Property Pointer Top Up Service Station Reflexions Professional Hair Wolwedans Game Farm Skorpios Security Beach House Restaurant Delfinos.Passion for food-Passion for life Ponto Grille and Carvery Oyster World

 

MosselbayonTheline | First With The News

Die tragiese lewensdrama wat sedert Dinsdagaand die ganse Suid-Kaap in spanningsvolle hoop en afwagting gehou het, blyk ongelukkig wel 'n tragiese einde te hê . . .

George Herald foto

Die Suid-Kaap se polisiewoordvoerder, kapt.Malcolm Pojie, het bevestig dat die liggaam van 'n jong kind uit die water gehaal is by Voëlklip naby Heroldsbaai waar 'n uitgebreide soektog en reddingsaksie sedert Dinsdagaand aan die gang is na die vermiste Heidi Scheepers (35) en haar twee jong kinders, Hugo (2) en Cozette (6).

Heidi Scheepers

Die Scheepers-gesin in gelukkiger tye. Foto: Facebook

Die kinderlykie wat Donderdagmiddag in die see gevind is, is positief geïdentifiseer as dié van klein Hugo. Hy het op die water gedryf en was steeds in sy motorstoeltjie vasgegespe. Die soektog na Heidi en Cozette gaan onverpoos voort.

George Herald foto2

Heidi en die kinders het blykbaar Dinsdagaand spoorloos verdwyn nadat hulle omstreeks 19:00 op die strand op Heroldsbaai naby hul huis gaan stap het. Haar man, Etienne, was blykbaar saam op die gesinsuitstappie omdat hy die volgende dag vir besigheid uitstedig sou wees.

Hy het egter nie saam met hulle in die gesin se donkergrys Volkswagen Caravelle (kombi) teruggery nie, maar met 'n draai huis toe gestap om by hul besighede in te loer. Etienne is die eienaar van die Heroldsbaai Kafee en Heidi behartig die verhuring van vakansieverblyf.

Toe hulle teen 20:00 nog nie terug was nie, het Etienne die Polisie gekontak. Sedertdien is 'n volskaalse soektog na die ma en kinders op tou gesit. Gisteraand is stukke van 'n wrak wat soos die gesin se vermiste kombi gelyk het, onder in die see by Voëlklip gesien. Dit het onmiddellik die vrees laat ontstaan dat hulle by die steil krans afgery en verongeluk het.
Die see was egter gistermiddag te onstuimig om die wrak te probeer herwin.

Image may contain: ocean, sky, outdoor, nature and water

Die spanningsvolle drama het 'n ongekende emosionele reaksie op sosiale media ontlok, aangevuur deur vals gerugte sodat die polisie herhaaldelik 'n beroep op mense moes doen om nie bespiegelinge en vals gerugte te versprei nie.

George Herald foto1

Die joernalis Kristy Kolberg was deurentyd op die toneel en het vroeër vanmiddag bevestig dat sy gesien het hoe personeel van forensiese dienste 'n kindermotorstoeltjie teen die hange van Voëklip opdra met "iets wat soos 'n klein lyfie in 'n wit sak lyk" daarin. Kapt. Pojie het later bevestig dat 'n kinderlykie uit die water gehaal is.

Sy het ook gesê dat Etienne nog nie by Voëlklip gesien is sedert die soektog na sy gesinslede daar begin is nie.

George Herald foto3

Kolberg het 'n tydjie gelede berig die George Herald se webblad gee probleme weens die oorweldigende publieke reaksie en kommentare. Die polisie en noodreddingspanne is steeds op die toneel by Voëlklip om die voertuig, wat vermoedelik wel die gesin se VW Caravelle is, te probeer herwin.

Kapt. Pojie het gesê die ondersoek is in 'n sensitiewe stadium en 'n amptelike polisieverklaring sal uitgereik word sodra hulle meer inligtng het.

Die soektog na Heidi en Cozette duur voort.

Die reddingsdrama het 'n ongekende stortvloed kommentare op sosiale media ontlok en vrese is uitgespreek oor die veiligheid van die Voëlklip-uitkykpunt, wat ook 'n gewilde hengelplek is. Voorstelle is gemaak dat veiligheidsrelings dalk bo die afgrond aangebring moet word.

wrak van Scheepers gesin

Die gebied waar die Scheepers se voertuig gekry is, is naby die plek waar die wrak van die Toyota Hilux-bakkie steeds lê waarin drie mans - MarNic Els (20), Luandro Jansen (21) en Werner Finger (20) - op 15 November 2015 in die vroeë oggendure gesterf het toe hulle by dieselfde afgrond afgestort en in die see beland het. Els en Jansen se liggame is destyds gevind, maar Finger s’n is nooit gekry nie. (Foto bo).

 

wrak van Scheepers gesin1

 Jongste inligting bygewerk:

 

Hugo Scheepers

 'n Gedenkmuur word spesiaal vanaand (25 Oktober) om 19:00 vir klein Hugo Scheepers (2) by sy kleuterskooltjie Little Farm in Heather Park opgerig. Hugo se lykie is gistermiddag uit die see naby Voëlklip gehaal. Die soektog na sy ma, Heidi (35), en sussie, Cozette (6), duur nog voort nadat hul voertuig Dinsdagaand teen 'n afgrond by die Voëlklip-uitkykpunt afgestort het. Die voertuig is intussen herwin, maar geen teken van Heidi en Cozette is nog gevind nie. Hugo se pa, Etienne, het almal wat eer en huldeblyke aan klein Hugo wil betoon, uitgenooi na vanaand se eerbetoning by die skooltjie in Witfonteinstraat 7, Heather Park.

Nog foto's op ons Facebook-blad: 

https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2526355510929034?

Related Articles:

Comments  

0 #1 haulpSaulkfup 2020-09-12 01:19
play slots play casino real casino slots casino real money http://onlinecasinouse.com/#
Quote