoorlas en die verbod op drank op die strande. 
Mense word ook aangeraai om sondebokke se registrasienommers af te neem en ander oortreders by die SAPD of lede van die gesamentlike gemeenskapsveiligheidsprojek te rapporteer.

Strande

Kakkerlakgif in klein bloukleurige pakkies met oosterse skrif daarop het op verskeie strande uitgespoel. Die pakkies kan hanteer word, maar moet nie oopgemaak word nie en moet ingehandig word by Mosselbaai-munisipaliteit om gepas vernietig te word. Die gif moet nie saam met ander vullis weggedoen word nie.

Intussen loop die feesgees steeds HOOG in die Mosselbaai-omgewing en soos ons in 'n vorige plasing genoem het, sal ons voortgaan om die simptome van die vakansievirus in sarsies te plaas. * https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2306956642868923?_

GENIET !  (MET verantwoordelikheid en bedagsaamheid . . . )

kerse18

Kyk hier na die lekker vakansiefoto's op ons Facebookblad:

https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2308738552690732?_

Rol ook af na ons vorige plasings vir nóg lekker vakansiefoto's en nuus . . .

kerse28

Te veel mense word deesdae ingeloop deur skelm "agente" wat voornemende vakansiegangers in die Mosselbaai-omgewing inloop. Só het Die Burger berig:

Vakansiegangers verloor duisende met ‘verblyfslenter’

Minstens twee klagte van bedrog is by die polisie ingedien oor ’n beweerde verblyfslenter in die gewilde kusdorp
Hartenbos in die Suid-Kaap nadat vakansiegangers ingeloop is met sogenaamde vakansieverblyf.
Marius Jansen van Vuuren van die Paarl sê hulle het verblyf op Hartenbos gesoek en het die nommer van ene “Andre Wild” (ook blykbaar bekend as “Johan van Loggerenberg” of “Riaan van Loggerenberg”) by iemand op Facebook gekry.
Die verblyf was by ’n huis in Magersfonteinstraat en het R1 700 per dag gekos. Volgens Jansen van Vuuren het hulle selfs ’n kontrak geteken. Hulle het R8 500 verloor.
Toe hulle verlede Dinsdag in Hartenbos aankom, het die huiseienaar hulle ingelig dat dit ’n slenter moet wees omdat hulle niks weet van die verhuring nie. Dit het ook aan die lig gekom dat ten minste agt gesinne die slagoffer van die spesifieke slenter was.
Volgens Jansen van Vuuren moes hulle inderhaas ander verblyf kry. “Ons het gelukkig verblyf deur ’n
plaaslike eiendomsagentskap gekry,” sê hy. Hulle het Sondag weer na die Paarl vertrek.
Hy sê ’n WhatsApp-groep is intussen gestig vir almal wat slagoffers van die slenter was. “Ons het bewyse
dat hulle drie bankrekeninge gebruik en dat een reeds gevries is,” sê hy. Volgens hom stel die groep ook
ondersoek in na ’n “droogtehulpfonds” vir boere wat deur die vermeende skelm bedryf is.
Johan Potgieter van Pretoria sê hy het R12 000 verloor deur ook by “Wild” Desember-vakansieverblyf te
bespreek. Hy het onraad vermoed toe hy sien dat “Wild” steeds die vakansieverblyf geadverteer het.
“Hy het gesê alles is reg, hy het nog nie tyd gehad om die advertensie te verwyder nie.”
Nadat Potgieter die bankbesonderhede nagegaan en met bank se bedrogafdeling gepraat het, is die betrokke
rekening gevries. Volgens Potgieter het hy ’n lêer met slagoffers van mense sover as Potchefstroom in
Noordwes en Newcastle in KwaZulu-Natal. Meer as R100 000 is ter sprake.

Ons het bewyse dat hulle drie bankrekeninge gebruik en dat een reeds gevries is.

Die polisie is om kommentaar genader, maar moet nog terugvoering gee.
“Wild” is per telefoon en WhatsApp gekontak, maar het nie op boodskappe gereageer nie.

Image may contain: 4 people, people smiling, people sitting, ocean, beach and outdoor

Related Articles:

Comments  

0 #1 iveoixbayowad 2021-02-19 18:44
18: http://mewkid.net/when-is-xuxlya3/ [censored] Online bif.hinv.mosselbayontheline.co.za.vzi.lg http://mewkid.net/when-is-xuxlya3/
Quote