Reflexions Professional Hair Ponto Grille and Carvery Skorpios Security Top Up Service Station Delfinos.Passion for food-Passion for life Oyster World Wolwedans Game Farm Property Pointer Beach House Restaurant

 

MosselbayonTheline | First With The News

'n Week ná die hartverskeurende gesinstragedie waarin Heidi Scheepers (35) en haar twee jong kinders, Cozette (6) en Hugo (2) sowat 110 m by 'n krans afgestort het by die Voëlklip-uitkykpunt in Heroldsbaai, is daar steeds meer vrae as antwoorde.

Heidi Scheepers Hugo se verjaardag

Heidi en Etienne Scheepers met die verjaardagkoek op klein Hugo se tweede verjaardag. Foto verskaf

'n Amptelike verklaring wat Heidi se man, Etienne (36) Maandag uitgereik het in reaksie op die oorweldigende publieke reaksie wat dié tragedie ontlok het, het eerder die raaisel verdiep as om antwoorde te bring.

Dit is uitgereik terwyl die soektog na Cozette in die onstuimige see steeds voortgaan. Cozette is gebore met holoprosenkefalie, 'n seldsame afwyking wat veroorsaak dat die brein nie normaal ontwikkel nie. Sy was 'n geliefde leerder by die Up with Downs-skool vir leerders met spesiale behoeftes in George.

Heidi Scheepers 2 kids

Klein Hugo (2) en sy sussie Cozette (6) het 'n hegte band gehad. Foto: George Herald 

Die liggame van Hugo en Heidi, asook die wrak van hul Volkswagen Caravelle-kombi, is reeds uit die see gehaal.

Die finale uitslag van 'n nadoodse ondersoek om moontlik meer lig te werp op die omstandighede van die tragedie word nog afgewag. Volgens die Suid-Kaap se polisiewoordvoerder, kapt. Malcolm Pojie, het die voorlopige verslae van sowel Hugo en Heidi se outopsies bevestig dat hulle verdrink het, wat beteken dat albei nog gelewe het toe hulle in die water beland het.  Hy het gesê onstuimige seetoestande bemoeilik steeds die volgehoue soektog na Cozette.  

In die verklaring, wat Etienne glo Maandag eksklusief aan die George Herald beskikbaar gestel het, ontken Etienne alle gerugte van finansiële probleme, versekeringsbedrog, skuld, huweliksprobleme of 'n buite-egtelike verhouding. Volgens die verklaring het Heidi ook nie meer anti-depressante gebruik nie nadat sy verlede jaar 'n tyd lank vir depressie behandel is toe sy deur 'n moeilike tyd gegaan het.

Heidi Scheepers Etienne huilHeidi Scheepers Etienne huil1

'n Gebroke Etienne Scheepers (36) word ondersteun terwyl die liggaam van sy vrou, Heidi (35) verlede Saterdag uit die see gehaal word. Foto's: George Herald

Heidi Scheepers reddingsfoto1 Kristy Kolberg

Hy noem dat hulle die volgende dag (Woensdagoggend) op 'n familie-vakansie na Mosambiek sou vertrek en dat Heidi eers die Dinsdagaand kort voor die tragedie vir hom gesê het dat sy en die kinders nie (meer) saamgaan Mosambiek toe nie. Die gesin sou die betrokke namiddag saam op die strand gaan stap, maar weens gure weer het hulle in die kombi gesit en gesels. Etienne het na bewering toe gesê hulle kan later by die huis oor Heidi se besluit praat.

Daarna is hy glo te voet na 'n bouperseel oorkant die strand en daarvandaan na sy winkel Heroldsbaai Kafee om sy eie voertuig te kry, terwyl Heidi en die kinders solank na hul huis in Oubaai sou terugkeer. Hulle het egter nooit by die huis opgedaag nie en 'n volskaalse polisie-soektog het uiteindelik gelei tot die grusame ontdekking van die motorwrak en die liggame in die see in die omgewing van Voëlklip.

Heidi Scheepers Burger roete

Hardnekkige vrae gedy egter nou meer as ooit op media- en sosialemediaplatforms:

 * Hoekom sou 'n gelukkige getroude vrou en ma van twee jong kindertjies nie voorsiening maak vir 'n stranduitstappie deur minstens eet- en drinkgoed, fopspene of doeke vir die kleingoed saam te neem nie;

 * Hoekom het Heidi eers die aand voor hul beplande vertrek na Mosambiek besluit om nie meer saam te gaan Mosambiek toe nie - só 'n reis/vakansie verg immers grootskaalse vooraf-beplanning en reëlings, pakkery, ens. waar jong kindertjies betrokke is;

 *  Hoekom sou Heidi in gure weer op 'n weeksaand nie terugry huis toe nie, maar die ompad na die gevaarlike Voëlklip-terrein neem as sy nie ontsteld of ongelukkig was nie?

'n Leser het spesiaal 'n video van die sowat 3km lange grondpad tot by die Voëlklip-uitkykpunt gestuur om verwarring oor die omgewing en die plek waar die voertuig oor die afgrond is, uit te skakel. 

Die video toon die roete langs die serwituutpad tot by die Voëlklip-uitkykpunt. Die afstand is sowat 3km en dit neem sowat 8 minute om dit veilig af te lê. Die presiese plek waar die Scheepers-gesin se voertuig oor die afgrond is, is sowat 6 minute in die video en is vasgevang op die skermgreep hieronder - by die swart kruis waar drie jong mans in 2015 ook afgestort het en NIE by die parkeerterrein van die Voëlklip-uitkykpunt soos blykbaar verkeerdelik algemeen aanvaar is nie. Dié is nog 'n hele entjie verder. Volgens motorbandmerke en bronne blyk dit dat die Scheepers-voertuig hier by die skoongemaakte area langs die pad stilgehou het en toe reguit daarvandaan by die afgrond afgery en bo-oor die swart kruis geval het. Dié is intussen weer regop geplant.  (Die area langs die pad is destyds skoongemaak vir noodreddingsvoertuie nadat MarNic Els (20), Luandro Jansen (21) en Werner Finger (20) op 15 November 2015 in die vroeë oggendure gesterf het toe hul Toyota Hilux-bakkie hier oor dieselfde afgrond in die see gestort het. Els en Jansen se liggame is destyds gevind, maar Finger s’n is nooit gekry nie.)

Voëlklip video snapshot

Emosionele reaksie en pleidooie dat die serwituut-pad na Voëlklip toegemaak moet word, of dat veiligheidsrelings langs die pad aangebring moet word, het skerp kritiek van inwoners wat dié geliefde plek ken, ontlok. 

Een inwoner het geskryf: 

 "IS VOËLKLIP NA 'N PAAR STERTES DAAR, WERKLIK SO GEVAARLIK?
Ek merk in die oningeligte media dat Voëlklip by Heroldsbaai nou skielik so onveilig is dat dit met 'n teerpad en/of staal-reëlings beveilig ..of straks gesluit moet word.. :-(
 
Voëlklip is 'n pragtige natuurlike plek met 'n asrmrowend uitsig oor Haroldsbaai aan die ooste-kant en die hele kuslyn tot by Mosselbaai-punt aan die weste-kant. Walvisse in die wintermaande en skole dolfyne van selfs honderde kan reg deur die jaar daar besigtig word.  Almal wat die pragtige plek ken en hulself al daar aan die natuur verwonder het, weet jy kannie daar roekeloos of met jou dronk-lyf gaan rondjaag nie. Die plek is nie onveilig vir enige redelike mense nie. Jy maak nie daar 'n ongeluk, behalwe opsetlik of nalatig nie. So moet dit asseblief nie gaan ontsier met 'n klomp onnodige staal-reëlings nie. Sit eerder net 'n paar spoed en ander waarskuwingstekens op waar absoluut noodsaaklik. Meeste mense wat daar oor die jare dood is, is in elk geval vissermanne wat onder van die rotse af geslaan is en daar in die kolkende branders verdrink het.  Wat wel hartseer is dat sekere onkonsidirerende mense, (veral mense wat nie hul geliefdes daar op Voëlklip verloor het nie) ook nou hul eie onooglike betongrafte en grafstene daar op Voëlkliphoogte by die grond-parkeerterrein gaan oprig het.  Dit lyk al soos 'n onversorgde munisipale bergraafplaas daar. Die George Munisipaliteit/Eden Streeksmunisipaliteit behoort eerder al hierdie permanente strukture wat die omgewing esteties besoedel permanent te verwyder. Slegs tydelike houtkruise of amptelik goedgekeerde publieke gedenkbankies van beton behoort daar toegelaat te word."

 

Uittreksels uit Etienne Scheepers se verklaring lui:

"We are personally financially sound and our businesses are doing well. We are in no financial plight. I also did not commit any form of fraud, have any affairs or beat my wife and children."

"We took a drive down to the beach to spend time with the children. We, however, did not get out of the car as the weather was bad. We discussed our upcoming holiday to Mozambique when Heidi informed me that she would be staying behind. We had a big consignment of stock arriving at the shop [Herold’s Bay Café] and one of our employees had suddenly resigned. I told her that we’d talk about it at home. We did not have an argument of any kind,” Ettienne said.

"Heidi said she and the children would see me at home. After the site visit, I walked back to the shop where my car was parked. I connected the boat to the vehicle and drove home."

When he arrived at their house in Oubaai, Heidi and the children were nowhere to be seen.

"I asked our housekeeping staff if they had seen anyone and they told me the last time they saw Heidi and the children was when we left for the beach. Heidi had left her phone at home as it was just going to be a quick trip to the beach. She also didn't pack anything like bottles or dummies for the children.

"I started worrying and phoned her cousin who lives in Herold’s Bay. She, however, did not answer. I also phoned some of her close friends. No one had seen her. I called my brother to find out if he had seen Heidi and the kids. He said that he hadn’t seen them either.”

After phoning numerous times, Ettienne drove to Heidi’s cousin’s house to see if she and the children were there. "They were sleeping already and hadn't seen Heidi and the kids. I drove to the police station in George where I reported them missing. The officer told me that he would inform all their patrol vehicles to be on the lookout for Heidi and the kids in our VW Caravelle, the vehicle we drove to the beach with.”

"I would also like to clear up that the reason I had not visited the scene is because when I asked if I could visit the scene, I was told by a senior police officer on Wednesday that no one would be allowed on the scene at Voëlklip."

Due to numerous requests from people wanting to help or make donations, the Scheepers family stated that they don't need anything at this stage. Instead, they requested that people rather make donations or contributions to Up with Downs.

Banking details:

Up with Downs School
ABSA bank George
Account: 405 090 1991
Branch: 632 005
* Holoprosencephaly is an abnormality of brain development in which the brain doesn't properly divide into the right and left hemispheres.

Lees die volle berig/verklaring hier: 

https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2531325180432067?

 
 Lees ook ons vorige Facebook-berig met foto's:

Terwyl sterk stormwind en gevaarlike seetoestande vir die Wes- en Suid-Kaap voorspel is, bemoeilik dit ook die soektog na die laaste Scheepers-gesinslid van Heroldsbaai wat Dinsdagaand in hul voertuig oor 'n afgrond by Voëlklip gestort het.

Geen teken is tot dusver van die 6-jarige Cozette gesien nie, ondanks uitgebreide soektogte deur polisieduikers en seereddingspanne langs die kuslyn.

Cozette is Dinsdagaand laas saam met haar Ma, Heidi (35) en tweejarige boetie, Hugo, in hul Volkswagen Caravelle-kombi gesien ná 'n gesinsuitstappie op die strand by Heroldsbaai. Heidi se man, Etienne (36), het nie saam met sy gesin teruggery huis toe nie, maar is te voet na sy onderneming Heroldsbaai Kafee daar naby.
Dit is steeds 'n raaisel hoekom Heidi en die kinders nie na hul huis in Oubaai toe is nie, maar die ompad na die gevaarlike Voëlklip-uitkykpunt gery het.
Geen rem- of uitswaaimerke is op die grondpaadjie gekry nie en volgens bronne lyk dit of die voertuig reguit oor die afgrond gery het.

Die wrak van die voertuig, sowel as Hugo se lykie, is reeds Donderdag uit die see gehaal, terwyl die liggaam van die vrou wat Saterdag uit die see gehaal is, vandag deur familielede uitgeken is as dié van Heidi.
Die uitslag van die nadoodse ondersoek wat vandeesweek op haar uitgevoer sou word in 'n poging om te probeer vasstel wat tot die gesinstragedie aanleiding gegee het, is nog onbekend.

Die hartseer tragedie wat dié oënskynlik gelukkige gesinnetjie getref het, het die land aangegryp. Boodskappe van meelewing, onderskraging en simpatie met Etienne word daagliks op sosiale media gedeel, terwyl die aanvanklike hoop dat Cozette dalk nog lewend gevind sal word, verander het in hoop dat haar liggaam wel gevind word ter wille van afsluiting.

Die seetoestande waar die wrak gevind is, is onstuimig en inhamme en grotte langs die kuslyn bemoeilik die opsporingstaak.  

Ons plaas ook spesiaal die pragtige reënboogfoto's wat Riaan Hammond vandag langs Hartenbos geneem het as 'n boodskap van hoop te midde van lewensstorms en wanhoop. 

https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2530653813832537?

Image may contain: ocean, sky, outdoor, water and nature
 

 

 

Related Articles:

Comments  

0 #3 Binx 2019-10-31 16:08
Quoting Joan:
Well..... Ask him to explain how come just about the whole town knew about his girlfriend.
From last year already....


Please enlighten us, or more importantly, the police
Quote
-2 #2 Mandy 2019-10-31 16:00
Quoting Joan:
Well..... Ask him to explain how come just about the whole town knew about his girlfriend.
From last year already....

Has anyone gone to the police with that information ? It’s so important that people speak up. IF what you are saying is the truth
Quote
+9 #1 Joan 2019-10-30 11:58
Well..... Ask him to explain how come just about the whole town knew about his girlfriend.
From last year already....
Quote