Property Pointer Beach House Restaurant Skorpios Security Ponto Grille and Carvery Delfinos.Passion for food-Passion for life Wolwedans Game Farm Reflexions Professional Hair Top Up Service Station Oyster World

 

MosselbayonTheline | First With The News

Hoe moes sy raai  die man wat haar Maandag ewe vriendelik 'n "lift" hospitaal toe aangebied en toe ontvoer, verkrag en probeer doodry het, is 'n moordbeskuldigde in 'n ander saak? Hoekom loop sulke gevaarlike mans jare lank los rond as hulle van moord verdink word?

Dìt was dié week die woorde van 'n kennis van die 45-jarige Mosselbaaise vrou wat Maandag ná werk na bewering deur 'n inwoner van Sonskynvallei ontvoer, verkrag, beroof en amper doodgery is. Die 46-jarige verdagte wat die volgende dag ná 'n uitgebreide soektog aangekeer is, is een van drie beskuldigdes in die moordsaak van Theresa (Tess) Vister (43) wat in 2013 in Sonskynvallei vermoor is. Ironies genoeg het die drie mans twee weke gelede nog aansoek om regshulp in dié saak gedoen in die Mosselbaaise landdroshof en is die saak toe uitgestel tot 5 Junie.



Foto: Wyle Theresa (Tess) Vister (43) se lewelose liggaam met 'n steekwond aan die nek is op Saterdag 3 Augustus 2013 onder 'n bed in dié huise in Sonskynvallei gevind. Drie mans, onder wie die beskuldigde in Maandag se ontvoeringsdrama, verskyn op Dinsdag 5 Junie in die Mosselbaai-streekhof in verband met haar dood.  (Foto: Mossel Bay Advertiser)

Theresa Tess VisterTheresa Tess Vister huis in Sonskynvallei

Die 45-jarige vrou van Elangeni in KwaNonqaba het Maandag buite haar werkplek in die Langeberg-winkelsentrum 'n geleentheid kliniek of hospitaal toe gesoek toe die man haar in sy Ford Bantam-bakkie met 'n Oos-Kaapse registrasienommer oplaai. Pleks van kliniek/hospitaal toe te ry, het hy op die N2 met haar weggejaag, haar met 'n mes gedreig en van haar selfoon en R100 kontant beroof voordat hy haar fisiek gemolesteer en tegnies verkrag het. Die getraumatiseerde vrou kon daarin slaag om uit die bewegende voertuig te spring toe hulle in 'n stadium stadiger gery het. Die bestuurder het haar egter met die bakkie probeer omry en bo-oor haar voet gery voordat hy op 'n plaaspad in die Mosselbaai-omgewing weggejaag  het," het SAPD-woordvoerder, kapt. Malcolm Pojie, gesê. 

Die beseerde vrou kon gelukkig hulp ontbied en is in die Mosselbaai-hospitaal opgeneem en behandel, maar moet steeds trauma-berading ontvang. 'n Grootskaalse polisie-soektog is kort daarna van stapel gestuur waarin 'n foto van die verdagte voertuig met registrasienommer DKH830EC landwyd op sosiale media versprei is. Die vermeende voertuig en verdagte is die volgende dag opgespoor. Forensiese toetse sal op die voertuig uitgevoer word, terwyl die verdagte intussen geïdentifiseer is as een van die drie beskuldigdes in die moord op Theresa Vister. 



Bantam Bakkie

Foto: Dié foto van die vermeende Ford Bantam-bakkie waarin 'n Mosselbaaise vrou Maandag na bewering ontvoer,verkrag en beroof is, is Maandag landwyd op sosiale media versprei in 'n poging om te help om die ontvoerder aan te keer.  

Benewens dié hangende moordsaak, het die beweerde ontvoerder vandag in die Mosselbaaise landdroshof verskyn op bykomende aanklagte van ontvoering, verkragting, gewapende roof en poging tot moord. Volgens Polisie-woordvoerder Malcolm Pojie bly die beskuldigde in aanhouding en is dié saak uitgestel tot 12 Junie vir borgaansoek. Die staat sal die borgaansoek teenstaan, het Pojie gesê.  

Die moordenaar(s) van Theresa Vister, wie se lyk met 'n steekwond aan die nek op Saterdag 3 Augustus 2013 onder 'n bed in 'n huis in Sonskynvallei gekry is, was tot dusver nog op vrye voet. Vister is die Donderdag laas lewend gesien. Sy is vermoedelik ernstig aangerand en daar was ook tekens van verkragting.

 

Hoewel die drie verdagte mans destyds vir ondervraging aangekeer is, is hulle weer vrygelaat hangende die uitslag van DNS-toetse en verdere verklarings. Die saak is eers onlangs verder gevoer nadat dagvaardigings uitgereik is.

Volgens 'n vroeëre berig in die Mossel Bay Advertiser het die drie beskuldigdes, Eddie Janse (45), sy seun Adrian Whites (19) en nog 'n man, Hans Maart (46), op 20 April vanjaar vir die eerste keer op aanklag van die moord op Vister in die hof verskyn. Hulle is nie aangehou nie en was twee weke gelede - Dinsdag 15 Mei - weer voor die hof om vir regshulp aansoek te doen. Die saak is toe uitgestel tot eerskomende Dinsdag 5 Junie in die Mosselbaai-streekhof.

Maandag se ontvoering en aanval op die jongste slagoffer kom dus minder as twee weke ná hul laaste hofverskyning vir die moord op Theresa Vister.

Só het die Mossel Bay Advertiser nog twee weke gelede berig oor die hofverskyning van die beskuldigdes in Theresa Vister se moordsaak.  

 https://www.mosselbayadvertiser.com/News/Article/General/3-voor-hof-oor-moord-in-sonskynvallei-201805170210

Related Articles:

Comments  

0 #1 jueriy.com 2020-09-21 21:54
jueriy.com: https://www.jueriy.com/
Quote