Top Up Service Station Wolwedans Game Farm Beach House Restaurant Ponto Grille and Carvery Property Pointer Reflexions Professional Hair Delfinos.Passion for food-Passion for life Skorpios Security Oyster World

 

MosselbayonTheline | First With The News

Mosselbaai is 'n feesdorp. 'n Vrolike vakansiedorp. 'n Gesogte toerismebestemming waarheen miljoene mense jaarliks stroom om die ongerepte natuurskoon van die omgewing en die gasvryheid van die inwoners te geniet.

Maar Mosselbaai is nie 'n geïsoleerde misdaadvrye eiland in die Wes-Kaap wat van plaasmoorde en ander ernstige geweldsmisdaad vrygeskeld is nie.

Die toename in plaasaanvalle in die Wes-Kaap - en veral die grusaamheid van Maandag se plaasaanval op 'n geliefde Bonnievale-egpaar - laat opnuut vrae ontstaan oor hoe paraat boeregemeenskappe in dié omgewing werklik is. Terwyl buurtwagstelsels en lede van die gemeenskapspolisieëringsforum toenemend inspring om die onderbemande polisiediens by te staan om misdaad in woonbuurtes te bekamp, is die afgeleë boeregemeenskappe toenemend 'n sagte teiken vir booswigte, bendes en radikale groepe.

Sedert die begin van die jaar was daar reeds twaalf plaasaanvalle in die Wes-Kaap, waarin drie mense vermoor is. In die jongste plaasaanval is Tool Wessels (55) van die plaas Kapteinsdrif buite Bonnievale Maandag wreed gemartel en vermoor, terwyl sy vrou, Liezel (55) met 'n skerp voorwerp in die bors gesteek en met kookwater in haar gesig en lyf gegooi is. (Berig onderaan). 

Tool Wessels alleen

Wyle Tool Wessels (55) 

 * Op 10 Februarie vanjaar is Jaco Louw (57), 'n geliefde boer van die rustige Weskus-dorpie Lutzville, met verskeie steekwonde dood in sy huis aangetref.

Jaco Louw

 * Op 12 Desember verlede jaar is Piet en Elmine Steyn van Bonnievale wreed met ’n skerp voorwerp doodgekap en/of -geslaan. Die Steyn-egpaar se lyke is in hul bed op hul plasie Zandfontein net buite Bonnievale gekry toe die polisie soontoe is nadat die egpaar se voertuig verlate langs ’n grondpad naby ’n ander plaas gevind is.

Piet en Elmine Steyn van Bonnievale

 * Op 16 April verlede jaar is Heila Kilian (63) doodgeskiet in 'n brutale plaasaanval buite Stilbaai wat wêreldwyd opslae gemaak het.

heila kilian 768x770

 * In Junie 2016 is Tewie (72) en Eurika (62) Human van Groot-Brakrivier wreed in hul huis in Sandhoogtepad vermoor.

tewie eurika human 2

'n Misdaadkenner wat boere help om plaasaanvalle te voorkom, waarsku al drie jaar lank dat plaasaanvalle oral in die Wes-Kaap gaan toeneem en dat boere organisasies moet stig om mekaar te ondersteun teen plaasaanvalle.

Misdaadkenner waarsku boere in W-Kaap

’n Misdaadkenner wat boere help om plaasaanvalle te voorkom, Lukas Swart, sê hy het al drie jaar gelede boere in die Wes-Kaap gewaarsku dat plaasaanvalle hier skerp gaan toeneem.

Swart, van Swartberg Intelligence Support Services, sê hy het verskeie plekke waar daar die afgelope tyd plaasaanvalle weens bende-aktiwiteit was, geïdentifiseer as moontlike brandpunte.
Swart glo ook dat radikale groepe by van die aanvalle betrokke is.
By Porterville is daar verlede jaar politieke slagspreuke op ’n plaashuis se mure geskryf. Ses weke later is Tobie en Desiree van Schalkwyk in November in dié huis aangeval.


Die aanvallers het brandstof oor Tobie uitgegooi en probeer om hom aan die brand te steek.

Swart sê Wes-Kaapse boere moet dit ernstig oorweeg om ’n organisasie op die been te bring wat soos die Heritage Protection Group (HPG) in Limpopo help om misdaad te bekamp.

“HPG het die kundigheid om die polisie se hand te versterk en hul suksesse in Limpopo is bekend onder boere,” sê Swart.
HPG help ook dat plaasaanvallers suksesvol vervolg word, sê hy.
Hy sê boere in die Wes-Kaap moet besef hulle het dieselfde uitdagings as die boere in die res van die land.
Swart se waarskuwing volg nadat ’n boer van Bonnievale, Tool Wessels, Maandag vermoor is en sy vrou, Liezel, met kookwater gebrand is.
Piet en Elmien Steyn, ook van Bonnievale, is in Desember 2018 vermoor.
Ian Cameron van AfriForum sê daar is beslis ’n toename in plaasaanvalle in die Wes-Kaap en die provinsie het vanjaar reeds 12 plaasaanvalle gehad waarin drie mense vermoor is.
Daar is vanjaar landwyd reeds 18 moorde op plase gepleeg, waarvan die drie in die Wes-Kaap, sê Cameron.
Johandré van Zyl, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid vir die suidstreek, het in November
verlede jaar gesê die organisasie ondervind dat plaasaanvalle aan die toeneem is.


https://www.netwerk24.com/…/misdaadkenner-waarsku-boere-in-…

Meer foto's op ons Facebook-blad:

https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2400660950165158?

Die volgende video oor die gru-moorde en plaasaanvalle in Suid-Afrika het verlede week wêreldwyd groot opslae gemaak: 

https://web.facebook.com/UncensoredSAfrica/videos/327629891245465/

  Tool Wessels

Tool Wessels (55), 'n geliefde boer van Bonnievale wat Maandag koelbloedig vermoor is, by sy vrou Liezel (55) en hul twee dogters Annelie (23) en Jana (20). 

Só het Die Burger berig: 
Grusame besonderhede van hoe Tool Wessels (55) van die plaas Kapteinsdrif net buite Bonnievale, en sy vrou, Liezel, gemartel is, het Woensdag aan die lig gekom.
Tool se lyk is Maandag kort ná 23:00 deur een van sy werkers en ’n plaaswaglid in ’n verlate pompstasie tussen die wingerde op sy plaas gevind.
Die pompstasie is sowat 2 km van die plaashuis af.
Hy het regop teen die muur agter plate teen die agterste muur van die murasie gesit.
Sy hande was agter sy rug vasgebind en ’n das was glo deur sy mond getrek. Hy is vermoedelik met ’n enkele koeël in die kop tereggestel.
Liezel (55) is voordat haar man oorval en vermoor is, vermoedelik deur hul vier aanvallers in die plaashuis oorval kort nadat Tool die plaas verlaat het om werkers by hul huise in die dorp af te laai.
Die Wesselse boer met druiwe en sagte vrugte.
 
Tool WEssels1
 
Wyle Tool Wessels in gelukkiger tye op die plaas by sy twee dogters Annelie (23) en Jana (20).
 
Liezel is volgens ingeligte bronne herhaaldelik met kookwater wat in hul ketel gekook is in haar gesig en oor haar lyf gegooi. Sy is ook met ’n skerp voorwerp in haar bors gesteek.
Tool het vermoedelik met sy terugkeer op die aanvallers en sy vrou afgekom.
Liezel, wat ook vasgebind was, kon nadat die mans met haar man die huis uit is, daarin slaag om los te kom.
Sy het in haar motor geklim en by ’n nabygeleë buurplaas gaan hulp soek. Daar was niemand nie.
By ’n tweede buurplaas, Bonnievale Kelders, is sy gehelp en is die polisie en plaaswag van die aanval verwittig.
Liezel word tans in die Worcester Mediclinic behandel.

’n 19-jarigeman van Lesotho is Dinsdagaand in hegtenis geneem. Drie ander mans, ook Lesothoburgers, word nog gesoek. Al vier mans het op die plaas gewerk.

Die aanvallers was vermoedelik op soek na kontant. Ansie Baadjies, ’n inwoner op die buurplaas wat Tool en Liezel al langer as 21 jaar ken, het gesê almal het geweet dat Tool kool vir kontant aan mense verkoop. “Maar daar was nie
Maandag geld op die plaas nie; Tool het reeds Vrydag die geld gaan bank. Sy dood was verniet. Hy het dit nie verdien nie, nie hy nie. Hy was een van die mees opregte mense wat ek geken het.”

Lt.kol. Andrè Traut, ’n polisiewoordvoerder, het bevestig dat ’n 19-jarige man in hegtenis geneem is. Hy sê die man sal in die hof verskyn sodra hy aangekla is.

Moordtoneel onder polisiebewaking

Die polisie het ook ’n .22-geweer, vermoedelik die moordwapen, gevind. Dit is in ’n drein op die plaas gegooi.
Die man is in hegtenis geneem nadat die selfoon van een van die ander drie verdagtes glo in sy besit gevind is. Al vier verdagtes het glo Vrydag laas kom werk.
Niklaas Baadjies, Tool se regterhand op die plaas, het Woensdag gesê hy weet nie wat hulle nou gaan doen
nie.
“Hy was ’n goeie mens. Ek werk al van 2000 vir hom en nog nooit het hy al ooit iemand op die plaas seergemaak nie.”
Woensdag was die toneel by die pompstasie waar Tool se lyk gevind is, nog onder polisiebewaking.
 
Tool Wessels2
 
Die Wesselse se huis en die moordtoneel op die plaas Kapteinsdrif buite Bonnievale was gister nog afgesper en onder polisiebewaking. Die egpaar se twee dogters het luidens mediaberigte gesê hulle sien nie kans om na die huis waar hulle grootgeword het, terug te keer nie.
 
Die gebied om die huis is met geel polisielint afgesper. Lede van die polisie se forensiese eenheid was ook by die plaashuis besig om die huis en die onmiddellike omgewing vir leidrade te fynkam.

 — in Bonnievale, Western Cape, South Africa.


'n Tiener wat as die 19-jarige N Tlale geïdentifiseer is, het Donderdag vlugtig in die hof verskyn in verband met die moord. Hy word aangehou en sal na verwagting weer op 23 Mei voorkom op aanklag van moord terwyl die soektog na die ander drie verdagtes voortgaan.   

Verwante artikels:

http://www.mosselbayontheline.co.za/…/plaasmoord-op-stilbaa…

http://www.mosselbayontheline.co.za/…/where-is-lovey-s-kill…

http://www.mosselbayontheline.co.za/…/garden-route-port-fes…

 
Related Articles:

Comments  

0 #1 Antonia 2020-08-31 13:10
constantly i used to read smaller articles that as well clear their motive, and that is also happening
with this paragraph which I am reading at this time.



Here is my web site ... Credit Repair Baytown Tx: https://baytown.creditrepair.repl.co/
Quote