Reflexions Professional Hair Delfinos.Passion for food-Passion for life Ponto Grille and Carvery Wolwedans Game Farm Skorpios Security Oyster World Property Pointer Beach House Restaurant Top Up Service Station

 

MosselbayonTheline | First With The News

Pauw verkla; JZ kap terug

Valke ondersoek saak

Op dieselfde dag dat strafregtelike klagte teen die joernalis Jacques Pauw ingedien is, het pres. Jacob Zuma teruggekap en gesê “die land het groter probleme as ’n boek”.

getimage 2

Foto’s: DEAAN VIVIER

Jacques Pauw skud gisteraand hande met Pravin Gordhan, oudminister van finansies, by die bekendstelling in Pretoria. Verskeie DA-LP’s het eksemplare van Pauw se topverkoper, The President’s Keepers, gister na die Nasionale Raad van Provinsies geneem waar Zuma sy jaarlikse toespraak gelewer het.

Hy is in die debat ná sy toespraak onder meer vir ’n “rampokker en skollie-president” uitgekryt.

Zuma het in sy repliek teruggekap en gesê opposisiepartye is nie opbouend nie en dink dit is belangrik om jaar ná jaar oor “een persoon te praat terwyl baie uitdagings die land in die gesig staar”.

“Hulle het nou ’n nuwe tendens om boeke met hulle saam te dra . . . wat geskryf is deur mense wat bespiegel, skinder, bewerings (maak) en hulle glo dit is getoetste feite. Hulle het eintlik niks om te sê nie, daarom moet hulle skrywers namaak wat boeke geskryf het.”

Pauw se boek bevat onder meer inligting oor Zuma se belastingsake.

Hy het gisteraand by die bekendstelling van die boek in die Brooklyn-winkelsentrum in Pretoria gesê Zuma en ministers se belastingsake behoort ’n ope boek te wees. Pauw het gesê die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het al vantevore sulke vertroulike inligting uitgelap, so waarom word hy nou oor sy boek uitgesonder?

“Ons moet weet of Zuma belasting betaal. As hy eenvoudig ’n salaris trek en belasting daarop betaal, is daar mos nie ’n probleem nie,” het Pauw gesê.

Hy het gesê Tom Moyane, kommissaris van SAID, moet ophou skuil agter wetgewing om misdade weg te steek.

Brian Fikane Dube, woordvoerder van die Staatsveiligheidsagentskap (SVA), het bevestig strafregtelike klagte is gistermiddag by die Lytteltonpolisiekantoor in Centurion ingedien teen Pauw en waarskynlik die bron wat hom besonderhede gegee het van beweerde bedrog in die SVA.

Brig. Hangwani Mulaudzi, Valke-woordvoerder, het gesê

“ ’n Dossier oor die moontlike uitlek van geklassifiseerde inligting” is aangelê en hulle sal dit ondersoek.

NB Uitgewers sê in plaas daarvan om die onthullings in die boek te ondersoek, “het die SVA besluit om die boodskapper eerder te skiet”.

Die uitgewer sal Pauw teen regstappe verdedig en is trots op “die opwelling van steun van die Suid-Afrikaanse publiek”.

Pauw het gisteraand in sy gesprek met Nkepile Mabuse, aanbieder van Checkpoint, erken dat hy aanklagte teen hom verwag.

“Die Valke en die Staatsveiligheidsagentskap kan my nie oor valse inligting aankla nie. Dít moet dus waar wees. Ek wag nou nog net dat die SAID my aankla. As Tom Moyane sê dis waar, sê ek: ‘Halleluja, dankie, Tom Moyane.’ ”

Hy het gesê hy sal vandag met sy senior regspan vergader om solank ’n borgtogaansoek voor te berei.

Pauw sê hy het die boek nie geskryf om die ANC se verkiesingskonferensie in te beïnvloed nie.

“Ek het dit geskryf om mense soos Arthur Fraser (direkteur-generaal van staatsveiligheid) te probeer ontmasker. Hy is SuidAfrika se spioenbaas. Hy het 72 agente, sy ma, pa en seun aangestel. Hy het selfs ’n rekenaarbediener by sy huis geïnstalleer om te besluit wat hy na die SVA sal stuur.”

Pravin Gordhan, voormalige minister van finansies, Ivan Pillay, voormalige direkteurgeneraal van die SAID, en Adrian Lackay, voormalige SAID-woordvoerder, was gisteraand ook by die bekendstelling.

The President’s Keepers word uitgegee deur Tafelberg, wat ’n afdeling van NB Uitgewers is.

25 000 eksemplare is al verkoop en nog 50 000 is bestel.

getimage2 3getimage3 4getimage4 5

Volgens Pauw het Exclusive Books in dié winkelsentrum tot dusver die meeste kopieë van sy boek in die land verkoop. “Dis seker omdat die SAID net 500 m ver weg is. Al die SAID-werknemers het my boek seker kom koop,” het Pauw skertsend gesê.

Waar kan ons betaal?

Die uitgewers van Jacques Pauw se boek The President’s Keepers word oorval met boodskappe van lesers wat die roofeksemplaar van dié boek gelees het en nou daarvoor wil betaal.

Olga van Wyngaard, kontrak¬ en regtebestuurder van NB Uitgewers, sê mense wat graag vir die boek wil betaal, moet die boek verkieslik aanlyn of in ’n boekwinkel gaan koop.

“Ons moedig lesers aan om die e¬boek op Amazon of Takealot te gaan koop sodat ons kan verseker dat die inkomste op die regte manier bekom word.”

Sy sê nuwe voorraad sal vandeesweek na boekwinkels gaan.

Pauw het vroeër op sy Facebook¬blad geskryf mense wat die roofeksemplaar het en ’n boek kan bekostig, moet “asseblief” ook een koop.

“Dit gaan nie oor geld nie. Dit gaan oor jul ondersteuning, wat ons in staat sal stel om hofgedinge teen te staan teen die SuidAfrikaanse Inkomstediens, die SVA en enigiemand anders wat ons hof toe wil neem.”

Lees ook:

KYK: Pauw kry ‘nog ’n bisarre brief’ van SVA
Deur Jana Marx 09 November 2017 05:28

The Presidents Keepers 840x560 1

’n Hele gang van die Hyde Park-winkelsentrum is ingerig vir die boekbekendstelling. Foto: Murray Louw

“Was dit met opset?”

Dié vraag het onder gehoorlede opgeborrel toe kragonderbrekings Woensdagaand die boekbekendstelling van Jacques Pauw se The President’s Keepers kortgeknip het.

Bykans ’n duisend mense, onder wie Piet Croucamp, politieke ontleder, Jeremy Mansfield, voormalige radio-omroeper, en Michael Sun, burgemeesterskomiteelid van Johannesburg, het die bekendstelling in die Hyde Park-winkelsentrum in Johannesburg bygewoon.

Die gehoor was te groot vir die boekwinkel wat die bekendstelling gehou het. Stoele is toe uitgepak in ’n gang van die winkelsentrum, maar talle mense het net staanplek gekry.

“Ek wil dankie sê aan die SVA (Staatsveiligheidagentskap), ons bemarkingspan, vir sy bydraes,” het Benjamin Trisk, uitvoerende hoof van Exclusive Books, onder ’n gelag gesê.

Pauw en NB Uitgewers is vroeër deur die SVA beveel om die boek te onttrek en nie verder te versprei nie.

Dinsdag het hulle nog “ ’n bisarre brief” van die SVA ontvang, vertel Pauw.

“Dié een was gerig aan Russel Martin, die redigeerder van die boek, wat arme Russel twee dae gee om die boek te onttrek.”

Arthur Fraser, direkteur-generaal van die SVA, het Maandag geëis dat Pauw die “leuens” oor hom en sy familie in die boek terugtrek om regstappe te vermy.

Pauw en die uitgewer hou egter vol die inligting in die boek is waar en van onmiskenbare openbare belang.

Pauw het tydens Woensdagaand se bekendstelling gesê teen die tyd dat almal briewe van die SVA ontvang het, is nóg duisende boeke verkoop.

imagea 7

Ekstra stoele is na die boonste verdieping aangedra om vir almal ’n sitplek te bied, maar talle mense het net staanplek gekry. Foto: Murray Louw

“Ek wil nie regtig ’n grap maak nie. Ek gaan waarskynlik vir die volgende drie jaar in die hof sit.”

Pauw sê hy het die boek as ondersoekende joernalis benader. “Mense wat net stories vertel, is nie genoeg nie. Ek moes iets op papier hê en sien.”

Hy glo dat die gety in die land draai. “Ek dink nie enigiemand kan dit keer nie. Mense wil die waarheid weet.”

Kort hierna het die krag verskeie kere afgegaan.

Uit die gehoor het verskeie uitroepe soos “Dis die spioene!”, “Dis misdaadintelligensie!”, “Dis sabotasie!”, “Dis geen toeval nie!”, opgeklink.

“Net toe hy oor die ernstiger dinge moes begin praat!” het Derrick Khuzwayo, ’n gehoorganger, gesê.

“Eskom werk daarbuite,” het Peter Bruce, groepredakteur van Tiso Blackstar Group, wat die gesprek met Pauw gevoer het, gesê.

Ander dele van die Hyde Park-sentrum was wel verlig. Elke keer dat die krag af- en weer aangegaan het, het groepe gehoorgangers opgestaan en uitgeloop.

    Ek wil nie regtig ’n grap maak nie. Ek gaan waarskynlik vir die volgende drie jaar in die hof sit.
    Jacques Pauw

“Ek is verbaas dat hier nie traanrook was nie,” het Neil Marais, ’n lid van die gehoor, gesê. “Dit was nie ’n kragonderbreking nie, dit was iets anders. Die regering is bang. Ek was deel van die anti-apartheidstryd en was twee maal in die tronk daarvoor. Hierdie regering is nie waarvoor ek geveg het nie.”

Sun het gesê: “Dis teleurstellend dat die krag in die opwindende deel van die boekbespreking afgegaan het. Die goeie nuus is egter om te hoor: Eskom wérk. Ons wil nou nie klink asof ons nie vertroue het in Eskom nie, dis nou sommer blote toeval.

“Jacques Pauw is ’n baie dapper man. Ek dink ons almal in die land moet die boek lees en dié wat dit nie kan lees nie, moet die storie hoor by dié wat dit gelees het.”

https://www.netwerk24.com/Nuus/Algemeen/pauw-se-hy-maak-reg-vir-inhegtenisneming-20171109
https://www.netwerk24.com/nuus/algemeen/pauw-se-boek-bekendstelling-deur-krag-kortgeknip-20171108?utm_medium=email&utm_source=Netwerk24|Oggend&utm_term=www.netwerk24.com/nuus/algemeen/pauw-se-boek-bekendstelling-deur-krag-kortgeknip-20171108

Related Articles:

Comments  

0 #1 acujunoyaw 2020-10-05 14:03
[censored]: http://mewkid.net/when-is-xuxlya/ [censored] 500mg Capsules skl.ngwt.mosselbayontheline.co.za.zil.al http://mewkid.net/when-is-xuxlya/
Quote