Skorpios Security Property Pointer Beach House Restaurant Reflexions Professional Hair Delfinos.Passion for food-Passion for life Ponto Grille and Carvery Oyster World Top Up Service Station Wolwedans Game Farm

 

MosselbayonTheline | First With The News

Amper drie weke ná die wolkbreuk op 29 September 2019 wat miljoene rande se skade aan huise, paaie en infrastruktuur in veral die Hartenbos-omgewing aangerig het, wag 'n paar ontredderde inwoners wie se huise heeltemal verwoes is, steeds op antwoorde.

Dié relatief nuwe huis in die Monte Christo-spogkompleks in Hartenbos is een van 'n paar wat die spit moes afbyt toe die stormwater op dié Sondagoggend soos 'n rivier reg op hul huise afgepyl en plaveistene meegesleur het.

Die ontredderde eienaars moes onmiddellik die huis ontruim en elders tydelike blyplek vir minstens drie maande lank soek terwyl die skade bepaal word en hul verwoeste meubels en besittings stuk vir stuk weggery word. Op die einde het net die basiese skelet van die huis oorgebly - selfs die skuifdeure moes verwyder word weens die skade wat die modderwater aangerig het.

Wanda Horn15 NB

Wanda Horn, wat tydens die wolkbreuk alleen by die huis was omdat haar man elders werk, het in hartverskeurende Facebook-inskrywings haar aanvanklike vrees, skok en totale ontreddering beskryf.

 

Wanda Horn17

Die foto's, videos en FB-inskrywings waarmee sy stapgewys "dagboek" gehou het om emosioneel staande te probeer bly en sin te probeer maak uit die verwoesting, herinner sterk aan die ontreddering van Seemeeupark se inwoners wie se huise drie jaar gelede deur 'n grondverskuiwing verwoes is.  

Wanda Horn16 NB

"Ons hele lewe soos ons dit geken het, is daardie dag binne minute verwoes. Ons moet onsself fisiek en emosioneel opbou. En ek soek antwoorde . . . "

In 'n SAUK-onderhoud met die Mosselbaai Munisipaliteit is die reuse-skade en ontwrigting afgemaak as iets gering wat weer "reg" sal wees sodra "al die stormwaterpype oopgemaak is" . . .   

Vir die inwoners van Monte Christo is dit egter 'n ramp soortgelyk aan dié van Seemeeupark-huiseienaars wat hul lewe onomkeerbaar verander het.

Hoewel die Horn-egpaar se versekering gelukkig die ergste van die sowat R1,2-miljoen se skade en uitgawes dek, is daar ook baie ekstra uitgawes waarvoor hulle uit hul eie sak moet opdok. "Ons moet intussen TWEE huise se munisipale heffings, elektrisiteit, ens. betaal, ons hond en kat moet elders gehuisves word, ons het al meer as 1 000 km heen en weer gery om assessore, ingenieurs en ander belanghebbendes te gaan sien . . . ons het nie net 'n huis verloor nie, ons het letterlik die lewe wat ons geken en hard voor gewerk het, in 'n oogwink verloor."  

Intussen het die egpaar baie onbeantwoorde vrae en wil hulle weet wat gaan gebeur as dit in die volgende paar maande wat die huis moet "uitdroog" wéér hard reën.

"Hoewel die munisipale bou-inspekteur (mnr. Terence Ludick), die Maandag ná die vloed hier was, het hy net gesê dis die pad se infrastruktuur en nie die munisipaliteit se verantwoordelikheid nie . . . Sedertdien het niemand nog enige aanspreeklikheid aanvaar of selfs net 'n hand uitgereik om ons te ondersteun of uit te vind of ons oukei is nie . . .

"Dis al amper drie weke ná die oorstroming en ons weet steeds nie wie aanspreeklik is of wat nou nie", het sy gesê. 

 

16 Oktober 2019: 

Opvolg tot op hede

Ons huis moet nog staan en son en hitte absorbeer. Dit is glo die rus periode, die settle periode. Maar so kom die een kwotasie en koste berekening na die ander, water het groot skade gemaak en modder nog meer.

Ons hoop vir kalmte die vlg 2 weke verder totdat die groot kap, breek en bou begin. En mag die gemoed ook elke dag beter en sterker word.

Dan weereens baie dankie, soveel reik uit en soveel oproepe en boodskappe nogsteeds. Baie dankie. Ek en Theo waardeer elke oproep, boodskap en gesels in die beweeg so baie.
Dankie, duidende dankies.
 
 
 Wanda12
 
 
 Wanda Horn

Very last things to be dumped. Now our home is only a house. A skeleton of what was . . . 

 Wanda HornWanda Horn1
 
 
 Wanda Horn2Wanda Horn4
 
October 9 at 11:29 AM
 

Aaklig om deur jou huis te stap en niks is meer bekend nie, ek stap in en hoendervleis oorval my. Asof ek in n vreemde instap.....

Ek ontvang soveel bdskpe en oproepe en probeer nogsteeds elkeen antw, maar dit sukkel. Ek sal daagliks n opvolg pos dan weet almal waar ons "track". Baie dankie weereens.

Dit het begin . . . 

Image may contain: sky, tree and outdoor
 
 

To my kids, family, friends and FB friends, I can not thank you enough for all the support, calls, messages and just for being there. My house took a bad water knock, the damage is extensive. I had to vacate the house, my puppy is with friends and my kitten with us at mother-in-law. The real damages will only be determined in the following days, but nothing in my house can be salvaged and structures outside have been washed away.
Thank you from the bottom of my heart.

Wanda Horn14 NB

 

Wanda Horn5

 

Wanda Horn6

Wanda Horn7

Wanda Horn8

Wanda Horn9

12 Ure later. En watter hectic deurmekaar dag gewees. Motor was eerste dinge ingeboek ens. En toe kom die oproepe, die baklei, die probeer te laat verstaan aan die ander kant van die lyn wat dit beteken as water enkel diepte deur jou huis is en net modder en slik agterlaat.

Hoe ongeduldig ek as mens raak as beloftes gemaak word, ons bel u oor n uur en daai uur word 3. Dat jy moedeloos raak, jy het nie krag nie, jy verstaan nie hoe mense nie kan verstaan as jy sê, ek het nie n bed om op te slaap nie, my huis stink, my matte vrot, weet jy hoe lyk jou huis as 'n rivier daardeur is?

En ek twee keer in my vuil badkamer gaan staan en net toegelaat dat rou snikke deur jou liggaam ruk, en dan kry jy weer moed. En dan sê jy hardop, kyk net op en weet waar jou hulp vandaan kom. En dan bel jy weer en dan hou jy aan. Dan kom jou kind en gee jou drukkie en sê, mamma is okay, ek is lief vir mamma. En my skoonseun wat my laat lag.......ma kon darem die huis n slag skoongemaak het. Bietjie humor.


Maar teen 5 uur het ons reeds genoegsame antwoorde, ek wag nog vir my roerende bates versekering om net asb more hul beloftes na te kom en my wel te kontak, glo 24 uur voor eis geregistreer en senior konsultant my sal kontak. My huis is vandag onveilig verklaar vir bewoning, ABSA versekering was so flink van hul kant. Assessors, ingeneurs ens was reeds daar, ABSA sal self n rescue en skoonmaak span instuur en alles uitpluk en net die leë huis los en laat rus totdat al die water sy loop en alles gedoen het. Dan sal alles van vooraf begin.

En asb net vir almal sê, my hondjie wat so rondloop en flink daar tussen die video's gehardloop is, sy is veilig en saam vriende op die plaas en gelukkig. Dankie Johan en Sonette.
My kat, Kayla waaroor my hart so seer was, sy is so angstig en bang en sy is vanaand in n "catery" ingeboek. Arme dingetjie verstaan niks nie.

Dan wil ek net weer vir elkeen, vreemdelinge, vriende, kennisse, familie, kinders so baie dankie sê vir jul oproepe, boodskappe, messenger boodskappe, whatsapp's. Jul woorde van bemoediging, krag en ondersteuning, elkeen beteken so so baie. Jul sal nie glo hoe ek dit waardeer nie.

My skoonma, ma baie dankie. Ek het in een dag tot ma se huishouding kom omkrap, baie baie dankie vir n warm bed, warm maaltyd, my net vasdruk. Dankie ma.

Dankie, duisende dankies.

Wanda Horn18 NB

 Lees ook ons vorige en verwante artikels hieroor:

Wolkbreuk rig reuse-skade aan in Mosselbaai/Hartenbos

Onse eie Water-kaskenades van Sondag  29 september 2019 - huiseienaar se humoristiese herskouing

Seemeeuparkers se vrese, verlies en frustrasies word net erger namate hofsaak sloer en nuwe huise verrys

Seemeeupark-huiseienaars eis miljoene nadat hul spoghuise ineenstort

Seemeeupark: Jy word soos 'n sleg ding op straat uitgesmyt omdat kortpad gevat is met die ontwikkeling. Hoe lank moet ons nog wag?

 

 

Related Articles:

Comments  

0 #1 viagra usa 2020-09-03 11:04
viagra usa: https://mymvrc.org/
Quote