Wolwedans Game Farm Beach House Restaurant Ponto Grille and Carvery Top Up Service Station Oyster World Property Pointer Skorpios Security Reflexions Professional Hair Delfinos.Passion for food-Passion for life

 

MosselbayonTheline | First With The News

Ná twee dae sonder ESKOM se kragkapings haal Mosselbaaiers darem weer meer vryelik asem en hoop maar dit HOU so tot ná die vakansie . . . ? 
Maar gasbottels, kerse, flitse, paraffienlampies en baie braaihout moet maar altyd byderhand gehou word, want niemand weet wanneer die ligte dalk weer onverwags afgesit word nie en kenners meen dié kragkrisis kan nog baie erger raak . . .

* Terwyl ESKOM die ligte afsit, word Kersliggies oral aangeskakel en word Kersfees op verskeie plekke op 'n tradisionele manier gevier. Op Klein-Brakrivier leef 'n ou tradisie uit die 70's voort met Kersvader wat op Oukersaand met sy "slee" by huise stilhou en geskenke aan al die "soet" kinders uitdeel, terwyl Suidstraat in Eureka Park, Groot-Brakrivier, al klaar weer saans lyk soos 'n sprokieswêreld met al die huise se Kersversierings wat elke jaar duisende toeskouers lok. * (Meer onder foto's)

Image may contain: 3 people, people smiling, people sitting, child, tree and outdoor

* Die gewilde drywende kerse-fees (Lights & Lanterns) word weer op 21 Desember op die rivieroewer voor die Groot-Brakrivier Polisiekantoor gehou. Bring 'n piekniekmandjie en kom beleef die welwillendheidsfees saam met jou gesin en vriende! * (Meer onder foto's)

Image may contain: ocean, outdoor, water and food

  • Die groot intog van vakansiegangers het die naweek amptelik begin en teen volgende naweek behoort die dorp en strande weer (soos gewoonlik) uit hul nate te bars . . . 
    Almal word gewaarsku om maar vir skoonma of 'n geheelonthouer saam te neem as daar gekuier gaan word, want met die nuwe dronkry-wetgewing kan twee biere jou twee weke in die tjoekie laat beland . . .

    Image may contain: one or more people, ocean, shoes, sky, beach, outdoor, nature and water

  • Riviere
  • Goeie nuus is dat al drie riviermondings - insluitende die Hartenbosriviermond - nou oop en toeganklik is vir die publiek. Die Hartenbosrivier was die afgelope paar weke gesluit vir openbare gebruik weens uitermatige hoë besoedelingsvlakke. Nadat die monding verlede week meganies oopgestoot is, blyk die jongste watermonsterlesings "veilig" te wees vir ontspanningsdoeleindes.     
    * Die stryd om al drie riviermondings - Hartenbos, Klein-Brakrivier en Groot-Brakrivier - deurgaans oop en skoon te hou - blyk al hoe moeiliker te raak weens 'n kombinasie van verskeie faktore en besoekers word gemaan om liefs nie die rivierwater te sluk as dit enige tekens van besoedeling toon nie.

    Image may contain: one or more people, people standing, mountain, sky, ocean, outdoor and nature

  • Misdaad

* Hoewel knap polisiewerk daartoe gelei het dat die twee mans wat voorverlede Sondag by tannie Annelene Massyn (81) se huis in Santos Haven ingebreek en haar aangerand en beroof het, vinnig aangekeer is, word 'n beroep op inwoners én besoekers gedoen om altyd paraat en veiligheidsbewus te wees. Die Tuinroete is NIE immuun teen misdaad nie en gedurende die feestye is almal "sagte teikens" vir opportunistiese boosdoeners.

  • Duwayne Moodien (21) en Shane Alexander (24) het Donderdag in die Mosselbaai landdroshof verskyn op aanklag van huisroof - vier dae nadat tannie Massyn op Sondag 2 Desember 2018 in die vroeë oggendure met die vuis in die gesig geslaan, vasgebind, gedreig en toe beroof is. Een van die twee aangeklaagdes was glo net drie dae uit op parool vir 'n ander oortreding toe tannie Massyn aangerand en beroof is. Die saak is uitgestel tot môre en albei beskuldigdes is steeds in aanhouding * (Meer onder foto's).

    Dwyne MoedienShane Alexander 24 met wit hemp
    Berede Polisieering: 
  • Hondekinders is nie die enigste viervoetiges wat die vakansie ook hul beurt op die strand kry nie. Moenie skrik as jy skielik op 'n perd of twee tussen die duine afkom nie . . . Mosselbaai se bekroonde Gemeenskapspolisieëringsforum span dié feesseisoen ook perde in om die strande te help patrolleer . . en dis nou 'n perd van 'n ander kleur wat 'n skelm nie sommer vir 'n "ride" sal kan vat nie! * (Meer onder foto's).

Image may contain: one or more people, tree, outdoor and nature

  • Hemelhoë Huurmarkpryse:

 Dié tyd van die jaar sit tientalle Mosselbaaiers letterlik op straat omdat hulle hul huurhuise gedurende die Desembervakansie moet verlaat sodat huiseienaars dit teen astronomiese bedrae aan besoekers kan verhuur. Dié onetiese gedrag wat veral aangevuur word deur verhuringsagente wat vakansiegangers "melk" om kommissie te verdien, is nie net erg traumaties vir werkende gesinne wat geen ander tydelike verblyf in seisoentyd kan kry nie, maar skep ook groot probleme en verleentheid vir Mosselbaai se toerismebedryf en geregistreerde gastehuis-eienaars wat aan streng vereistes moet voldoen.

rent

  • 'n Besoeker het dié naweek benoud op sosiale mediaplatforms ander verblyf gesoek nadat die plek wat hulle bespreek het, blykbaar vuil en vol kokkerotte was: 
    December 7 at 5:39 PM
    Hi weet nie of ek hier kan vra nie, maar ons het so pas uit Gauteng hier aangekom en by die Lofts ingeboek. Die kokkerotte vreet ons op, die stort is swart en daar is glad geen eetgerei Is. Is daar iemand wat weet van iets anders wat ons kan huur?

Hoewel inwoners die klaagster dadelik te hulp gesnel het met ander verblyf-aanbiedinge, gebeur sulke voorvalle toenemend omdat daar blykbaar tans geen beheer oor die huurmark is nie en huiseienaars aan geen vereistes hoef te voldoen om hul huise teen hemelhoë pryse aan besoekers te verhuur nie. Daarteenoor moet geregistreerde gastehuiseienaars aan streng vereistes voldoen en het hulle hoë oorhoofse kostes, terwyl gewone huiseienaars se plekke soms soos krotte lyk en die dorp se toerismebeeld groot skade berokken. Ons het verlede jaar soos volg hieroor berig:

 

http://www.mosselbayontheline.co.za/…/14-ongereguleerde-huu…

 

Munisipale Kopkrappers:

DUUR glips: Mosselbaai se oorwegend DA-beheerde raad het 'n aanbeveling aanvaar dat die afgedankte voormalige hoof van finansies, Marius Botha, homself aan 'n prestasie-evaluering onderwerp om te bepaal of 'n prestasiebonus wel aan hom betaal moet word - dit terwyl die Mosselbaai Munisipaliteit reeds bykans 'n halfmiljoen rand se regskoste tot dusver moes opdok in 'n voortslepende hofgeding wat Botha teen die munisipaliteit aanhangig gemaak het oor sy afdanking nadat hy skuldig bevind is op aanklagte van bedrog by 'n vorige munisipaliteit.

 http://www.mosselbayontheline.co.za/index.php/news/breaking-news/174-mosselbaai-munisipaliteit-al-lank-onder-beleg

No automatic alt text available.

Image may contain: 1 person, smiling, eyeglasses

Marius Botha, die omstrede voormalige finansiële hoof van Mosselbaai Munisipaliteit, Marius Botha, wat nou 'n prestasiebonus eis ondanks die feit dat hy tronkstraf opgelê is vir bedrog by 'n vorige munisipaliteit en steeds in 'n hofgeding met die Mosselbaai Munisipaliteit gewikkel is oor sy afdanking in 2017. Marius Botha, voorheen die finansiële hoof van die Karoo-Hoogland-munisipaliteit, is op 1 Desember 2014 aangestel as die hoof van finansies van die DA-beheerde Mosselbaai-munisipaliteit en het destyds die munisipaliteit oor die aanklagte teen hom ingelig.

’n Bepaling is toe in sy dienskontrak aangebring dat sy dienste beëindig "kan" word as hy aan ’n strafregtelike
oortreding skuldig bevind sou word. Sy dienste is nooit beëindig nadat hy in Mei 2017 skuldig bevind is nie, hoewel opposisiepartye wel geëis het dat hy summier afgedank word. Hy, sowel as 'n waarnemende finansiële hoof, is blykbaar egter nog tot September betaal terwyl hy al in die tronk was. Dawid Kamfer, Wes-Kaapse leier van Icosa en ’n lid van die Mosselbaai-stadsraad, het in September 2017 gesê:
"Nie net word ’n salaris betaal aan iemand wat aan korrupsie skuldig bevind is en nou in die gevangenis sit
nie, maar iemand word ook betaal om in sy pos waar te neem. Hoe lank gaan die belastingbetalers se geld nog so verkwis word? Dit is skokkend.”
Volgens Kamfer kon Botha se kontrak beëindig geword het toe hy in Mei skuldig bevind is op die aanklagte teen hom. 
*Die "onwettige" aanstelling van Botha het verder geboemerang toe hy teen sy skuldigbevinding appelleer en Mosselbaai Munisipaliteit boonop aankla van onregmatige afdanking omdat die oorspronklike kontrak wat hy met hulle gesluit het, glo nutteloos is en nie voorsiening maak vir sy reg op 'n regverdige verhoor nie. Die Mosselbaai Munisipaliteit (en indirek belatingbetalers) dok steeds op vir arbeidsadvokate in dié voortslepende saak wat reeds honderde duisende rande beloop.
 
 
 
 Dispuut
 
* Intussen het Mosselbaai Munisipaliteit nou die hulp van die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, Anton Bredell, ingeroep om hom by te staan in 'n dispuut wat Mosselbaai Munisipaliteit teen die Tuinroete Distriksmunisipaliteit verklaar het oor laasgenoemde se aansoek rakende 'n bylae van die wet op afvalbestuur. 

Die nuwe streekafvalterrein naby PetroSA in Mosselbaai was veronderstel om volgende jaar deur B-munisipaliteite in gebruik geneem te word. Intussen word 'n chemiese aanleg op dieselfde perseel ook deur die Tuinroete Distriksmunisipaliteit beplan en moes inwoners voor verlede Vrydag reeds skriftelike kommentaar/besware daaroor lewer, al weet niemand in dié stadium wat die aanleg behels nie. Geen hersoneringsaansoek is ook nog ontvang nie.

Image may contain: 5 people, people smiling, people standing, outdoor and nature

FORMAL DISPUTE DECLARED

Formal intergovernmental dispute declared against Garden Route District Municipality

Friday, 07 December 2018, 11:30
Formal dispute declared 
The George Municipality will be informed that the Mossel Bay Municipality has declared the dispute.
GARDEN ROUTE NEWS - In order to resolve the dispute regarding the application of the District Waste Management By-Law, promulgated by the Garden Route District Municipality, council approved the recommendation that the Mossel Bay Municipality declares a formal intergovernmental dispute against the Garden Route District Municipality regarding the application of the District Waste Management By-Law to Mossel Bay Municipality.

The Mossel Bay Municipality will request assistance in the settlement of the dispute from the MEC of local government, Minister Anton Bredell.

Also, the George Municipality will be informed that the Mossel Bay Municipality has declared the dispute.

The executive deputy mayor, councillor Dirk Kotzé said the declaration was the start of a formal process to safeguard and benefit Mossel Bay ratepayers.
Lees gerus meer hier oor dié debakel waaroor ons al lankal waarsku: 


http://www.mosselbayontheline.co.za/…/183-chemiese-aanleg-v…

* Lees ook dié brief:

No automatic alt text available.


Besorg oor beplande chemiese aanleg
PA du Plessis, skryf:

Mosselbaai-munisipaliteit, in ooreenkoms met Tuinroete-distriksmunisipaliteit het erf 419 by PetroSA vir 'n vaste-afvalstortingsterrein geoormerk. In die Mossel Bay Advertiser (4/08/17) het PetroSA gewaarsku dat die terrein nie teen 31 Julie 2018 vir gebruik gereed sal wees nie. Mosselbaai-munisipaliteit het gewaarsku dat die tender van R1 miljoen buite bereik van 'n "B"-munisipaliteite is.

Minister Bredell het egter gelas dat onderhandelings voortgaan. Dus het vaste-afvalpryse gestyg in November 2016, met 50% omdat die koste vir die daarstelling van die streekstortingsterrein van R15 miljoen na R23,6 miljoen verhoog is.

In die 2017-begroting was 'n verdere 15 % styging.

In die Advertiser (Oktober 2018) word berig dat erf 419 PetroSA deels aangewend gaan word vir 'n chemiese fabriek. Uitvoerende burgemeester Booysen van die Tuinroete-munisipaliteit (EDEN) sê: "Wetgewing sal deurgehaas word ter wille van die die aanleg" en dat die Tuinroete-distriksmunisipaliteit in vennootskap met Mosselbaai-munisipaliteit "gaan nie langer die wette gebruik om ontwikkelingsvoorstelle te belemmer nie".

Erf 419 behoort aan die Tuinroete-distriksmunisipaliteit (EDEN) en sal ontwikkel word volgens hul verordenings en beleide, en nie dié van Mosselbaai nie.

Inwoners moet waak om nie onkant gevang te word nie. Waarvoor gaan erf 419 uiteidelik aangewend word?

Burgemeester Booysen dreig direk die Mosselbaaiers wat "niks" te doen het om "wat wakker te skrik"; "skielik kry hul iets om te doen - soos om beswaar te maak."

Die advertensie in die Advertiser "Voorgestelde langtermyn-huurooreenkoms van 'n gedeelte van erf 419 Mosselbaai" verwys. Wie is die eienaar van erf 419, Mosselbaai of die distriksmunisipaliteit? Belastingbetalers van Mosselbaai moet besware rig aan die munisipale bestuurder, mnr Stratu van die Tuinroete-munisipaliteit, waarom nie aan mnr Giliomee van Mosselbaai nie?

Ek vra die mense van Danabaai, Aslapark, KwaNonqaba en vliegveldarea om beswaar te maak teen die oprigting van sodanige aanleg.

Ons weet nie watse chemiese aanleg dit gaan wees nie. Dit mag nadele vir ons inhou. Onthou die kreosoot aanleg in Groot-Brak wat weens die reuke deur die destydse OD as gesondheidsgevaar verklaar en gesluit is. Onthou die stank in Danabaai van die riool en hondekos fabriek op Mossdustria, die paraffienreuke van PetroSA en die rook van die Louis Fourie-vullisterrein.

Dis nie net onaangenaam nie, dit hou gesondheidsgevare in.

Die Tuinroete-distriksmunisipaliteit departement lugemmisie was nog nie genader om insette te lewer op die beïnvloeding van 'n chemiese aanleg by PetroSA nie.

Munisipale kommentaar:

Mosselbaai-munisipaliteit se woordvoerder, Colin Puren bevestig dat die genoemde erf nie gesoneer is vir 'n chemiese aanleg nie en dat die plaaslike munisipaliteit nog geen aansoek om hersonering ontvang het nie.

Tuinroete-distriksmunisipaliteit reageer:

People have the opportunity to send their comments or objections about the proposed long term lease of a portion of erf 419 in Mossel Bay. Erf 419 will be developed according to the regulations and policies of Mossel Bay Municipality after the public comments or objections have been received.

Other points of clarity

• The Garden Route District Municipality owns erf 419.

• The notice is about the proposed long term lease of a portion of erf 419 which belongs to the Garden Route DM.

Meer inligting en foto's op ons Facebookblad: 

https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2298205700410684?_

Verwante artikels:

Related Articles:

Comments  

0 #1 ledfanL 2020-08-15 12:19
cornelia sexy german pantyhose wife https://twitter.com/hashtag/hosiery holly willoughby sexy tights
Quote