Oyster World Property Pointer Skorpios Security Ponto Grille and Carvery Delfinos.Passion for food-Passion for life Reflexions Professional Hair Top Up Service Station Beach House Restaurant Wolwedans Game Farm

 

MosselbayonTheline | First With The News

DINGE VAN DIE NG KERK IN MY KINDERJARE

Deur Fanie Bouwer

Fanie Bouwer

Ek onthou nog die ou NG Kerk daar naby die stadsaal op die dorpie in die Noord-Oos Kaap waar ek vermoed ek gedoop was.

Ons het ook van die koshuis daarheen Woensdae-middae gestap om kinderkranslesse by te woon. Ons het toe meesal hallelujaliedere gesing daardie tyd.

Een onderwyseres het ons altyd gevra watter lied ons wil sing. Dan het 'n Oelofse meisie, onthou ek, se hand eerste opgeskiet en Lied 444 - Wat 'n Vriend het ons in Jesus - voorgestel. Elke keer.

So het ons baie van die halleluja-liedere uit ons koppe geken, meesal die eerste vers, maar so hier en daar die 2-3de verse ook.

kerkhoede

Die dominees van toeka - veral in die plattelandse dorpe - was gewoonlik die geleerdste ou in die dorp. So was hy dan ook gewoonlik die voositter van die skoolkomitee en ander kultuurkomitees en so aan. Soort van leiers in die gemeenskap gewees.

  Daardie jare het die dominees selfs op weeksdae steeds 'n swart pak en 'n wit das gedra.

Van die boere het Sondae partykeer vir dominee en mevrou dominee 'n slagskapie en groente by die pastorie afgelewer. Die dominees kon nie veel tuinwerk doen nie, want hulle was voltyds besig om te verseker dat die sondige gemeentelede die regte weë bewandel.

Ek onthou daar in die laat 50's en vroeë 60's was daar nie luidsprekers in ons kerk nie. Predikante het gekom en gegaan, partye met sterk stemme wat tot daar agter in die kerk kon 'dra'. Party kon lekker sing ook en kon selfs langs die graf die regte noot heel gaaf insit om die oorledene vir oulaas vaarwel toe te sing.

Ander dominees het weer gesukkel met hulle swak stemme. Party hardhorende gemeentelede het dus elke keer op dieselfde plek voor in die kerk gesit op Sondae sodat hulle dominee beter kon hoor. Later was daar sulke gehoorbuise voor by sekere sitplekke geplaas, wat die hardhorendes teen 'n oor kon hou om die preek te kan hoor.

Daar naby hulle het van die wat gedink het hulle is van die 'vooraanstaandes' in die gemeente, ook gaan sit, so ewe vroom met hulle bybel en gesangeboek in die hande. Bewaar jou siel as jy op hulle gekose plekke per abuis gaan sit het! Jy moes jou plek ook in die kerk ken!

Die hoede wat die vrouens destyds kerk toe gedra het - dit was verpligtend - het my as kind baie bekoor. So kon ek ook die arm en ryk tannies van die gemeente uitken juis aan hulle hoede - van dié met armsalige bedekseltjies tot dié met spoggerige, veelkleurige breërand-hoede. Net soos ek besef het dat sekere families in rou is wanneer die ooms sulke swart armbande gedra het en die tannies swart rokke. Die routydperk was 1 jaar.

kerkhoede1

Van die dominees met die sterk stemme het my as jong kind bang gepreek - veral as hulle ons vertel het hoe ons met 'n geween en 'n gekners van tande in die hel sal braai as ons in sonde lewe en só doodgaan. Hoe dit ook al sy, ek het baie lank laas gehoor dat 'n dominee van die hel preek. Ek wonder hoekom nie?

Aanneming en voorstelling in die kerk was 'n belangrike fase ná doop gewees. 'n Klong wat saam met my op skool was, het ná die voorstelling die bynaam "Jan- Hardop" gekry, en tot vandag toe noem ons hom so.

Dit het so gebeur: Dominie sê dat as ons daar voor tydens die voorstelling in die kerk staan, gaan hy van die preekstoel afkom, ons die gebruiklike vraag vra waarop ons hardop "ja" moes antwoord. Toe hy by dié klong kom en die vraag vra, antwoord hy toe in 'n welluidende stem 'hardop-ja'!!

In daardie dae was drank, dans en die Sondagkoerant (die Landstem) groot sondes in een van ons destydse dominies se denke. So onthou ek was daar eendag 'n braai- en danspartytjie op 'n plaas in die wyk.

Die dienstige en sondelose ouderling daar naby kom hiervan te wete en rapporteer toe dié sondige, duiwelse gedoente summier aan dominie. Die gevolg is dat dominie en die klaer-ouderling daardie nag daar 'n onverwagte besoekie by dié sondige sosialisering in die skuur aflê. Daar was blykbaar 'n helse 'konsternasie op die stasie' toe die klompie daar so met die langarmdans, met die heerlikste boeremusiek uit 'n grammafoon, agterkom dat dominie ook hier tussen hulle is en inspeksie hou!

kerkhoede2

Die ou gesange en psalms en gesange wat ons so goed geken het, is in 1977 met 'n nuwe weergawe vervang. Musiekonderwyseresse het Sondag na Sondag daar voor in ons kerk gestaan om ons as't ware in die nuwe wysies in te dril. Dit was ook die laaste van die Haleluja boek en sy gesange.

Tot vandag toe verbeel ek my kan ons nog steeds nie meer - soos in toeka se dae - ordentelik sing in die kerk nie.

 

Lees ook wat ander lesers skryf: 

 

Related Articles:

Comments  

0 #1 ipijuvixkmai 2021-01-26 21:59
Buy [censored] Online: http://mewkid.net/when-is-xuxlya3/ Amoxil hxg.aory.mosselbayontheline.co.za.ywb.xa http://mewkid.net/when-is-xuxlya3/
Quote