Wolwedans Game Farm Beach House Restaurant Ponto Grille and Carvery Oyster World Delfinos.Passion for food-Passion for life Skorpios Security Top Up Service Station Reflexions Professional Hair Property Pointer

 

MosselbayonTheline | First With The News

Sjoe, dit was 'n heerlike sonskyndag, dis amper vakansie en ons sou graag nét mooi vakansiefoto's wou plaas, maar nou gaan dit ROF in die land . . . 

 mooifoto

As dit nie ESKOM is wat ons dalk 'n donker Kersfees gaan besorg nie, is dit hospitale, pasiënte en administrateurs van mediese skemas wat vrees dat die Regering dalk private siekefondse gaan verbied om sy Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) af te dwing . . .

  • In Mosselbaai gaan dit OOK rof met stygende misdaad en stygende pryse wat belastingbetalers toenemend doodwurg . . . terwyl dit blykbaar net senior munisipale bestuurders is wat finansieel baat vind. 

Munisipale salarisse

Hoe meer inwoners sukkel om kop bo water te hou, hoe groter word die salarisse en voordele van munisipale amptenare wat die gemeenskap moet dien . . . hoe ironies? Lees ook hier oor nuwe planne om politieke inmenging in munisipaliteite en munisipale hoës se kwalifikasies onder die loep te neem: http://www.mosselbayontheline.co.za/index.php/health/171-politieke-inmenging-en-geskille-in-munisipaliteite-en-amptenare-se-kwalifikasies-bekyk

Deesdae kan senior munisipale bestuurslede selfs meer as die president verdien.
http://www.mosselbayontheline.co.za/index.php/health/173-top-south-african-municipal-managers-can-now-earn-more-than-the-president
 
Selfs 'n dringende mosie deur ACDP raadslid Jeanette Gouws om die hemelhoë nuwe dienstegeld en munisipale tariewe vir pensioenarisse aan te pas, is deur die meerderheid DA-raadslede afgekeur. Die verskoning dat munisipale tariewe nie in 'n finansiële jaar verlaag kan word nie, is deur nasionale tesourie geveto wat bepaal dat tariewe wel verlaag kan word, maar nie verhoog kan word in 'n dinansiële jaar nie. Geen aanpassings om veral pensioenarisse tegemoet te kom, is sedertdien egter nog gedoen nie. 
 
Boonop word nuwe "aankondigings" oor ontwikkelings wat ekonomiese groei moet skep, ook skielik uit die bloute in fynskrif-kennisgewings gedoen sonder dat inwoners 'n idee het waaroor dit gaan of hoegenaamd geraadpleeg word . . . Een hiervan is 'n skokaankondiging deur Graham Paulse, hoof van die Wes-Kaapse departement van plaaslike regering, dat die provinsiale regering "glo gevra is om te help om 'n Metropool vir die Tuinroete te vestig" - spesifiek glo deur die munisipale bestuurder van die Tuinroete Distriksmunisipaliteit, Monde Stratu. 

metropool monde LI

Ons waarsku al lank dat Mosselbaai dalk nou 'n nywerheidsontploffing gaan beleef as die kern van ekonomiese groei in die Tuinroete met die oog daarop om 'n metropool met die sukkelende munisipaliteite van George/Knysna/Oudtshoorn te vorm . . . Het inwoners regtig geen seggenskap meer in sulke besluite wat hul regstreeks raak nie? Die nuus oor die metropool is heel onder weggesteek in die berig wat in die Mossel bay Advertiser verskyn het. 

Graham Paulse1

Die stilswye rondom die moonlike samesmelting met ander munisipaliteite in die Tuinroete om 'n metropool te vorm, pla bekommerde inwoners al lankal. Toe Mosselbayontheline aandring op antwoorde in dié verband, is ons summier van die munisipaliteit se medialys verwyder  Nou het Graham Paulse, Wes-Kaapse hoof van Wes-Kaapse regering, uiteindelik die stilswye verbreek en erken dat die Provinsie gaan help om dit te bewerkstellig . .. sonder enige inagneming van belastingbetalers wat sal moet opdok? Só het ons vroeër hieroor berig: http://www.mosselbayontheline.co.za/index.php/health/144-samesmelting-met-george-om-n-metropool-te-vorm-hoekom-die-stilswye — inMossel Bay, Western Cape.

'n Tydjie gelede was dit weer die burgemeester van die Tuinroete Distriksmunisipaliteit, Memory Booysen, wat tydens 'n sooispit-seremonie "aangekondig" het dat 'n R1 miljard chemiese aanleg op die terrein langs die bankrot PetroSA opgerig gaan word en dat "wetgewing gebruik gaan word om die proses te bespoedig".

Dìt terwyl niemand nog weet waaroor die aanleg regtig gaan, watter chemiese middels gebruik gaan word en wat die impak gaan wees nie. Terselfdertyd is daar skielik 'n kennisgewing dat inwoners voor 7 Desember skriftelik besware of kommentaar moet stuur oor die langtermyn-verhuring van die betrokke perseel ('n gedeelte van erf 419, Mosselbaai) aan Ikusasa Processing Engineering Consultants om 'n chemiese vervaardigingsaanleg op te rig. Sommer net so? Hoe lewer 'n mens kommentaar op iets as jy nie weet wat dit behels nie?

chemical plant kennisgewing

Skriftelike kommentaar/besware oor die beplande R1 miljard chemiese aanleg langs PetroSA moet voor Vrydag 7 Desember 2018 ingedien wees . . . sonder enige verpligte publieke deelnameproses om mense in te lig wat presies beplan word . . . of omgewingsimpakstudies? Lees meer hier: http://www.gardenroute.gov.za/2018/10/02/garden-route-district-municipality-attracts-investment-of-r1-billion/?fbclid=IwAR30ctMseraGXAN-tE4W5_5MjdKbSATpdrTR6tuC_18yqiHad2ZV1Mg2-Io

Dit is hierdie tipe ondeursigtigheid en deurhaas van projekte sonder publieke deelname wat inwoners al hoe warmer onder die kraag maak. Moet hulle net al hoe meer en meer opdok vir basiese dienste en belasting, terwyl hulle geen sê meer het oor wat in die dorp aangaan of beplan word nie, word toenemend gekla.

mooifoto2

Mosselbaai se ongerepte natuurskoon is een van sy grootste bates . . .Hier is een van die mooiste "surf" foto's wat ons vroeër vanjaar geplaas het wat deur Andries Dunn van Surfstompers by die Punt geneem is.

Hemelhoë munisipale tariewe  . .. maar dienste verswak?

Mosselbaai se munisipale begroting van R1.1 miljard vir die 2018/2019 finansiële jaar is tydens die Raadsvergadering in Mei 2018 deur die DA-meerderheidsraadslede goedgekeur ondanks besware deur al die ander opposisiepartye. Ondanks die skerp verhogings in basiese dienste, kla baie inwoners dat hulle al maande lank geen munisipale rekeninge ontvang nie en derhalwe gedwing word om dit fisiek by die munisipaliteit te gaan afhaal - ondanks herhaalde versoeke om dit te epos. In sommige gevalle word hulle selfs gevra om die kontrakteur IKAPA te bel. Besigheidseienaars wie se besigheidsbelasting met tot R1 500 per maand gestyg het, sukkel ook om antwoorde op hul navrae te kry.

  • Dit is ironies dat terwyl inwoners en pensioenarisse sukkel om die verhogings te absorbeer en die top-salarisse van munisipale bestuurslui so drasties verhoog is, Mosselbaai Munisipaliteit sy sewende skoon oudit verbeur het omdat daar vir die eerste keer in sewe jaar nie aan alle vereiste kriteria voldoen is nie.

 

  • 'n Vinnige kykie na die kommentare op die FB-blad "STOP COCT - Dear Cape Town" gee 'n aanduiding van die groeiende woede onder Wes-Kaapse inwoners oor die wyse waarop hulle toenemend deur politici gemelk word, terwyl hulle totaal in die duister gehou word oor planne en ontwikkelings wat hulle direk raak.

 

  • AWAPLASE (VINVIS-BOERDERY) IN DIE SEE

'n Goeie voorbeeld van sulke ondeursigtige en ondeurdagte planne wat deurgehaas word, is die omstrede departement van landbou, bosbou en vissery (DAFF) se betrokkenheid by akwaboerdery-planne vir Mosselbaai . . . nogal op persoonlike uitnodiging van die munisipale bestuurder, adv. Thys Giliomee.

Dit terwyl dié einste departement toenemend onder die soeklig is oor grootskaalse bedrog, onbevoegdheid en perlemoensmokkelsindikate . . . en die omstrede hokvisbedryf wat DAFF ondanks hewige publieke besware en 'n hangende hofgeding op Saldanhabaai deurgestoomroller het, raak nou 'n verleentheid nadat 'n video vrygestel is wat wys hoe 'n rob reeds binne-in een van die hokke beland het. terwyl tientalle ander oral ook in die hokke probeer kom.

As robbe so vinnig binne-in DAFF se vishokke kan kom, dink net hoe lekker sal walvisse, haaie en dolfyne daarin baljaar - veral in Mosselbaai se rowwe seewaters tydens springgety . . . 

aqua seal in cage

  • Só lyk dit deesdae langs die pragtige Langebaan Lagoon en Saldanhabaai waar onooglike drywende vishokke die see ontsier en tientalle robbe lok vir 'n vinnige happie . .. Is DIT en perlemoensindikate wat ook op Mosselbaai wag as akwaboerdery hier ingestoomroller word as deel van die sg. Geïntegreerde Ontwikkelingsplan vir die Tuinroete?

 

 Ons waarsku al lankal teen die sg. akwaboerderybedryf wat die munisipale bestuurder, adv. Thys Giliomee in samewerking met die omstrede en korrupte departement van landbou, bosbou en vissery in Mosselbaai se waters wil kom vestig . . . Só lyk dit in Saldanhabaai se waters - wat glo as voorbeeld vir Mosselbaai moet dien. Lees gerus meer hier: http://www.mosselbayontheline.co.za/index.php/news/breaking-news/143-a-fishy-farce-is-mossel-bay-bullied-into-risky-fish-farming-experiments-by-the-powers-that-be — atSaldanhabaai.

Lees gerus meer hier oor DAFF se vergrype en kyk ook die video van die nuwe vinvisbedryf in Saldanhabaai wat glo 'n voorbeeld vir Mosselbaai moet stel:

https://www.groundup.org.za/…/fisheries-department-rots-top/?

https://web.facebook.com/inge.frost/videos/10213724326407277/

Lees ook die res van die nuus in beeld:

 
 
Lees ook ons vorige berigte en Facebook-berigte: oor verwante sake: 
 
 
 
 
 
 
 
Related Articles:

"Dit was nou onnodig. Verandering en vernuwing is noodsaaklik en altyd welkom, maar nie só nie . . . Dinge kon baie anders hanteer gewees het sonder om soveel tweespalt en onmin te saai - daar is mos plek vir almal en vir verskillende insette. Dis 'n hartseer dag vir Mosselbaai Toerisme om soveel ervaring, toewyding en passie op een dag te verloor."

Só het een van die sowat sestig aanwesiges by Donderdag se laaste Algemene Jaarvergadering vir 2018 van Mosselbaai Toerisme by die Diaz Hotel gesê nadat al vyf direksielede uit die private sektor eenparig bedank het oor die onhoudbare en volgehoue spanning en onenigheid wat bestuursvergaderings sedert die begin van die jaar versuur - blykbaar weens toenemende burokratiese inmenging en outokrasie van munisipale kant.

Werner Kock, voorsitter van die raad van direkteure, se skokaankondiging dat hy en sy vier mede-direkteure hulself nie weer beskikbaar stel nie, en nie langer kans sien om onder die huidige onsmaaklike omstandighede in die raad te dien nie, is begroet deur 'n merkbare stilte van ongeloof en verbasing onder baie van die niksvermoedende aanwesiges - onder wie etlike nuwelinge wat die eerste keer 'n jaarvergadering bygewoon het.  

toerisme1

Kock het gesê dit is vir hulle 'n baie hartseer dag om hul nominasies te onttrek nadat hulle gesamentlik etlike dekades lank ten nouste betrokke was by Mosselbaai se toerisme en almal juis 'n groot passie daarvoor het. 

Benewens Kock, finansiële bestuurder van die ATKV se Hartenbos-tak wat Mosselbaai Toerisme as direkteur van Hotelle, Rusoorde en Wildplase verteenwoordig het, is die ander direksielede wat summier bedank het ook die onder-voorsitter van die raad van direksielede, Marika Thomatos.

As sakevrou en eienaar van die bekroonde Munro Manor-gastehuis, het Thomatos Besighede verteenwoordig.  Die ander direksielede wat ook jarelange ervaring in verskillende aspekte van die toerismebedryf het, is Jeanetta Marais (Selfsorg-eenhede); Gerhard van Rooyen (Toeroperateurs en Besienswaardighede/Aktiwiteite) en René Malan (Gastehuise & B&B-huisvesting). 

 toerisme4

Foto: Gesoute toerisme-vasvatters sit voet neer teen voorskriftelike burokrasie wat doelstellings ondermyn. Van links is René Malan, Werner Kock, Gerhard van Rooyen, Marika Thomatos en Jeanetta Marais ná Donderdag se historiese AJV waartydens hulle eenparig bedank het. 

Kock, Thomatos en Marais is tydens die vergadering vervang deur onderskeidelik Michelle Oosthuizen van die Diaz Hotel, Kim Naude van Co-Mind en Tertius Coetzer van Diaz Porto Hotel.

Van Rooyen en Malan se portefeuljes moet nog gevul word. Dit is egter onseker wanneer die vakante poste gevul gaan word en watter prosedures gevolg gaan word. 

toerisme

Nuwe bloed: Tertius Coetzer, Kim Naude en Michelle Oosthuizen het hulself Donderdag aan toerismelede bekend gestel en van hul ervaring in die bedryf vertel.

Cobus Janse van Rensburg van Freaking Fast Waverider was genomineer om Van Rooyen se pos as direkteur: Toeroperateurs en Besienswaardighede/Aktiwiteite oor te neem, maar het ook sy nominasie onttrek uit solidariteit met die vyf direksielede wat bedank het.

Kock het gesê die uittredende direksielede kom al 'n lang pad saam - van René (Bongers - vorige voorsitter) se dae af. 

"Ons het werklik 'n struktuur wat goed doen en baie moontlikhede het. Ons het nog al die jare goed en in goeie gees saam met die munisipaliteit gewerk sonder enige onaangenaamheid. Die afgelope jaar het dinge egter so voorskriftelik en burokraties geword dat feitlik alle vergaderings in twispunte en tydrowende argumente ontaard het sodat ons doelstellings ondermyn word.

"In die lig hiervan sien ons nie 'n pad vorentoe nie en het ons nie die tyd en energie om daarmee voort te gaan nie", het hy gesê.

Kock het die toerismelede 'n geseënde feesseisoen toegewens en gewaarsku dat dit 'n kort, maar gekonsentreerde seisoen gaan wees weens faktore soos die swak ekonomie, ongewone weerstoestande en die verkorte skoolvakansie. 

"Mosselbaai se grootste bates is sy hulpbronne, infrastruktuur en ongelooflike natuurskoon - en daarvoor sal mense altyd hierheen stroom. Dis nou tyd om ons toe te spits op die komende feesdae om Mosselbaai se bates so te bemark dat mense altyd weer wil terugkeer."  

toerisme6  
Goeie dae voor die skeuring: Die direksielede in gesellige luim saam met munisipale bestuurder, adv. Thys Giliomee, tydens verlede jaar se algemene jaarvergadering by die Garden Route Casino. Verhoudings tussen die munisipale en private bestuurslui in die toerismebedryf het sedertdien so drasties versleg dat al vyf direkteure uit die private sektor Donderdag eenparig bedank het. 

'n Emosionele Joy Cook, wat die sekretariaat van die Mosselbaai Gastehuis Gilde hanteer, het 'n beroep op die uittredende direksielede gedoen om hul besluit te heroorweeg.

"Ons soek ervaring in toerisme. Almal is omtrent nuwe mense van buite - insluitende die nuwe toerismehoof, Aneli Gerber en munisipale bestuurder, adv. Thys Giliomee. Daar is ook mense in die munisipaliteit wat nie die toerismebedryf ken nie. Daarenteen is René, Marika, Jeanette, Werner en Gerhard al dekades lank in die bedryf.

"Dit is baie hartseer - waar gaan ons dorp heen? Kan die munisipale bestuurder doen wat Marika byvoorbeeld doen?" 

Cook het namens die "vloer" die uittredende direksielede bedank vir die harde werk, opoffering en onbaatsugtige diens wat hulle oor baie jare heen vrywilliglik en in hul vrye tyd gelewer het om toerisme in Mosselbaai te bevorder en uit te bou. 

Sy het ook gevra dat die nuwe direksielede se ervaring in die bedryf bekend gemaak word, waarna hulle 'n spreekbeurt gekry het om hulself aan die gehoor bekend te stel.

toerisme2

Die drie nuwe direksielede is opgewonde en sien uit na die uitdaging om Mosselbaai se toerismebedryf verder uit te bou. 

Die inhuldiging van die nuwe direksielede was egter ietwat van 'n anti-klimaks nadat hul voorgangers die saal verlaat het en talle lede met gemengde gevoelens geworstel het. 

"Dit moes 'n vrolike geleentheid gewees het om nuwe, jong bloed in die bedryf te verwelkom, maar nie op só 'n manier nie. Ons verloor nou vyf staatmakers met dekades se ervaring wat die bedryf suksesvol tot hier gebring het. Hoekom moet hulle nou padgee om vernuwing in te bring, terwyl daar geleentheid geskep kon word vir almal om saam te werk? Iets is nie pluis nie en hoewel ek bly is vir die nuwelinge, is ek hartseer dat dinge so verkeerd gedoen is", het een van die lede verontwaardig laat hoor.

Ook Marika Thomatos het gesê dis vir haar 'n baie hartseer ervaring om ná al die jare haar termyn só te beëindig - veral omdat daar nog so baie projekte was wat sy beplan het.

"Ons het soveel hoogtepunte en mylpale bereik - ook verlede jaar se Dorp van die Jaar-toekenning waarvoor ons baie hard gewerk het. Ek is 'n voorstander van samewerking en hoe meer mense die groter Mosselbaai bemark, hoe beter . . .

"Ek is allermins 'n hensôpper en wil nie wegloop nie, maar die burokratiese binnegevegte het soveel tyd en energie geverg dat ons nooit by die belangrike besprekingspunte, bemarkingstrategieë en dinge wat saakmaak, uitgekom het nie . . .

"Op die einde het die onsmaaklike magspeletjies al die tyd, energie en lus gevat . . . ", het sy hartseer gesê.

toerisme3

Die drie nuwe direksielede van Mosselbaai Toerisme wat Donderdag met gemengde gevoelens tydens 'n emosionele jaarvergadering verwelkom is, by die res van die bestuur. Van links is munisipale raadslid Venolea Fortuin, Aneli Gerber, bedryfshoof, Kim Naude (Besighede & Besigheidskamer), raadslid Mark Furness, Tertius Coetzer (Selfsorg-eenhede), munisipale bestuurder, adv. Thys Giliomee, Michelle Oosthuizen (Hotelle, Rusoorde & Wildsplase) en Charlie Hendrics (gemeenskapsverteenwoordiger). Die eenparige bedanking van al vyf direkteure uit die private sektor, insluitende die voorsitter en ondervoorsitter van die raad, weens beweerde voorskriftelike burokratiese magspeletjies van munisipale kant af het 'n demper op die gebeure geplaas. 

Related Articles:

Mosselbaaiers is bekommerd oor die impak wat die beplande nywerheidsontploffing op die padverkeer, behuisingsnood en misdaad gaan hê as nog duisende werksoekers hierheen stroom.

Mosselbaai word blykbaar nou die nuwe nywerheid/ekonomiese sone vir die hele Suid-Kaap en die eerste stap is die nuwe chemiese aanleg van R1 miljard wat in rekordtyd langs PetroSA opgerig gaan word en glo werk aan 3 000 mense sal verskaf. 

Terwyl alle Mosselbaaiers werkskepping en ekonomiese groei verwelkom, is dit die manier hoe dié projekte skynbaar deurgestoomroller word sonder dat die verpligte prosedures, omgewingsimpakstudies en publieke deelnameprosesse gevolg word. 

Memory Booysen, burgemeester van die Garden Route distriksmunisipaliteit, het reguit gesê dat werkskepping en ekonomiese groei nou voorrang geniet en dat wetgewing deurgehaas sal word ter wille van die aanleg. Die projek is steeds in die ontwerpersfase, maar sal glo binne weke geïmplimenteer word.

 

Memory Booysen

Die munisipale bestuurder en die burgemeester van die Garden Route Distriksmunisipaliteit, Monde Stratu (links) en Memory Booysen (regs) by die sooispitseremonie van die nuwe chemiese aanleg wat glo in rekord-tyd langs PetroSA opgerig gaan word. 

Intussen is daar, sover bekend, nog geen omgewingsimpakstudies gedoen nie en is dit steeds 'n geheim watter chemiese middels vervaardig gaan word en wat die beplande chemiese prosesse behels. 

'n Danabaaier wat in dié stadium verkies om anoniem te bly, is bekommerd dat die nodige veiligheidsmaatreëls dalk nie getref gaan word as die projek deurgehaas word nie. "Gaan dit 'n besoedelingsgevaar inhou? Gaan die produkte per pad na die hawe vervoer word en watter impak gaan dit op die verkeer hê wat reeds onder druk is? Watter tipe chemiese middels en prosesse is ter sprake? Gaan plaaslike mense opgelei word vir die werk of gaan gespesialiseerde mense van elders aangestel word? 

"Ons weet NIKS en dis baie frustrerend en kommerwekkend, want ons kan nie kommentaar lewer as ons niks weet nie. As hulle die projek gaan deurjaag sonder die korrekte prosedures en maatreëls, gaan ons besware waarskynlik ook te laat wees," het hy gesê.

'n Ander leser wat soortgelyke vrae op die munisipaliteit se amptelike aanlyn-kommunikasieplatform gevra het, het nooit enige terugvoering ontvang nie . . . 

Booysen het op 'n sooispit-seremonie om die nuwe aanleg in te wy gesê: 

"Ons is egter hier om te sê as die Garden Route distriksmunisipaliteit, in vennootskap met die Mosselbaai-munisipaliteit, gaan ons nie langer die wette gebruik om ontwikkelingsvoorstelle te belemmer nie. Ons gaan die wette gebruik om dinge te maak gebeur en om hierdie soort ontwikkelings te ontsluit.

"Dié is net die begin. In samewerking met die hawe op Mosselbaai, sal ons verseker dat dit die volgende spesiale ekonomiese sone word. Ons sien dinge gebeur op Saldanna, Richardsbaai, Kouga... Dit is tyd vir Mosselbaai om te volg."

Booysen het bygevoeg dat wetgewing deurgehaas sal word ter wille van die aanleg . . . 
* Gevaarlike woorde wat die gevaarligte moet laat flikker?

sooisoit

MOSSELBAAI NUUS - 'n Beleggingsprojek van R1 miljard op Mosselbaai is op Vrydag, 28 September deur die Garden Route distriksmunisipaliteit bekend gestel. 'n Memorandum van verstandhouding met Ikusasa Processing Engineering Consultants is reeds onderteken. 

'n Chemiese-aanleg wat die hout-, water- en tekstielbedrywe sal ondersteun, gaan op die perseel langs PetroSA, langs die N2 gebou word. Die projek is tans in die ontwerpersfase en sal na 'n paar weke geïmplementeer word.

Tydens 'n sooispitseremonie verlede Vrydag, het Garden Route distriksmunisipale burgemeester, Memory Booysen, gesê die ontwikkeling is die begin van groot dinge.

"Dit is die begin van 'n groot vennootskap tussen die Garden Route distriksmunisipaliteit en Mosselbaai. "Die tyd van lippediens is verby. Alles wat ons besluit het tydens verskeie ontmoetings en vergaderings, gaan nou gebeur."

Booysen het gesê wanneer die distriksmunisipaliteit iets soortgelyk aanpak, skrik mense wat niks het om te doen nie, gewoonlik wakker. "Skielik kry hulle iets om te doen en dit is om byvoorbeeld, beswaar aan te teken." Booysen het gesê hy verwag dat mense met verskeie redes vorendag sal kom waarom die projek nie van stapel gestuur moet word nie. 

"Ons is egter hier om te sê as die Garden Route distriksmunisipaliteit, in vennootskap met die Mosselbaai-munisipaliteit, gaan ons nie langer die wette gebruik om ontwikkelingsvoorstelle te belemmer nie. Ons gaan die wette gebruik om dinge te maak gebeur en om hierdie soort ontwikkelings te ontsluit. 

'n Stukkie grond is op die gebied omgespit, as simbool van die begin van die nuwe projek. 

"Dié is net die begin. In samewerking met die hawe op Mosselbaai, sal ons verseker dat dit die volgende spesiale ekonomiese sone word. Ons sien dinge gebeur op Saldanna, Richardsbaai, Kouga... Dit is tyd vir Mosselbaai om te volg."

Booysen het bygevoeg dat wetgewing deurgehaas sal word ter wille van die aanleg.

Werksgeleenthede
Mosselbaai se uitvoerende burgemeester, raadsheer Harry Levendal het tydens die seremonie gesê dinge is besig om op Mosselbaai te gebeur.

"Ons is tans in die proses om met nog groot beleggers te praat. Die aanleg is 'n voorreg vir ons in die lig van werksgeleenthede wat dit mag bied. Raadsheer Levendal het gesê almal behoort saam te stem dat werksgeleenthede eerstens aan Mosselbaaiers aangebied moet word.

"Ek het 'n passie vir ons informele gebiede en ek wil aan die ontwikkelaars noem dat ons ook op Mosselbaai informele gebiede het. Dit is nie naby die middedorp geleë nie en strek verspreid oor Mosselbaai. Ons sal dit dus waardeer as julle na my kantoor kom sodat ons kan gesels oor die agterstand wat dit aanbetref en hoe ons dit sal aanspreek."

'n Verteenwoordiger van Ikusasa het aan die media gesê die langtermyn visie is om die aanleg in 'n wêreldklasfasiliteit te ontwikkel. 

"Ons sal dit plaaslik, maar ook vir uitvoere gebruik. Dit gaan die Mossebaai-hawe baat en ons voorsien dat die projek verskeie ekonomiese aktiwiteite in die area sal stimuleer."

Dit word beoog dat die fabriek teen die einde van 2019 ten volle sal funksioneer.

https://www.mosselbayadvertiser.com/…/r1-miljard-beleggings…


Die roete wat met dié chemiese aanleg gevolg word, is soortgelyk aan die munisipaliteit se skynbare vasbeslotenheid om akwaboerdery in Mosselbaai te implementeer . . . op ewe ondeursigtige en kommerwekkende wyse.

fish farms sea cages Japan

* Die sperdatum het Vrydag verstryk vir die aanstel van 'n diensverskaffer om 'n omgewingsimpakstudie te onderneem vir 'n beplande seewater-vinvisboerdery in Mosselbaai se waters. Dit volg ná jare se hewige publieke teenkanting teen spesifiek 'n vinvisbedryf in die seewater weens die enorme risiko's en rampe wat dit elders veroorsaak het. Die Mosselbaai Munisipaliteit het desondanks egter reeds twee keer beamptes van die omstrede departement van landbou, bosbou en seevissery (DAFF) na Mosselbaai genooi om met inwoners oor die moontlikheid van só 'n projek te praat . . . terwyl die Demokratiese Alliansie nou ook die direkteur-generaal van DAFF aankla weens die grootskaalse bedrog in dié departement.

Hoe dan nou?

THE APPOINTMENT OF A SERVICE PROVIDER TO UNDERTAKE AND FACILITATE AN ENVIRONMENTAL ASSESSMENT PROCESS FOR A PROPOSED SEA- BASED AQUACULTURE DEVELOPMENT ZONE IN MOSSEL BAY, WESTERN CAPE, SOUTH AFRICA FOR A CONTRACT PERIOD OF TWELVE (12) MONTHS.
https://www.daff.gov.za/…/Financi…/supply-chain/MLRF-Tenders
http://www.etenders.gov.za/…/appointment-service-provider-u…
Closing date: 12 October 2018


DA verkla adjunk-DG oor miljoene rande se perlemoen

Deur Malherbe Nienaber 17 September 2018 20:17

Klagte is Maandag teen ’n adjunk-direkteur-generaal van die departement van landbou, bosbou en visserye (Daff) oor beweerde betrokkenheid by die onwettige perlemoenhandel ingedien.


Dit volg op “verdoemende openbarings” wat tydens tugstappe aan die lig gekom het.Beverley Schäfer, DA-LW en voorsitter van die staande komitee oor ekonomiese geleenthede, toerisme en landbou in die Wes-Kaapse wetgewer, het die klagte teen Siphokazi Ndudane in die Kaapstad-Sentraal-polisiekantoor aanhangig gemaak.

“Die aantygings in ’n klagstaat van die departement se tugprosesse sluit onder meer in 155 klagte van bedrog, 37 klagte van die diefstal, asook van afpersing, vervalsing en ongehoorsaamheid.”


Schäfer het gesê die strafregtelike klagte is daarop gemik om die “nasionale regering te noop om met die departement af te reken” en diegene aan te kla wat betrek word by misdade wat die Wes-Kaapse visserye raak.

Beverley Schafer

Beverley Schäfer

Sy het verlede week ook ’n brief gestuur aan adv. Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer, om aan die hand van die jongste aantygings ’n dringende ondersoek na die departement te eis.


In ’n verklaring van 12 September het Schäfer aangedui dat die DA in die WesKaap die “klagstaat” van ’n tugverhoor in die departement se kantore in Pretoria in sy besit het.

abalone1

Daar word byna weekliks iewers in die land - maar veral in die Wes-Kaap - beslag gelê op miljoene rande se perlemoen wat geoormerk is vir die smokkelmark. Senior lede van die departement van landbou, bosbou en vissery wat voorheen aangekeer is as die baasbreine agter die grootste smokkelsindikaat, was egter gou weer terug op hul pos . . . Is dìt dalk die rede hoekom DAFF so gretig is om akwaboerdery in Mosselbaai deurgedruk te kry? Tog is dit die Mosselbaai Munisipaliteit wat DAFF genóói het om die montlikheid te ondersoek . . . ? 


Daarin word gemeld bewerings van diefstal van perlemoen met ’n waarde van tot R20 miljoen wat glo nie aangemeld is nie, dokumente vir die bepaling van die totale aanvaarbare vangs van Weskus-kreef wat vervals is, die aanstel van iemand om die toewysing van visregte uit te voer sonder om die vereiste aanstellingsprosesse te volg, en diefstal deur onregmatige betalings van R2,37 miljoen.


Volgens Schäfer is daar ook sprake van regsverydeling deurdat daar glo verlede jaar geweier is om die polisie toegang te gee tot ’n pakkamer om perlemoen wat gesteel is na te gaan.

Luidens haar verklaring is daar ook in September 2017 glo nagelaat om die polisie van die diefstal of verlies van perlemoen met ’n geraamde waarde van R3,6 miljoen op ’n perseel van die departement in Gansbaai in kennis te stel.

Die departement van landbou, bosbou en vissery het nie navrae om kommentaar oor die klagtes beantwoord nie.


Die Wes-Kaapse polisie het Maandagaand bevestig dat die klagte ingedien is en dat die saak ondersoek word.


Lees ook: http://www.mosselbayontheline.co.za/…/122-daff-officials-be…

Wêreldwye VOEDSELDAG - die ironie

Dit lyk of DAFF nou 'n moderne Robin Hood is . . . sy amptenare steel die wins van akwaboerdery en gee so af en toe iets van dié rykdom terug aan arm gemeenskappe . . . 

'n Groot optog in samewerking met Mosselbaai Munisipaliteit word vir Dinsdag beplan om busvragte vol kos onder inwoners van Brandwag uit te te deel . . . om só kastig by te dra tot wêreldwye voedselsekerheid? 

Kommer is reeds uitgespreek oor dié politieke foefie en die impak wat so 'n grootskaalse samedromming op verkeersroetes gaan hê . . . Die Polisie en ander veiligheidsektore is reeds op gereedheidsgrondslag geplaas teen enige "moontlike gebeurlikhede" en die leuse van vanjaar se Wêreldwye Voedseldag laat 'n baie wrang smaak in die mond - veral in die lig van die komende verkiesing:

Our actions are our future : Ons dade is ons toekoms . . . 

world food day 2018 rony save the date

World Food Day Commemoration
As part of October Food Security Month activities, the Minister of Agriculture,
Forestry and Fisheries, Senzeni Zokwana and the Western Cape Minister of
Economic Opportunities, Alan Winde will observe World Food Day on 16 October
2018.
World Food Day is commemorated annually on 16 October to create public
awareness of the world food shortage and to strengthen solidarity in the struggle
against hunger, malnutrition and poverty.
The theme for this year is “Our actions are our future. # A Zero Hunger World
by 2030 is possible”. Follow conversations on @DAFFZA 
#WFD2018,
#ZeroHunger and #ZeroHungerby2030


Members of the media are invited to attend the event as follows:
Date: Tuesday, 16 October 2018
Time: 08:00 for 08:30
Venue: NG Church Hall, Brandwacht, Western Cape
Project visits
08:30 – 11:00
10:30 – 11:00
Hunger alliance march
Visit exhibition stalls
Food mountain unveiling
Main event
11:00-14:00
Brandwacht Sports ground


Intussen het die Wes-Kaap sy grondwet verander en word die pos van omgewingskommissaris boonop afgeskaf om nóg meer mag aan DAFF te gee . . . 

Wes-Kaap verander sy grondwet
Deur Malherbe Nienaber 12 Oktober

law

Voorgestelde wysigings aan die Wes-Kaapse grondwet is daarop gemik om riglyne te bied vir ingryping deur die provinsiale regering by munisipaliteite.

Die pos van omgewingskommissaris sal ook geskrap word.

Kommentaar op dié Wysigingswetsontwerp kon nog tot Donderdag by die provinsiale wetgewer ingedien word.

Teen Woensdag is 3 587 kommentare oor die voorgestelde wysigings al op die webwerf Dear Cape Town gelewer.
Die wysigings bepaal wat die proses is wat gevolg moet word wanneer die provinsiale regering by munisipaliteite ingryp wat nie hul pligte ingevolge die Grondwet of nasionale en provinsiale wetgewing nakom nie. Die wysigings is nodig om die provinsiale grondwet in ooreenstemming met wysigings aan Suid-Afrika se Grondwet te bring.


Dit laat toe dat ’n munisipale raad ontbind word en ’n administrateur aangestel word totdat ’n nuwe raad aangewys is.
Dit maak ook voorsiening dat ingrypings by munisipaliteite kan voortduur indien die minister wat vir plaaslike regering verantwoordelik is, dit binne 14 dae vanaf die ingryping goedkeur. Kennisgewings van sulke ingrypings moet aan dié minister, die Nasionale Raad van Provinsies en die Wes-Kaapse wetgewer gestuur word.
Verdere wysigings sluit in dat lede van die Wes-Kaapse wetgewer hul lidmaatskap kwyt sal wees as hulle nie meer ’n lid van die party is wat hulle benoem het nie.
Dit sal die premier ook in staat stel om ’n verkiesing af te kondig.
Die omgewingsinstituut van die Suider-Afrikaanse Geloofsgemeenskap (Safcei) het ’n beroep op inwoners gedoen om dringend kommentaar in te dien, veral oor die afskaffing van die pos van omgewingskommissaris.

Francesca de Gasparis, Safcei-woordvoerder, sê dit is kommerwekkend dat die pos nooit gevul is nie.
gebiede ervaar, wil die provinsiale regering dit heeltemal afskaf.”

Safcei stem nie daarmee saam dat nasionale wetgewing en internasionale verdrae genoeg beskerming aan die omgewing bied nie.

“Veral met soveel gemeenskappe in die provinsie wat met plaaslike regerings baklei oor planne om gebiede te ontwikkel sonder die behoorlike openbare deelname of agting vir die publiek se behoeftes.”

Die Wes-Kaapse regering hou vol die omgewingskommissaris se take oorvleuel met dié van ander instellings “teen ’n minimum geraamde koste van R10 miljoen per jaar”.

“Dit is verkwiste en onnodige besteding.”

Geen ander provinsie maak voorsiening vir dié pos nie.
Kommentaar op die Wysigingswetsontwerp op die Grondwet van die Wes-Kaap kan nog tot middernag op Donderdag 11 Oktober gestuur word na: M. Sassman, sekretaris van
die Wes-Kaapse wetgewer, by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it., of per faks na 021 487 1685.
Die wysigingswetsontwerp kan hier gelees word.

https://www.dearcapetown.co.za/…/Provincial-Gazzette-7978-1…

https://www.dearcapetown.co.za/…/wcape_constitution_english…

 
DEARCAPETOWN.CO.ZA
 
 
 

 

 

 

Related Articles:

Dit is die maand Oktober, die mooiste, mooiste maand . . . ?

bay4

C. Louis Leipoldt het destyds in sy gedig na die ontwaking van die lente/somer ná die koue winter verwys en natuurgewys stem ons saam met hom . . . maar ons wonder wat hy sou gesê het as hy vandag nog geleef het oor die bloedige geweld wat dié mooi maand tot dusver in dié mooie land oplewer . . .

bay14

Die grootste brandstofprysverhoging nóg is vandag ingestel en as dit nie treine is wat aan die brand gesteek word nie, is dit kinders wat verkrag en vermoor word of weerlose bejaardes wat wreed aangeval word vir 'n selfoon of beursie . . . 


Ook Mosselbaai spring nie die stygende misdaad vry nie . . . deesdae sommer helder oordag. Op sosiale media gons dit soos die onderskeie buurtwaggroepe hul lede waarsku en op hoogte hou van ongewenste en verdagte karakters in woonbuurtes . . . en 'n beroep op inwoners doen om aan te sluit om hul woonbuurt te help beveilig - dag en nag. Op een groep is vandag gewaarsku dat daar in een week meer voorvalle van gewapende huisroof was as op die SAPD se hele maandelikse voorvallys . . . 

inbrakeinbrake1

Handwapens soos dié mes en byl word deesdae gereeld op huisbraak-tonele in Mosselbaai aangetref . . . 

 

En dit raak net erger

Terwyl almal ekonomiese groei en ontwikkeling voorstaan, kan 'n mens nie help om bekommerd te raak oor die implikasies van sulke ontwikkelings op Mosselbaai se infrastruktuur, padverkeer en natuur nie . . . veral die feit dat Mosselbaai nou oral as die nuwe brandpunt van ekonomiese groei in die Suid-Kaap bemark word en dus werksoekers van regoor die Suid-Kaap (en res van land) hierheen gaan lok . . .

Saterdag is 'n seremoniële sooispit-seremonie langs die PetroSA-aanleg gehou waar 'n massiewe chemiese aanleg van R1 miljard nou gebou gaan word om verskeie chemiese stowwe te vervaardig . . . Dié aanleg gaan glo werk aan minstens 3 000 mense verskaf.

sooisoit

Tydens die seremoniële sooispit-seremonie vir 'n R1 miljard chemiese aanleg wat glo volgende jaar al langs PetroSA gebou gaan word. Van links is Lee Norman, voorsitter van Ikusasa Process Engineering Consultants, André Theunissen, ’n direkteur van Ikusasa, Memory Booysen, burgemeester van die Garden Route-distriksmunisipaliteit, Harry Levendal, Mosselbaai se uitvoerende burgemeester en Shadrack Tshikalange, bestuurder van die Transnet-Mosselbaai-hawe.

      Watter chemiese stowwe gaan vervaardig word en wat is die implikasies?

Twee weke gelede is 'n afvaardiging van die omstrede departement van landbou, bosbou en seevissery (DAFF) wéér deur die Mosselbaai munisipaliteit genooi om plaaslike vissers in te lig oor die moontlikhede van akwaboerdery en gevra om hulle solank te posisioneer ingeval akwaboerdery 'n werklikheid in Mosselbaai word . . . 
Opvallend en uiters ontstellend van albei beplande ontwikkelings is die algehele gebrek aan deursigtigheid en die spoed waarmee dit oënskynlik deurgestoomroller word.

fish farms sea cages Japan

1. Watter chemiese stowwe gaan vervaardig word en aan wie gaan werk verskaf word by so 'n aanleg wat ooglopend kundige, opgeleide personeel noodsaak? Waar is die publieke deelname-proses en omgewingsimpakstudie vir so 'n chemiese aanleg - en dit nogal reg langs 'n olie-raffinadery en wat is die gevare en impak op nabygeleë inwoners?

chemical plant

2. Ons het reeds in vroeëre berigte beklemtoon dat terwyl ander kusdorpe in hewige hofsake met DAFF gewikkel is oor die onwettige wyse waarop toestemming vir akwaboerdery toegestaan word en die impak wat dit op die see, toerisme en marienelewe het, die einste DAFF na Mosselbaai genóói word om 'n omgewingsimpakstudie te kom doen . . . en hoop en verwagting voortydig by inwoners geskep word.

https://www.change.org/p/daff-save-langebaan-lagoon-from-a-potential-aquaculture-disaster

WIE is die applikant wat veronderstel is om self 'n omgewingsimpakstudie te doen en wie gaan die ONafhanklike studie doen as DAFF sommer alles self doen? Iewers is iets BAIE verkeerd en inwoners het nie 'n idee wat beplan word nie.

Word vinvis-hokke steeds oorweeg, of is dit hoofsaaklik oesters en mossels (skulpvis) wat beplan word? Hoekom word inwoners NOU al ingelig en voorberei as daar nog nie eens sprake van 'n ONafhanklike omgewingsimpakstudie is nie?


Het inwoners werklik géén seggenskap meer oor wat in die dorp beplan word en watter impak dit gaan hê nie?

 Die vrae is legio terwyl die politici al hoe meer swyg . . . en DAFF-amptenare blykbaar sélf agter die grootste sindikaat van perlemoensmokkelary in die Wes-Kaap sit . . . ? 


abalone1

Gestroopte perlemoen ter waarde van dermiljoene rande word feitlik weekliks in die Wes-Kaap gekonfiskeer . . . maar elke keer word dit ook uit die "stoorplek" gesteel . . . ? 


Lees gerus hier meer: 


http://www.mosselbayontheline.co.za/…/122-daff-officials-be…

https://www.timeslive.co.za/.../2018-06-13-government.../

https://www.timeslive.co.za/.../2018-08-18-robbery.../

http://www.mosselbayontheline.co.za/…/143-a-fishy-farce-is-…

 

 Só het Die Burger vandag berig oor die nuwe chemiese aanleg van R1 miljard . . . en niemand weet watter chemiese prosesse en produkte ter sprake is nie . . . ?

Aanleg van R1 mjd. kom in S-Kaap

As deel van ’n belegging van R1 miljard in die Suid-Kaap gaan ’n chemiese aanleg langs PetroSA se aanleg in Mosselbaai ontwikkel word.
Volgens die Garden Route-distriksmunisipaliteit is die belegging ’n uitvloeisel van die eerste Garden Route Investment-konferensie wat in Maart vanjaar gehou is.
Die belegging van R1 miljard, en 3 000 werkgeleenthede oor die volgende vyf jaar, volg op onderhandelings en ’n memorandum van verstandhouding wat die distriksmunisipaliteit in Augustus vanjaar met Ikusasa Processing Engineering Consultants onderteken het.

Een van die distriksmunisipaliteit se eiendomme langs PetroSA in Mosselbaai gaan op lang termyn aan Ikusasa verhuur word. Ikusasa sal daar ’n chemiese aanleg vir die hout-, water- en tekstielbedryf ontwikkel.

PetroSA aanleg

Die omstrede bankrot staatsbeheerde PetroSA wat glo gaan baat vind by die nuwe chemiese aanleg van R1 miljard wat op die perseel langsaan gebou gaan word . . . maar geen aanduiding word gegee oor presies watter chemiese stowwe vervaardig gaan word en wat die moontlike gevare/impak gaan wees nie? Dit gaan glo werk aan 3 000 mense verskaf, maar is dit vir plaaslike inwoners of gaan deskundiges moet ingebring word? En niemand weet wat by PetroSA aangaan nie.
http://www.mosselbayontheline.co.za/index.php/news/breaking-news/120-petrosa-olie-op-die-water-van-n-eend-se-rug



Die aanleg sal na verwagting teen die einde van 2019 in bedryf wees, sê die distriksmunisipaliteit in ’n verklaring.
Memory Booysen, burgemeester van die Tuinroete-distrik, het Vrydag op die sooispit-geleentheid gesê die proses sal bespoedig word omdat die distriksmunisipaliteit met die Mosselbaaise munisipaliteit saamwerk.

“Ons het ander ekonomiese ontwikkelings in Kouga, Richardsbaai en Saldanha gesien – nou is dit tyd vir ontwikkeling hier.”
Volgens Booysen sal ’n nuwe stortingsterrein vir die streek op dieselfde grond tot stand gebring word.
Die ligging van die eiendom langs PetroSA hou baie voordele in, sê hy. Daar sal ’n noue samewerking met PetroSA wees en spesifieke produkte sal ook aan PetroSA verskaf word. In- en uitvoer sal deur die Mosselbaaise hawe geskied en dit sal ook die plaaslike ekonomie ’n hupstoot gee. Die hawe is minder as 10
km ver.
Volgens Nicholas Ramkumar, ’n direkteur van Ikusasa, is die langtermynplan om die chemiese aanleg in ’n wêreldklas-produksiemaatskappy te omskep. Daar is groot potensiaal om Mosselbaai in ’n mekka vir in- en uitvoer te verander.

Harry Levendal, Mosselbaai se burgemeester, het ook die ontwikkeling verwelkom. Hy sê hy is baie dankbaar teenoor die distriksmunisipaliteit vir sy pogings om beleggings na die streek te lok.

Kyk ook hier op ons FB-blad na pragfoto's van Mosselbaai . . . vir hoe lank nog?https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2257172001180721?

Verwante artikels - lees ook:


http://www.mosselbayontheline.co.za/…/122-daff-officials-be…

https://www.timeslive.co.za/.../2018-06-13-government.../

https://www.timeslive.co.za/.../2018-08-18-robbery.../

http://www.mosselbayontheline.co.za/…/143-a-fishy-farce-is-…

 
Related Articles:

Die mag aan die mense!

Deur Michael Louis 27 September 2018 

Indien dit slaag, sal ’n regsproses wat al die afgelope 18 maande aan die gang is, Suid-Afrika se politieke landskap ingrypend verander. Want dit sal mense toelaat om as individue en nie as lede van ’n politieke party nie vir openbare ampte verkies te word, skryf Michael Louis.

Michael Louis

  Michael Louis

Die tyd is ryp om eienaarskap van die land en ons mag terug te vat. Daarom het ek en andere verlede jaar ’n aansoek voor die konstitusionele hof gebring wat onafhanklike kandidate sal toelaat om hulle vir openbare ampte verkiesbaar te stel. Uit die bakleiery tussen politieke partye in van die land se metrorade is dit duidelik dat sulke vetes die politieke narratief oorheers.

Dit is net ons, die kiesers, wat dit kan keer en kiesers se belange voorop kan stel. Ons aansoek voor die konstitusionele hof gaan eerstens om grondwetlike en menseregte. Art. 19(3)(b) van die Grondwet lui:


“Elke volwasse burger het die reg om ’n kandidaat vir ’n openbare amp te wees, en, indien verkies, die amp te beklee.”


Die Kieswet maak tans voorsiening vir verteenwoordiging in die Nasionale Vergadering en provinsiale wetgewers slegs deur middel van politieke partylyste. In ons aansoek voer ons aan dit is strydig met die Grondwet.

Dié wet skend die fundamentele reg van elke burger om tot ’n openbare amp verkies te word, soos wat in die Grondwet bepaal word. Dit strook ook nie met die grondwetlike reg tot vryheid van assosiasie (art.18) nie deurdat dit kandidate vir ’n openbare amp dwing om op ’n partylys te verskyn om verkiesbaar vir so ’n amp te wees.

Ek is verbaas dat niemand nog sedert die totstandkoming van ons demokrasie die waarde van dié klousule in ons Grondwet besef het nie. In Julie vanjaar het die konstitusionele hof in ’n uitspraak oor ’n saak, waarby My Vote Counts betrokke was, dié siening gestaaf.

Hoofregter Mogoeng Mogoeng het daarin bevestig dat “elke burger ingevolge die Grondwet as ’n onafhanklike kandidaat mag staan om tot munisipale rade, provinsiale wetgewers of die Nasionale Vergadering verkies te word.

“Die uitoefening van dié reg word in die Grondwet vasgelê, maar word nog net nie deur wetgewing ondersteun nie.

“Dié reg behoort tot die beskikking te wees van wie ook al vertroue in politieke partye verloor het. Ons meen dit behoort uitgeoefen te kan word wanneer ook al die behoefte blyk, ongeag die logistieke perke wat mag bestaan.”

Voting NO

Tans word net plaaslike verkiesings ingevolge ’n stelsel gehou waarvolgens onafhanklike kandidate wyke in hul onderskeie gemeenskappe kan verteenwoordig. Daar is tans ’n appèl deur die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) voor die konstitusionele hof ná die uitspraak oor die Tlokwe-munisipaliteit wat lui dat die kieserslys nie strook met die Kieswet nie en dat dit opgeskort kan word indien die OVK nie ’n adres vir elke kieser kan verskaf nie.

Die OVK vra weer eens uitstel, dié keer tot November 2019, om die taak af te handel. Wat dié aansoek wil bereik, strook met die My Vote Counts-uitspraak en berei die ideale omgewing voor waarin die Kieswet gewysig kan word om ’n kiesafdelinggebaseerde kiesstelsel te vestig.

Aanspreeklikheid teenoor wie?

Tweedens stel ons aansoek dit dat ons land ’n disfunksionele kiesstelsel het met geen aanspreeklikheid deur die verkose amptenare teenoor die mense wat hulle verteenwoordig nie. Ons mening word gesteun deur die sogenaamde Van Zyl Slabbert-verslag wat in 2003 uitgereik is, asook die parlement se hoëvlakpaneelverslag onder voorsitterskap van oudpres. Kgalema Motlanthe wat verlede jaar verskyn het.


voting station

Die Slabbert-verslag, wat die kabinet in 2002 gelas het, beveel aan dat hervorming van die kiesstelsel nodig sou wees om kiesafdelings met meer as een verteenwoordiger te verseker. Daar word voorgestel dat 69 kiesafdelings met meer as een verteenwoordiger geskep word. Altesaam 300 van die 400 lede van die Nasionale Vergadering sou dan uit oop kiesafdelingslyste kom. Die oorblywende 100 verteenwoordigers kan aangestel word uit geslote nasionale (landwye) partylyste sodat proporsionele verteenwoordiging herstel word.

Die Motlanthe-verslag steun dié voorstelle en sê dat gemengde verteenwoordiging die beste kiesersmodel bied wat individuele aanspreeklikheid sal verseker. Dit lui: “Parlementslede word nie regstreeks deur kiesers aangewys nie, maar eerder deur hul party en is gebaseer op kandidatelyste wat voor die verkiesings aan die Verkiesingskommissie voorgelê word. 

“Dit plaas hulle onder ’n verpligting teenoor die party en sy leierskap, eerder as aan kiesers, en plaas partypolitiek en -lojaliteite voor doeltreffendheid en lewering.

“Daarteenoor sal ’n kiesfadeling-stelsel politici meer regstreeks aanspreeklik teenoor die kiesers maak en verseker dat verkiesingsbeloftes nagekom word uit vrees dat hulle uitgestem sal word.

“So ’n stelsel sal help om die mag van individuele partyleiers te beperk en LP’s aanmoedig om te stem in ooreenstemming met die behoeftes en begeertes van hul kiesafdelings, eerder as die blote navolging van partybeginsels.”

’n Gemengde stelsel van regstreekse verteenwoordiging en proporsionele verteenwoordiging sal die gaping oorbrug deur te verseker dat mense die verteenwoordigers wat hulle wil hê, regstreeks verkies. Ook die meerderheidsiening van die Slabbert-verslag is dat oop lyste nie net die verantwoordbaarheid van die individuele kandidate sal verhoog nie, maar dat dit ook kiesersdeelname in die demokratiese proses aansienlik sal laat toeneem.

Gaan dit plaasvind?

Kan dié wysigings aan die Kieswet voor die 2019-verkiesing gedoen word? ’n Verkiesing moet gehou word binne 90 dae ná die einde van parlementslede en lede van provinsiale wetgewers se ampstermyn. Siende dat die 2014-verkiesing op 7 Mei gehou is, eindig die vyfjaartermyn op 6 Mei 2019. Die volgende verkiesing moet dus tussen 6 Mei en 6 Augustus 2019 plaasvind.

Maar die OVK het in sy aansoek tot die konstitusionele hof gevra dat hy tot 29 November aanstaande jaar uitstel kry om die adresse van die meer as 5 miljoen geregistreerde kiesers te bevestig – wat ver buite die vensterperiode van 90 dae is.

Nie anti-party nie

Ons regstappe is deur die een vertraging ná die ander gefrustreer, maar ons sal nie ophou om geregtigheid te eis nie. Ons aansoek is nie in opposisie teen politieke partye nie. Dit is in hul beste belang om volhoubare demokrasie op lang termyn vir die mense te verseker sodat dié hul leiers kan kies en ’n meer verantwoordbare stelsel kan hê.

Soos met die sakewêreld het ons nuwe denke nodig in ’n erg desperate en plofbare politieke klimaat. Daar is talle baie bekwame en ervare leiers wat hul bydrae tot die welstand van die land wil maak, maar wat nie deel van ’n politieke party wil wees nie. Amptenare moet die ruimheid van gees hê om nuwe leiers te verwelkom, veral uit die jonger geslag.

’n Meningspeiling in Augustus ná die jongste beslissing van die konstitusionele hof toon dat 90% van die deelnemers ten gunste van onafhanklike verteenwoordigers is, en 80% is ontevrede met die huidige partypolitieke kiesstelsel.

voting No1

Ons is by ’n kritieke punt wat betref die tydsberekening van dié aansoek, want 2019 se kiesdatum kom al nader. Dit is die plig van die OVK om in terme van die Wet op Verkiesingskommissies enige wetgewende wysigings by die parlement aan te beveel. Afdeling 5(1)(j) bepaal hulle (die OVK) moet “kieswetgewing voortdurend hersien en aanbevelings in verband hiermee doen”.

Ons glo vas dat tensy dié saak aangepak word, ons volgende algemene verkiesing in 2019 dalk ongrondwetlik kan wees. Tydsberekening is eenvoudig alles in die politiek.


Louis is ’n voormalige Wes-Kaapse LPR en minister van openbare werke en ontwikkelingsbeplanning.

https://www.netwerk24.com/Stemme/Aktueel/die-mag-aan-die-mense-20180926

 

Related Articles: